Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





Geestelike voedsel

Baie gelowiges dink baie kere dat God soms nie luister na hulle gebede nie en dan sê hulle dit voel asof hulle teen die dak vasbid! Hulle dink dan dit is nie nodig om met God te praat nie, want Hy luister tog nie. Dit is nie waar nie! Gebed is spesiaal deur God gegee vir sy kinders om met Hom te praat. Gelowiges moet besef dat Hy altyd luister na ons gebede al voel dit nie so vir ons nie. Ek wil graag die volgende ware verhaal vir u vertel oor die kragtige uitwerking wat gebed het in mense se lewens:

Die Amerikaners is baie lief vir basketbal. 'n Paar jaar gelede was daar 'n groot wedstryd tussen twee Amerikaanse spanne. Mense het van oral gekom om die wedstryd by te woon. Een van die spelers in die een span was baie gelowig. Die probleem was dat hy die enigste Christen was in sy span en daarom was dit vir hom baie swaar. Sy spanmaats het hom gespot en gesê hulle glo tog nie in God nie. Dit was swaar vir die man, maar dit het hom nie gekeer om altyd te bid vir sy spanmaats nie.

Die aand voor die belangrike wedstryd het die jong man langs die baan gaan sit en ernstig gebid. Hy het vir die Here gesê dat hy bekommerd is oor sy spanmaats se lewens wat nie reg is nie. Hy het gebid dat die Here tog hulle harte moet aanraak sodat hulle ook gelowig sal word. Hy het verder gebid en die volgende woorde gesê: Here red tog asb. my spanmaats, ek is bereid om my lewe te gee sodat hulle gered kan word!
Wat die man nie geweet het nie was dat sy afrigter agter hom gestaan het en alles gehoor het wat hy bid. Die volgende dag het die groot wedstryd begin en die spanne het hard teen mekaar gespeel. Vyf minute voor die einde van die wedstryd het die gelowige jong man kwaai pyne op sy bors gekry en inmekaargesak op die baan. Die noodhulp het gehardloop en hom probeer red, maar dit was te laat. Hy het gesterf aan 'n hartaanval.

Die mense was doodstil en geskok. Na 'n paar oomblikke het die afrigter opgestaan en gevra om iets te sê. Hy het die mikrofoon geneem en vir al die mense vertel hoe gelowig die jong man was en hoe hy die vorige aand gebid het vir sy spanmaats. Hy het ook vertel dat die man gebid het en gesê het dat hy bereid is om sy lewe te gee as sy spanmaats net gered sal word.
Die mense was doodstil en het vir mekaar gekyk. Baie mense het begin opstaan en gesê dat hulle graag hulle harte vir die Here wil gee. Die man se spanlede en die afrigter het ook daardie aand tot bekering gekom.
Die jong man se gebed het dus waar geword!
Miskien is daar ook vriende of familie wat u ken wat nog nie hulle harte vir die Here gegee het nie. Bid en dra hulle name getrou op aan die Here. Wys ook vir hulle deur u voorbeeld dat u die Here ken en vir Hom lief is. Hy sal u gebede verhoor wanneer dit volgens sy wil is!

Groete en seënwense
Neil du Plessis

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville