Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





POTSKUURDAG


Pappot: Het jy ook 'n pappot-vriendin?
So 'n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut?
Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie pap te dik aan nie.

Ryspotjie: Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.

Drukkoker: Die bekwame leier wat talle take op haar skouers kan neem en alles vinniger en beter as andere kan doen.
Maar selfs sy raak soms onder groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.

Dubbel kastrol: Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.

Pan: Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder 'n deksel nie en steek 'n lang arm uit on jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.
Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies 'n plekkie op jou rak.
Jou hande jeuk om party na jou sin te skuur, maar wie sê jy lyk nie méér aangebrand as almal saam nie?


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville