Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





HIER IS 'N DERDE VERVOLG VAN DS. A.B. RETIEF SE OORSIG VAN ARBEID ONDER DOWE LIDMATE VAN DIE N.G. KERK KAAPLAND

5. Algemeen
(a) Besoeke:

In belang van hierdie arbeid kon ons baie gemeentes besoek het. Met die goedgunstige verlof van die eerw. Kerkrade kon ons ook heelwat ingesamel het aan fondse. Gemeentes is bekendgestel et wat die arbeid inhou. Deur hulle welwillende steun was ons in staat om met die arbeid te kon voortgaan. Ons kerk het altyd 'n simpatieke oor vir hierdie arbeidsveld gehad.

(b) Korrespondensie:

Uit die aard en omvang van ons "gemeente" het ons nie alleen baie te skrywe nie, maar ook om elke brief persoonlike te beantwoord. Langs die weg van ons briewe probeer ons raadgee, help, te vertroos en te bemoedig. Langs hierdie weg kon ons voortdurend kontak met ons lidmate wat so verspreid is en waar opvolging van jou besoeke juis een van jou probleme is. Hierdie korrespondensie wat in stand gehou word is daar ook nog die ander noodsaaklike en bykomende korrespondensie wat bykom. In hierdie bediening is al baie honderde van briewe in die pos gedoen.

(c) Opstel en uitgee van 'n maandelikse gemeentebrief: Effata:

Om die onderlinge band van eenheid te bewaar het ons 'n gemeentebrief wat opgestel word vir die dowe lidmate van ons kerk met 'n sirkulasie van 250 eksemplare per maand. Langs die weg van hierdie ses getikte folio-brief het ons toegang tot baie harte verkry. Elke uitgawe het 'n kort, eenvoudige prekie, verhale, kompetisies (Bybelvrae) ens. Dan is daar ook 'n Nuusbrokkie rubriek. Uit die briewe wat ons toegestuur word, word 'n kort opsomming van die inhoud van die brief gemaak. Sodoende kan die een van die ander verneem sonder dat hulle aan mekaar hoef te skrywe en die eenheid daardeur behou word. Deur genoemde gemeentebrief kan daar ook vermaan en bemoedig word. Kennis van datums van kerklike gebeure en geleenthede kan ook sodoende aan almal gegee word. Die intekengelde het eers 2/- p.a. bedra en tans is dit 2/6 p.a. om enigsins die koste aan die afrol en toesending van die blad te bekamp. Die toevou en adresering van die blad en koeverte het tot ons persoonlike rekening. Ons dank ook aan die Skool vir Dowes op Worcester vir hulle samewerking t.o.v. die gereedmaking van die blaadjie. Hierdie gemeentebrief is vir ons 'n onontbeerlike saak. Daarsonder sou ons baie armer gewees het.

6. Moeilikhede in Arbeid Ondervind:
(a) Uitgestrekte Aard van Gemeente:

Uit wat reeds vantevore gesê is, is die feit van die uitgestrektheid van ons gemeente 'n onoorbrugbare gemeente. Kontakte kan alleen per brief behou word. Selfs in die sg. Onmiddellike omgewing val dit moeilik om altyd te weet hoe dit met almal gaan. Die distansies belemmer en vertraag die arbeid. Dit bly 'n "ongevestigde" gemeente met sy probleme van opvolging.

(b) Die Ongeletterde Dowe:

Oor hierdie aspek is daar al heelwat geskrywe. Met die siel van daardie man of vrou word daar moeilik kontak gemaak.

(c) Reise:

Om die werk behoorlik te kan doen moet daar baie gereis word en feitlik ook net uitsluitlik per motorvoertuig. Treinmense baat nie veel nie, omdat baie op afgeleë dele hulle bevind en die beste wyse om hulle te bereik, is per motor en dit bring uit die aard van die saak 'n hoer vervoerkoste en finansiële uitgawe mee.

(d) Wisseling van Adresse:

Gaan soms moeilik om weer die regte adres te bekom nadat die lidmaat van een plek na die ander verhuis het.

(e) Onderlinge reëlinge met kerkrade

As gevolg van die feit dat ons geen eie geregistreerde gemeente gehad het nie, moes alle sake soos doop, kollektelyste ens altyd eers verlof van die plaaslike kerkrade daartoe verkry word. Ons loof die samewerking - dit was vir ons geen moeilikheid nie, maar dinge het net so nou en dan stadiger gevorder as wat dit sou gewees het, as ons 'n eie gemeente was.

(f) Baanbrekerswerk:

In baie sake moes ons weg gevoel word en eie oordeel gebruik word.

7. Bevindinge:
(a) Godsdienstige Lewe:

Die kinderlike geloofsbelewing het ons altyd diep getref. Vir bykans almal het die kruis van onse Here Jesus Christus dierbaar geword. Daar is baie getroue en ywerige kinders van die Here wie se geloof, getrouheid en ywer ons byna oorweldig het. Daar is baie wat onder groot opofferinge na die huis van die Here kom. Maar, dit is die drang om meer van die Here te weet en te leer en om Hom te eer wat hulle soheentoe bring. Soos in alle gemeente is daar natuurlik ook die loues en afsydiges. Gelukkig is hulle die min uitsonderinge. Met dankbaarheid kan ons ook melding maak van die feit dat dowes van ander kerkgenootskappe ons kerkdienste bywoon. Die dowes se dank en waardering en agting het altyd bemoedig.

(b) Gesinslewe:

In byna alle gevalle is die gesinslewe gelukkig en dit sluit beide hulle in wat met dowes, of 'n dowe met 'n horende getroud is. In hulle huise word Christus geëer en gedien. Dit is ook interessant om die aanpassing tussen dowe ouers en hulle kinders wat kan hoor te sien.

(c) Sosiale Lewe:

Waar die dowes 'n geslote groep vorm met hulle eie belangstelling is dit nodig dat geleenthede vir hulle op gesonde wyse met mekaar kan verkeer en omgaan. In hierdie behoeftes het die vereniging wat die Dowes se belange in Kaapstad op die hart dra deels voorsien deur dinge aan hulle te bied waar gesonde omgang met mekaar wel moontlik gemaak word. Op sportgebied word ook heelwat geriewe gebied. Dit beteken dat dowes van alle kerkverbande gesonde ontspanning kan geniet. Verder kan ons met dankbaarheid vermeld dat drank darem nog nie in afmetinge begin toeneem het nie.

(d) Ekonomiese Lewe:

Die dowe verdien sy brood hoofsaaklik met praktiese werk wat hy met sy hande moet verrig. Hulle blymoedigheid onder al die omstandighede dwing bewondering af. Met groot vreugde doen hulle hul daaglikse werk. Alhoewel daar weinig ryk dowes in die ware sin van die woord aangetref word verdien hulle darem 'n redelike inkomste met die hout en skoenbedryf.

(e) Die Jeug:

In die stede is daar 'n groot sametrekking van jongmense, omdat die werks- geleentheid kom daar die beste voordoen.

(f) Aksie van die Roomse Kerk en ander Sektes:

Ook die gebied van hierdie saak is die Roomse Katolieke Kerk bedrywig. Hulle sluimer of slaap nie. Op die Rand en ook in Kaapstad het hulle hul eie skole waar die kiem van hulle geloof ook so maklik in die jong lewe geplant kan word. Wat seermaak is dat ouers wat aan ons kerk behoort en Afrikaans as voortaal het, hulle kinders daarheen stuur. Ook wat die sektes betref is daar bedrywighede. Veral met die besoek van 'n uitlander is menige besoek om hulle kerk te verraai, dog hulle het gelukkig in hulle eerste liefde gebly.

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville