Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





Lesers gesels saam

Johanna Myburgh van Rusoord

Ek was Mei maand vir 3 weke by my seun op Plettenbergbaai. Ek het baie lekker gekuier en rondgery saam met my seun en kleinseun. Vir Moedersdag het hy my Knysna toe geneem vir besoeke aan winkels wat mooi goed verkoop het. Die middag het ons gaan uiteet. Dit was 'n baie lekker Moedersdag.


Erik en Marietjie de Waal van Amerika

Ek sal nou moet vinnig tik terwyl ek nog energie het. Die Somer is hier en dit gaan maar swaar met die lyf wat maande agter die boeke gesit het en nou skielik harde fisiese werk moet doen. Ek bid sommer so in die ry op pad werk toe dat die Here my gou sal fiks maak en die nodige stamina sal gee om by die manne te kan hou. Ongelooflike tempo waarteen die konstruksie werkers die soort van take doen. Dis werklikwaar enige maatskappy eienaar se droom om sulke manne in diens te kan hê, spoed , deeglikheid, beskikbaarheid , is aan die orde van die dag by die ouens.

Ek wil net ook eers seker maak dat julle die nuutste nuusbrief ontvang het. Wat ons nie in die nuusbrief genoem het nie, die uitslae, wat ek eers vanaand ontvang het. Maar hier is dit nou. Ons loof die Here vir die geleentheid om ons te kan voorberei met kennis van Sy Woord en dat Sy Heilige Gees my ywerig gemaak het om te kan volhard agter die boeke van die afgelope semester.

Die uitslae is as volg:

Synoptic Gospels = ?
Systematic Theology = A
Homiletics = B
Sociological Aspects Deaf Education = B
Genres of Deaf Literature = B
Sielkunde = ontvang eers uitslag op 26 Junie

Dit het by tyde baie rof gegaan hierdie semester want die werklading was ongelooflik hoog en tens. "Loof die Here want hy is goed aan Sy goedheid is daar geen einde nie" dit is een van die tekse wat hierdie semester vir my baie sin gemaak het en nuwe dimensies in my Geestelike groei gebring het.

Nou is daar nog net 2 semesters oor om die kurese finaal af te handel. Die 5 jaar het uiteindelik toe 3 jaar geword. Weereens al die eer aan die Here wat ook voorsien het dat my Unisa krediete aanvaar is. En dat ek 'n groot deel van my praktieka wat in die 5de jaar gedoen word, kon by gewerk het in hierdie semester. Die laaste deel, die teorie van die praktika sal ek dan in die komende semester kan voltooi. Mag die Here dit dan voorsien dat ek volgende jaar hierdie tyd Mei 2003 gereed sal wees vir die grade plegtigheid.

Laaste maar nie die minste nie, DANKIE, dankie vir almal wat gehoorsaam was aan die Here se stem om in gebed vir my studies en persoonlike motivering te volhard in gebed. Ook dankie dat julle gehoorsaam was en die weg oop gesien het om op hierdie wyse van studies in die Koninkryk van die Vader te belê. Nou weet ons dalk nie die antwoord nie maar eendag as ons saam om die troon van Jesus vergader , dan sal ons weet waarom julle in ons roeping te belê. Dan sal ons maar net kan juig en die lof aan die Vader bring vir elke siel vanuit die Dowe gemeenskap wat in volle toewyding na die Here gebring is.

Nogmaals dankie ook vir jul volgehoue finansiële ondersteuning. Die getuienise rondom die voorsiening daarin was te veel om daagliks aan julle oor te dra. Ek sal poog om in die komende paar weke meer uit te brei daarop. Ons kan en wil julle weereens net die versekering gee dat ons hierdie finansies waarmee julle ons ondersteun beslis baie oordeelkondig aangewend het asof ons dit direk van die Here ontvang het.

Ek wil groet net nog 'n uitslag naamlik 'n nie-akademiese eksamen wat ek ook in hierdie semester afgelê het, my Radio Amateur lisensie. Besoek gerus www.sarl.org.za vir die resultaat. Die sal onder die ekamens geslaag van 23 Mei 2002 wees.

Groete ERIK.


Christo Smit van Lewensruimte (Worcester)

Dit gaan baie goed hier. By die houtwerkafdeling werk ek nog baie lekker, ek maak 600 wynrakke, ek moet die afskuurwerk doen. Ek werk baie hard, 6 eetkamerstoele en 1 kamertafel moet ek nog oorverf. Ek is elke dag baie besig, en ek is ook gelukkig om hier te bly. Die basaar by Bellville was baie lekker gewees, dit was lekker om weer al die dowes te sien. Ek glo dat die Bellville se kerk se basaar goed geld sal insamel. Ek het ook baie gebid vir julle dat die Here julle basaar baie seëninge gee. Dit is vir my altyd lekker om gereelde nuusbrief te lees. Ek dink ook baie aan Ds. Hough en sy familie. Ek mis julle almal baie. Stuur groete vir al die lesers.


Kobus en Dina Greyling van Port Elizabeth

5 Jaar gelede het ek begin gebord weens albei skouers en 2 jaar nie eens 1c in my sak nie. Ek het besluit dat ek klein goed verkoop om onder dak te kan onderhou. Want die welsyn gee net 'n boks kos en gee nie eers geld vir huis, ligte en water nie. Vir ons was dit baie swaar om so te leef. Toe begin ons huwelikprobleme vir 2 jaar, ons wil nie skei nie en ons gaan toe na Ds. Fourie in ons N.G. Kerk (horende gemeente). Nog steeds moeilik vir ons om te verstaan. Ons het besluit om na Ds. Hough toe gaan om ons huwelik reg te maak. Dit het beter gegaan met ons. Toe het Ds. Hough vir ons na die huwelikskamp genooi. Vir het ons baie geld gekos om vanaf PE na Kaapse huwelikskamp by te woon. Maar ons besef dat dit die moeite werd sal wees. Ons huwelik is nou baie beter, daar gebeur wonderwerke. Here se boodskap vir Ds. Hough vir huwelikskamp versprei het. Daar is ook baie mense wat huweliksprobleme het, maar hulle is te bang om na die huwelikskamp toe te gaan. Taai huwelikskamp is nie vir probleme oplos nie, maar dit verbeter ook die huwelik vir die toekoms, weet hoe om makliker te hanteer. Ons hoor dat die Kaap (dowes) weer huwelikskamp sal hou. Ons sal ook paar van PE se mense nooi. Ons wil namens dankie sê dié wat ons ondersteun het. Op die oomblik is ek Rep. vir dokters. (Ek verkoop produkte soos gips, verbande (Esther Donges maak verbande by die fabriek, hmm) ens. Dit het meer stadig gegroei op my kommissie. Dankie die Here wat altyd ons sorg vir onder dak. Ons huwelik is nou 90% goed. As die Here se wil is om ons huwelik beter te laat gaan. Baie dankie.

(Baie dankie vir die pragtige getuienis dat julle uit julle hart gepraat het, natuurlik sal die Here julle gebede hoor en verhoor en Hy sal altyd vir julle sorg, hy sorg vir sy kinders en is lief vir sy kinders. Wees verseker dat ons gebede ook tot hier sal bydra - Sterkte - red)


Tobie Carstens

WP Dowes Rolbal span was van 28 April tot 3 Mei 2002 by Johannesburg om SA Rolbal Kampioenskappe vir Dowes deel te neem. 6 Dowes het per trein na Johannesburg gereis. Ons het dit baie geniet. Ek was so bly om my broer, Fred en Helena te sien en ons het baie lekker gesels. Fred en Helena beplan om November maand per trein Kaap toe te reis om by ma te gaan kuier. My ma sal November maand 83 jaar oud word as D.V. Een week het ek Suid-Afrikaanse toernooi 100% baie geniet. So bly dat WP weer baas is. Ek wil net vir almal sê dat ek nie meer by my woonstel, Goodwood bly nie. Nou woon ek en Jannie Greyvenstein by Francois Spence se huis. Bly daar baie gelukkig. Ek en Francois werk lekker saam en kook kos saam. Onthou, my faksnommer bly dieselfde: (021) 592 1591.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville