Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





[Gemeentenuus] [Malawi-uitreik] [Nuwe Webblaaie]

Panorama gemeente - Malawi uitreik

Dit is ook belangrik om vir ander gemeente te bid, Panorama gemeente gaan op 'n uitreik na Malawi toe. Hieronder is daar paar gebedversoeke waarvoor ons ernstig vir hulle moet bid. Maar eers vertel Jaco Hanekom sy storie:

Op Sondag, 23 Junie 2002 was daar toe 'n erediens by NG Kerk Panorama waar die groep lidmate (Marisa du Plessis se pa is ook deel van die groep) wat beplan en voorberei vir sendingtoer na Malawi toe vir 'n paar weke. Ds. Emile de Villiers het baie mooi gepreek oor wat veral van buite af gebeur het soos wonderwerke wat vir ons hartroerend was. Die groep lidmate van + 18 het voor die preekstoel gestaan en vir ons vertel oor wat hulle beplan en moet doen op die toer. Die mense het nogal donasies vir hulle gegee om vir buitelanders, byvoorbeeld vir minderbevoorregtes te skenk. Toe het Hein van der Merwe, ons hoof- ouderling van De la Bat gemeente, het mooi woorde uitgespreek en 'n tjek vir hulle oorhandig. Rentia Hanekom het die tolkwerk gedoen. Daarna het ons jeuggroep voor die preekstoel met gebare gesing. Meestal mense soos "gehoor" het bewonderd na ons gestaar en party het gehuil toe hulle sien hoe ons dowes wonderlik van Bo se genade af mooi opgetree het. Net toe ons op die bank gesit het, het almal in die kerk opgestaan, en het vir ons met hande soos dowes se maniere geklap. Na die diens het die meeste mense hulle hande op die sendingtoergroep gelê en gebid vir voorbereiding en voorspoed ens. dat die Here hulle mag seën en hulle langs ver en gevaarlike pad bewaar en veilig terugbesorg na hulle huistoe. Daarna het ons by Marisa se ouerhuis lekker koffie en melktert gehad en lekker gekuier tot stadigaan huiswaarts.

Uitreik na Malawi - Gebedslys

Datums:

Sat, 29 Junie: Ry van Panorama tot Zeerust (1425 km)

Son, 30 Junie: Zeerust na Nata (Botswana) (806 Km)
· bid dat ons sonder probleme oor die RSA-Botswana grens kom

Maan, 1 Julie: Nata tot Lusaka (Zambië) (830 km)
· bid dat ons sonder probleme oor die Botswana-Zambiese grens kom

Dins, 2 Julie: Lusaka na Nkhoma (Malawi) (760 km)
· bid dat ons sonder probleme oor die Zambiese-Malawiese grens kom

Woens, 3 Julie tot Saterdag 12 Julie te Nkhoma Sat 13 Julie Vertrek van Nkhoma na Livingstonia (180 km)- 'n tydjie by die Malawimeer

Dins, 16 Julie Livingstonia na Lusaka (844 km)
· bid dat ons sonder probleme oor die Malawiese-Zambiese grens kom

Woens, 17 Julie Lusaka na Francistown (1062km)
· bid dat ons sonder probleme oor die Zambiese-Botswana grens kom

Don, 18 Julie Francistown na Kimberly (988km)
· bid dat ons sonder probleme oor die Botswana-RSA grens kom

Vry, 19 Julie Kimberly na Kaapstad (968 km)

Aanvanklike doelwitte (wat gaan die gemeente presies daar doen):

Die verf van die kraamsaal
Die bou van drie toilette
Die skenk van Bybels aan die hospitaalleraar
Die uitdeel van komberse vir van die vigswesies
Die saamneem van kos vir verspreiding deur die hospitaalpersoneel
Die bou van verhouding met hierdie sinodale verpligting van ons Ondersteuning/opleiding van die mediese personeel

Die Span is:

Greg (spysenier) en Greg (jr) Albrecht., Emile en Barney de Villiers
Gerrie en Jacques du Plessis
Pieter,(kampkommandant) Annie en Pieter (jr) Henning Andrie Kilian Eric Smith
David (werkevoorman), Maretha en Miekie Kruger
George (uitreikleier), William en Maria Warren

Bid vir:

Dat die voertuie sal hou en daar nie meganiese breke sal wees nie Dat die bestuurders wakker sal wees Dat ons veilig sal ry Dat die diesel wat ons koop skoon, bekostigbaar en beskikbaar sal wees Dat ons nie probleme met die polisie (omkopery) en doeane (nav al die voorrade wat ons sal saamneem) sal hê nie Dat ons as span mekaar sal ondersteun en saamwerk Dat die span 'n geestelike ervaring met God sal hê Dat ons as span orals die liefde van Christus sal uitstraal waar ons kom Dat die span bewaar sal word van ongelukke Dat die span nie siektes soos cholera, malaria, bilhazia, ens sal opdoen nie Dat die uitreik beslis iets sal beteken vir die sendingpersoneel Dat ons 'n hele aantal projekte sal aanpak en kan voltooi Dat die span die kruiskulturele ontmoeting en die plaaslike hongersnood goed sal hanteer en verwerk Dat ons voorrade en besittings nie gesteel sal word nie

Die totale begroting (geld) wat hulle benodig is, R40 000,00

(Baie sterkte Panorama gemeente wat met op toer gaan, die Here sal elke dag Sy Almagtige Hand oor julle hou - Red)

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville