Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





Gebaretaal voorgestel as amptelike
taal

TAALDIENSTE gaan op 'n nuwe vlak geplaas word as voorstelle van 'n werkwinkel wat die Wes-Kaapse Taalkomitee (WKTK) gereël het, tot uitvoer kom.

Die voorstelle sluit in dat dringende aandag aan die opleiding van vertalers en tolke in die Wes-Kaap geskenk word. Gebaretaal as 'n amptelike taal erken word, 'n nuwe Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalpraktisyns in die lewe geroep word en die beroep beter bemark word deur 'n doelgerigte kommunikasiestrategie.

Die werkwinkel oor tolk- en vertaaldienste is as 'n inisiatief van die Wes-Kaapse Taalkomitee deur mnr. Patrick McKenzie, die Wes-Kaap se Minister van Kultuursake, Sport en Ontspanning, geopen. Referate is gelewer deur Neville Alexander, Annemarie Beukes, Johan Blaauw, Sydney Zotwana, Armand Kleinschmidt en Felicity Lopedi-Ford.

Prof. Isabel Cilliers, voorsitter van die WKTK, sê die werkwinkel is gekenmerk deur die geesdrif van die taalpraktisyns, nuutskeppende denke en innoverende voorstelle. Benewens Wes-Kaapland se drie amptelike tale, Afrikaans, Engels en Xhosa, gee die WKTK aandag aan Gebaretaal, wat nou deur die werkwinkel as 'n amptelike taal voorgestel is. Die werkwinkel is deurentyd in die drie amptelike tale van die Wes-Kaap en Gebaretaal aangebied deur middel van 'n simultane tolkdiens.

As amptelike taal behoort Gebaretaal 'n skoolvak te wees terwyl deeglike opleiding vir Gebaretaal-tolke nodig is. Die werkwinkel het bevind dat howe en hoftolkdienste veel meer aandag aan Gebaretaal behoort te gee, terwyl dokters en onderwysers wat Gebaretaal ken, aansporings behoort te kry.

Die deelnemers aan die werkwinkel het vertel hoe die basiese menseregte van dowes letterlik elke dag geskend word, dikwels met tragiese gevolge, omdat pratende mense ongeletterd is wat Gebaretaal betref. Gebaretaal het die voordeel dat die gebruikers daarvan nie deur die gewone taal- en kultuurgrense, soos 'n onvermoë in Xhosa beperk word nie, omdat daar in wese ne een Suid-Afrikaanse Gebaretaal is, hoewel die dialek- verskille.

Prof Cilliers sê die werkwinkel het ook die voorstel vir die amptelike erkenning van Gebaretaal na die WKTK verwys, wat die aanbevelings verder gaan ondersoek.

Die ander voorstelle sluit in 'n bel-nommer vir 'n eenstopdiens wat mense en ondernemings kan skakel oor vertaal en tolkdienste. Xhosa-sprekende taalpraktisyns het veral meer leestof en ontspanningslektuur in Xhosa bepleit.

Die verskillende voorstelle van die werkwinkel gaan op 20 April 2002 weer onder die soeklig geplaas deur alle taalpraktisyns in die Wes-Kaap by 'n opvolgseminaar wat onder beskerming van SAVI Boland en onder voorsitterskap van die nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut, prof Annette Combrink, by die Universiteit van die Wes-Kaapse aangebied gaan word.

Navrae: Prof Isabel Cilliers, WTKK, Tel: (021) 976 3616
of sel: 082 784 7512 en Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: (021) 423 7263
Ingestuur deur Frikkie Odendaal namens WES-KAAPSE TAALKOMITEE


Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville