Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





GEBEDE


Luistergebed

1. MAAK JOUSELF RUSTIG

  • Gaan sit alleen op 'n rustige plek (in jou kamer of buite)
  • Ontspan jou spiere en haal diep asem
  • Wat neem jy alles waar ? (Wat hoor, voel, ruik en sien jy?)

2. DINK AAN GOD

  • Dink aan alles wat die afgelope tyd met jou gebeur het: goeie dinge, gewone dinge en slegte en swaar dinge
  • Dink nou daaraan dat die Here die hele tyd by jou teenwoordig was en alles saam met jou beleef het - al het jy nie aan Hom gedink nie
  • Praat nou met die Here oor alles wat met jou gebeur het

3. DINK OOR 'N BYBELGEDEELTE

  • Lees die Bybelgedeelte wat vir jou gegee word 'n paar keer rustig deur. Moenie haastig wees nie
  • Herhaal sekere woorde of sinne wat vir jou getref het en uitstaan. Dink daaroor na
  • Dink dan oor die vrae wat in die week se dagstukkies gevra word

4. SLUIT AF

  • As 'n mens sien hoe groot, almagtig en genadig die Here teenoor ons as nietige mense is wat maar sukkel om te glo, kan ons nie anders as om te reageer nie - ons aanbid en loof die Here en sê vir Hom dankie.

Kantoorgebed

Baie dankie Here, dat wanneer ek wil gek word as die foon so lui en ek dink ek nou my breekpunt bereik het, dan voel ek skielik 'n stroompie in my binneste bruis, en ek antwoord die foon sonder moeite - en wat meer is, ek is nog boonop vriendelik met die mense!! Dankie Here, dat wanneer almal gelyk in my kantoor instorm en al die ontmoontlike soek en ek voel ek kan sommer net aan die skree gaan totdat almal weg is, dan voel ek skielik 'n koel windjie om my waai, en ek het skielik die kalmte om almal te help - en wat meer is, ek vra vir hulle of daar NOG iets is waarmee ek kan help!!

Baie dankie Here, dat wanneer die papiere op my tafel ophoop en my moed sommer in my skoene sak en ek wonder wat sal gebeur as ek die hele spul in die snippermandjie gooi, dan voel ek skielik hoe die warm sonstrale in my deurbreek en ek deur al die filing draf - en wat meer is, ek sing terwyl ek file!!

Dankie Here, dat wanneer almal om my buierig, nors en sommer onredelik is en ek voel ek wil myself in die badkamer toesluit tot die dag verby is, dan voel ek skielik 'n dankbaarheid in my gemoed dat ek nog kan glimlag terwyl almal frons - en wat meer is, kort voor lank glimlag hulle almal terug!! Baie dankie Here, dat wanneer die swaarmoedigheid oor my toesak en ek my lot so swaar moet dra, en ek voel of ek al een is in hierdie hele departement wat werk, dan voel ek skielik hoe my arms sterk word en hoe maklik ek werk, sonder om te kla - en wat meer is, ek begin hou van wat ek doen!!

Dankie Here, dat wanneer ek voel ek op my einde is, my kragte alles klaar is, my moed gebreek en my glimlag vergeet, en ek voel dat ek aan die huil wil gaan en nooit weer ophou nie, dan voel ek skielik 'n kalmte oor my toesak, en dan is my dag verby, en ek kan huis toe gaan, want U het my deur hierdie dag gehelp....

AMEN!!!!!!


O Heer, gee my oë wat sal sien,
Ore wat sal hoor van die hartseer
Soeke en verlange met 'n passie
Van U liefde vir elkeen.

Knieë wat sal buig om te bid,
Deernis en liefde vir my geliefdes
En elkeen wat U nodig het.
Hande wat sal aanraak met U liefde
En sal help waar ek kan.

Voete wat sal loop met vreugde
Om te bemoedig, te troos
Met 'n hart vol van u liefde
Ag Here dat ons sal glo en verstaan….
Daar is troos, hulp en verlossing by U alleen!

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville