Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





Gemeentenuus

[Jeugwyk] [Wyk 6] [Wyk 7B] [Nuus uit ander wyke]

Wyk 2 (Jeugwyk)

JEUGKAMP - BETTIESBAAI (1 - 3 MAART 2002) - TERUGVOERINGS

Nou wil ek sê oor die kamp, vir my was dit wonderlike kamp gewees, daar het ek werklik baie geleer, Neil het baie goed vir ons geleer, kan al die jong mense se oë oopmaak. Ek sal nooit daardie kamp vergeet nie. Al die jeugmense is fantasies en ons het lekker saamgewerk en saamgeluister.

Rudi van Eeden van Vredendal



Vanjaar se jeugkamp was baie lekker. Nie net het ons lekker speletjies gespeel, ontspan en gesels nie; ons het baie meer geleer oor interesante onderwerpe waaroor ons nog altyd gewonder het en min geweet het. 'n Voorbeeld is VIGS. Alhoewel ek as mediese tegnoloog nog eendag met HIV positiewe monsters gaan werk, het ek min begrip van die siekte gehad. Op die kamp het ek geleer hoe om saam met sulke mense te lewe en God se liefde aan hulle te gee. Dit is veral belangrik gedurende hul laaste tydperk van VIGS. Die ander siekte was Psigologiese siektes soos stres, depressie ens. Ek het nog nooit mense met hierdie siektes teëgekom nie. Die hele tyd het ek aandagtig gesit en luister. Ons almal het die volgende belangrike lewenslese geleer: Dat ons die werk van Christus op aarde moet voorsit; Om liefde aan siek mense gee en vir hulle te BID. Daar is min wat dokters en tegnoloë kan doen as 'n pasient reeds HIV positief is. Sover is daar geen geneesmiddels vir VIGS op die mark nie. Psigologiese siektes kan behandel word. Ons as Christeine moet meer geduldig wees met mense wat hierdie siektes het en hulle respekteer. As ek terug dink aan die kamp, besef ek net weer hoe waardevol en fantansies lekker dit was. Volgende jaar moet ons weer so maak.

Heleen Koekemoer



Ons het die jeugkamp baie geniet en het baie dinge geleen wat ons glad nie geweet het nie. Dit gaan oor VIGS/MIV-Virus, soorte siekte en konflikheid. Ek wil aan Neil dank verskuldig omdat hy so baie mooi vir ons jongmense verduidelik waaroor dit gaan en omdat hy so goed voorberei het. Ek wil ook aan Nicky dank verskuldig omdat sy so bereid was om vir ons te help kos te maak. Ek wil ook vir al die jongmense baie dankie sê dat hulle so baie mooi saamgewerk het. Dit was vir my die lekkerste kamp nog. God het ons ryklik geseën, moet ons ook vir God dankie sê dat U ons die jeugkamp geseën het.

Hein van der Merwe van Vredekloof



Ek het die kamp baie geniet en Neil het vir ons interesante dinge geleer wat ek nooit geweet het nie. Almal het lekker saamgewerk en die hele kampatmosfeer was fantasties! Die weer was perfek en Saterdag het ons na die pikkewyne gaan kyk en vêr gestap langs die see. Ons het lekker speletjies gespeel soos Bybel vasvra, wat GROOT pret was! Ek wil vir dié wat verantwoordelik was vir die kamp, dankie sê vir hul uitstekende leiding en beplanning. Dit was 'n onvergeetlike kamp. Ek hoop ons jongmense gaan hierdie jaar lekker saamwerk en 'n verskil maak in ons gemeente.

Magda Spence van Oakdale



Through the grace of our Lord Jesus Christ, I want to thank Him for giving us the opportunity to spend time with Him during our stay at the camp, giving each one of us the peace and joy in our lives, and that we may learn to know how what He wants from His children. Firstly, I want to thank those who prepared the camp for us, Neil and his wife, Nicolene and Hein. Making everthing possible for all of us to stay together and to enjoy. May God bless you all. During our first stay at Betty's Bay on Friday evening, we all came together to unite and to greet each other and we had an entertainment to enjoy for that evening. We all had a great time of having fun that evening. The following day, we had a prayer together before breakfast and felt the very present of the Lord flowing in us with peace and there was nothing to fear. I knew that God is there with us, even today. As the morning went by, we all started to learn about people who have got HIV and AIDS, how to make them feel part of us, not to reject them because of their sickness, but to accept them for who they are, to show them love and caring them because of God inside us. We must tell them how much God has already loved them. Thanks for giving us the knowledge of how to support those who have HIV and AIDS. During our free times, we all went to see the penguins along the coast of Betty's Bay. We started to walk along the coast back home. It was such a lovely sunny day. As I walked on the sand, I notice foot prints, it reminds me of Jesus walking behind me caring for his loved ones. When we arrived back home, we started the fire while the ladies started with the bread and salads. There was beautiful music at the background presented by Magda. I would like to thank her for alding more sounds, filling our camp with peaceful songs. May God bless you Magda for your goodness you have shared with us. After we ate, we came together and had a bible guiz game (Bybelvasvra). It was so nice but poor Englishman tried his best, which was I, Allen. It was fantastic and we all believed that we had fun. Sunday, got ready for the church service presented by our pastor camp, Neil. It was a wonderful service about the nature around us. We had seven candles lit and it represents the seven churches. It was a symbol of each one of us who have problems, we had to think about it and ask God to help us with the problems. As we blew one candle, we believed that God is dealing with it or has taken the problem away from us. We started to learn what to do and how to deal with problems occurring in friendship and families, which I believe is a great aspects, to make our friendship, families and married couple a long lasting peace in our lives. We have learnt a lot and I want to thank those who made this possible for me to coupe. We had lunch, packed our stuff, cleaned up the place and was ready to leave back home. God has given us rest during our stay, and has taught us many things, thank you Lord.

Allen Smith van Kraaifontein



Watter heerlike kamp was dit! Ons het so lekker saamgedeel, gewerk en gepraat. Ek het so lekker saam die Heilige Gees tuisgevoel. Ons het oor VIGS, depressie en ander interessante onderwerpe gesels. Ek het ook 'n behoefte gehad om van dit te hoor en te deel. Ons het ook baie liefde vir mekaar gegee. Ek is so bevoorreg om by die kamp by te woon en jammer vir die wat dit misgeloop het.

Niel de Vaal van Boston



Ek het my kamp op Bettiesbaai baie geniet, het meer van VIGS, breinsiekte en konflikhantering geleer. Ongelukkig het net 1 foto van 3 foto's uitgekom. Ons was 22 jongmense gewees. Ek hou van kampe hou, lekker om uit te gaan. My suster trou 27 April 2002. Ons het 230 gaste genooi. Dankie vir nuusbriewe - geniet dit baie. Ek aanvaar my gehoorgestremheid, want die Here het my gemaak om Hom te dien en te eer. Ons het ver gaan stap om na pikkewyne te gaan kyk. Ons kan weer op Bettiesbaai gaan kamp.

Bernard Khun van Malmesbury




LESING WORD AANGEBIED, JEUG LUISTER AANDAGTIG





GEMEENTE SE WEBBLADSY

Ons sê baie geluk aan Magda Spence wat vir ons 'n baie mooi webbladsy vir ons gemeente ontwerp het. Voorheen was dit 'n webbladsy net vir Dowe Fokus, maar nou is dit alles van die gemeente, ook Bybelstudies, preke, kerkraadslede, teksverse, die geskiedenis van die gemeente en alles. Ons vra dat al ons internet-gebruikers sal gaan loer by: http://ngkdelabat.tripod.com/Index.html Baie dankie Magda.

JEUGSPAN BESOEK AAN SONSTRAAL GEMEENTE IN DURBANVILLE

Op 17 Maart 2002, Sondagaand het die jeuggroepie van 7 (Hein van der Merwe, Igma van der Merwe, Marisa du Plessis, Nicky du Plessis, Magda Spence, Elisha Bence en Anton Heydenrych) optredes gehad by Sonstraal gemeente in Durbanville. Dit was 'n erediens van Sondagskoolklasse van St. 6 tot Matriek. Nicky du Plessis het die Woord van God oorgedra, Houtkruis was opgetree en Nicky alleen het ook self opgetree en ons het twee liedjies in gebare gesing saam met musiek, die tema het gegaan oor Jesus se lydingstyd en Paasfees. Dit was 'n baie geseënde erediens gewees. Na die eredienste het graad 8 se Sondagskoolklas vir ons genooi om piekniek te hou saam met hulle by Sonstraaldam, ons het baie dinge met hulle gedeel oor dowes, vir hulle gebare in liedjie geleer, hulle het selfs voor die tyd gebare geleer om vir ons in gebare te verwelkom, dit was lekker om deel te voel saam met hulle, ons sal dit nooit vergeet nie.

PROPONET NEIL DU PLESSIS EN TWEE JONGMENSE BESOEK DE EIKE KERK IN KUILSRIVIER

Neil du Plessis, Heleen Koekemoer en Niel de Vaal het die 17de Maart 'n praatjie oor dowes gaan hou by die NG Kerk De Eike in Kuilsrivier. Die aand het 50 mense kom luister na die praatjie. Neil het vertel oor die geskiedenis van die Instituut vir Dowes en hoe die kerk vir dowes ontstaan het. Hy het ook vertel watter behoeftes dowes het en hoe die horendes vir dowes kan ondersteun. Heleen het gesels oor haar sport en haar verhouding met die Here. Niel het meer vertel oor die probleme van 'n dowe om verder te studeer. Die mense het die praatjie baie geniet en baie geleer van dowes. Hulle het gevra dat ons gou weer sal kom optree en dat ons volgende keer meer dowes sal saambring na hulle kerk toe. Ons het afgesluit deur groepies te maak en spesiaal vir dowes en die kerk in Suid-Afrika te bid. Die aand was baie geseënd en ons loof die Here dat ons geleenthede kry om te kan getuig van Sy liefde vir ons dowes.

HUWELIKSKLOKKIES LUI…..

Elisha Bence (nee Carney) van Durbanville is met Johann Bence op 26 Februarie 2002 onverwags getroud, dit was vir ons almal 'n groot verrassing gewees en die geheim is uit. Hulle ken mekaar al ses jaar lank en besluit dat dit tyd is om op die dag hulle trou aan God beloof. Hulle het absoluut pragtig gelyk. Mag die Here julle huwelik so sal seën en dat julle paaie altyd in Godsvreugde en vol verrassings sal wees. God het spesiaal julle twee bymekaar gebring en geniet die getroude lewe!!!!

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville