Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





Kom ons bid……

In die Naam van Jesus, dankie vir hierdie dag.
Dankie dat ek kan sien,
dankie dat ek kan hoor.

Ek is só geseënd omdat U
vergewe en verstaan.
U het reeds so baie vir my gedoen
en nog steeds seën U my.

Vergewe my in hierdie dag,
want ek het alweer gesondig.
Bewaar my van gevaar en seerkry.
Maak my positief en vol begrip en deernis

Help my om in hierdie dag my beste te gee
Open my ore, sodat ek U stem kan hoor,
Open my oë, sodat ek U werke kan sien
en maak my gehoorsaam aan U Woord

Leer my om my besig te hou met dit wat ek
kan verander en die res aan U oor te laat

Leer my om sonde deur U oë te sien
en dit nét so te haat
en dadelik te bely
en so vergifnis van U te ontvang.

En wanneer die wêreld my druk,
dat ek sal onthou om soos Jesus te maak -
om 'n stil plekkie te soek om U raad te vra -
veral as ek voel ek het nie meer raad nie.

Ek weet - wanneer ek té ontsteld is om te bid, luister U na my gees en U antwoord.
Hou vol om U wil te doen, nie myne nie.
Hou vol om my te seën,
sodat ek ander tot seën kan wees.
Laat my U Woord onthou,
sodat ek dit aan ander kan uitdeel.

Ek bid vir dié wat verlore is
en U nie kan vind nie.
Ek bid vir hulle wat onregverdig veroordeel word.
Ek bid vir hulle wat U Woord
nie met ander wil deel nie.
Ek bid vir hulle wat hierdie woorde sal lees
en dit nie wil toepas in hulle lewens nie.
Ek bid vir hulle wat hierdie boodskap sal uitvee
en dit nie met ander sal deel nie.
Ek bid vir hulle wat nie glo nie,

Maar ek glo.
Ek glo dat God mense verander,
Ek glo dat God omstandighede verander.
Ek bid vir U en my broers en susters
in die Naam van Jesus.

Amen.

Mag u dag geseënd wees!!!!!!

Werk vir Jesus. Die beloning is veel groter as wat die menslike verstand ooit kan bedink!


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville