Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





Gemeentenuus

[Jeugwyk] [Wyk 6] [Wyk 7B] [Nuus uit ander wyke]

Algemene Nuusbrokkies

KRIEKET

Op 22 Maart 2002 gaan WP Dowes Krieketspan na Durban om krieketkampioenskap by te woon. Daar gaan 5 provinsies wat daar speel, is N-Boland, WP, Gauteng, Natal en Noord Gauteng. Die krieketwedstryde gaan deur 23 tot 28 Maart deurgebring word. Die plek is by KEARSNEY KOLLEGE in Durban. Gelukkig is die dowes naby die plek waar hulle gaan oorslaap en speel.
Ingestuur deur Petrus Burger

DANKIE Sê BOODSKAP AAN DS. R. HOUGH EN SY VROU

Baie dankie vir die moeite om ons te besoek. Ons voel soms "ver" van die Kaap af, en waardeer die kontak en aandag. Mag die Here julle bewaar op die pad terug, en jul werk seën. Dra ook ons groete oor aan die De la Bat Gemeente
Liefde Klein Karoo Dowe Gemeente

CHRISTEN FEES OP NUWELAND

Dit was weer 'n wondelike byeenkoms vir Christene op Donderdag 21 Maart om byemaar te kom en die Here te loof, maak nie saak watter kerk jy is nie. Daar was meer as 75 000 mense wat kaartjies wou hê, en hulle het al die kaartjies uitgedeel, 45 000. Maar party kerke het nie al hulle kaartjies uitgedeel nie, en daar was omtrent 35 000 op Nuweland. Op 7 plekke in die land was daar byeenkomste, en ons kon op die groot skerm sien wat by die ander rugby-stadions gebeur. TV 2 het ook die helfte van die dienste uitgesaai, en Sky News en Kyknet het alles uitgesaai. Die mense wat hierdie byeenkoms gereël het, het gesê verlede jaar was dit net Kaapstad, hierdie jaar Suid-Afrika. Volgende jaar is dit Suider Afrika, en die jaar daarna die hele Afrika. Dit is wonderlik dat so baie Christene opstaan en sê hulle volg die Here. Kom ons bid dat daar volgende jaar meer as 'n miljoen mense sal sê hulle volg die Here.

DANKIE BOODSKAP

Ons sê vir Sannie van Deventer en familie met Innige Meegevoel aan afsterwe van Pieter Gunter. Ek sal hom onthou by skool se dae af. Glo dat die Here al die familie sal bystaan. Boodskap aan Ds. Hough, Wyk 8 wil net dankie sê dat hy by Laaiplek NG Kerk gepreek het. Laaiplek se mense sê ook baie dankie! Nou verstaan die mense dat Wyk 8 kry net een keer 'n maand kerkdiens hier. Hulle sê dit is mooi om te kyk hoe Ds. Hough vir die dowes gepreek het en gebaretaal gebruik het. Een vrou het gesê dat ek vir Ds. Hough moet sê dat hy so mooi stem het. Ek wil net sy been trek. Hy moenie laat vrouens op sy stem verlief raak nie (Grappie!) Dit gaan baie goed met wyk 8. Almal is nog gesond soos visse in die water. Die vissermanne kry nou swaar onder die reëls van die kwota. Sê groete vir almal wat my ken.
Groete mev. Marlene Heydenrych

STERFGEVAL

My broer, Piet Gunter is op 4 Maart 2002 oorlede, hy het hartaanval gehad. Piet is Frans, Sannie en Dina-Maria se broer. Ons 2 dogters het Dinsdag 5 Maart van Port Elizabeth na Johannesburg met Kobus se Jetta kar gery en Woensdagmiddag daar aangekom.

My suster Sannie en haar seun, Ronald en sy meisie het ook dieselfde tyd per bus gery. Ons het net mekaar ontmoet en getroos. Ons het by my niggie (Dina) Maria en Andries by Witbank geslaap en baie lekker gekuier. Hulle was dierbaar vir ons almal. Sannie hulle het by Piet se 3de dogter, Mariska geslaap. Vrydagmiddag (12:00 - 12:30) was die begrafnis. Ons familie en kinders het 'n mooi vlag met duiwe wat Piet baie lief was vir duiwe, oor sy kis gediek en wit rose met 4 wit duiwe op die kis gesit, los alles ingrawe en toemaak. Piet se seun het 1 wit duif laat opvlieg. Alles was baie mooi vir Piet se duiwe. Saterdagoggend het ons by Frans (sy broer) gekuier en ons was terug PE toe. Dankie vir die Here om ons te bewaar. Sannie hulle het ook Saterdagmiddag teruggegaan Worcester toe. Ons sal nooit ons geliefde broer, Piet vergeet nie.
Ingestuur deur Kobus en Dina Greyling van Port-Elizabeth

(Mag God deur hierdie tyding met julle almal wees, die familie en vriende. God droog al die trane af en Hy is elke oomblik by julle, baie sterkte! - Red)


OP DIE KIS WAS 'N DOEK (SIMBOOL VAN DUIWE)
PIET EN MAGRET SE 2 DOGTERS LINKS: MARSHALLA, MAGRET LAASTE DOGTER - MARY JOE - MAGRET SE DOGTER

OU FOTOS VAN JOHANNA VISSER

Ons het lank gelede in Monica hostel geloseer.

Foto 1:

Voor: Johanna Visser, Liza (nee Snyman) Beyleveld, Wena Burger en Jacoba (nee Louw) Swanepoel.
Agter: Oorlede Babs (nee Hynman) du Plessis, Maria (nee Smit) Cameron, Jacoba (nee Burger) Keet en Susanna (nee Le Roux) Stolsigts


Foto 2:

Wena Burger, Sophie (nee Franken) le Roux, Jacoba (nee Louw) Swanepoel en Johanna Visser

Groete aan lesers van ons nuusbrief , Johanna Visser van Rusoord.

DOOP

Altus en Nada Kellerman se babadogtertjie, Jana is op 12 Maart 2002 by De La Bat Kerk gedoop. Ds. Hough het vir Jana 'n wit kers gegee, dit was 'n simbool dat as sy groter raak en self besluite neem om God aan te neem, moet sy daardie wit kers gebruik.

(Baie geluk, mag Jana baie vreugdes in julle lewens bring en dat God elke oomblik saam met julle sal wees - Red)

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville