Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





Aan my vriende

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te
stop en te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.

Die lewe se wind dra ons weg met 'n oppervlakkige "Goed dankie" en "Sien jou later". Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie.

Soms sien ons net die lentekleur raak op 'n gesig en is ons nie eers bewus van die
wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en
of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.

Pluk iemand ons vir 'n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar.
Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie!
Koringblommetjies kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en hibuskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige blomme sien.
Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in sy oë.

VERGEWE MY daarom as ek by jou verbygewaai het op 'n herfsoggend
nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

VERGEWE MY as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie
van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

VERGEWE MY as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het
en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.

VERGEWE MY as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie,
omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied.

WEET DUS DAT EK DAAR IS VIR JOU.

Psalm 118:8:

"Om by die Here te skuil is beter as om op mense te vertrou!"

Onse Vader, seën die persoon wat hierdie lees met wat ook al sy/hy mag nodig hê vandag. Mag sy/haar lewe vervul wees met U vrede, voorspoed, liefde en krag omdat hy/sy nog selfs 'n dieper verhouding met U begeer. Dankie vir al die voorregte, liefde en ongevraagde vreugdes en geskenke wat U aan hom/haar gee vandag.

Amen


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville