Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





[Gemeentenuus] [Malawi-uitreik] [Nuwe Webblaaie]

Webblaaie nou beskikbaar!

Vir die van julle wat dit nog nie weet nie - Dowe Fokus en ons gemeente het nou hul eie webblaaie op die Internet.

Dowe Fokus

http://dowefokus.tripod.com

(Let wel: Geen www. aan die begin nie)

Het jy jou gunsteling Dowe Fokus by die huis vergeet, en is verveeld by die werk met niks om te lees nie?? Goeie nuus - gaan kyk op die Internet!! Elke maand se uitgawe van Dowe Fokus word, 1 week nadat dit uitgedeel is, op die Internet geplaas. Almal is welkom om dit te lees. Die lees van Dowe Fokus word vergemaklik deur maklike kortpaaie (web skakels). Die fotos is in volkleur en ook grappies. Indien jy enige nuus het, maar nie lus is om pen en papier uit te haal nie, daar is 'n skakel waar jy jou nuus vinniger vir Nicolene kan stuur, via e-pos.

Suid-Afrikaanse dowes wat op die oomblik oorsee is en verlang na dowe nuus, kan nou maklik nuus lees. Asook dowes wat vêr woon en nie kan bekostig om posgeld te betaal nie, kan nou gratis hul gunsteling nuusbrief op die Internet lees.
Vertel gerus jou dowe vriende hiervan!!


De la Bat gemeente

http://ngkdelabat.tripod.com

(Let wel: Geen www. aan begin nie)

Ons gemeente het onlangs ook hul eie webblad gekry. Ek lys hieronder 'n kort beskrywing van watter inligting julle op die webblad sal kry:

Die Gemeente:Hoe het die De la Bat gemeente ontstaan (Baie interessant! Ekself was baie verbaas hoe min ek weet van hoe ons gemeente begin het!)
Die grense van die gemeente, die doel van die gemeente en hoe verskil ons gemeente van ander horende gemeentes en nog baie ander.

Eredienste:Plekke waar Ds. Hough gereeld gaan preek en tye.

Jaarprogram:In dieselfde formaat as ons almanak. Baie nuttig as jou almanak by die huis lê en jy kan by jou werk via die Internet iets op die almanak kyk!
Jeug:Inligting oor ons jeug en optreegroep.

Kerkraad:Kerkraadslede en hul wyke waar hulle betrokke is.
Telefoon/Faks/Selnommers/E-pos adresse van kerkraadslede indien jy hulle wil kontak.
Lede van die dagbestuur
Nuwe kerkraadslede wat verkies is vir 2002
Inligting oor dienswerkers

Kommissies:'n Volledige struktuur van al die kommissies van die N.G Gemeente De la Bat, hul onderafdelings en hul voorsitters. Ek sal dit baie waardeer as al die voorsitters hul kontaknommers vir my kan stuur. Dit is BAIE belangrik! My e-pos en faksnommer is onderaan.

Nuusbrief:'n Beskrywing oor Dowe Fokus, en toegang tot Dowe Fokus.

Bybelstudies:Elke week se bybelstudies (bidure) word hier geplaas.

Preke:Elke Sondag se preek word hier geplaas.

Kontak ons:'n Volledige lys van belangrike kontak persone in die gemeente.

Skakels:Lys van skakels na ander webblaaie.

Enige kommentaar of voorstelle is baie welkom! Dit is nodig sodat ek die webblaaie kan verbeter.

Webbladontwerper:
Magda Spence
Faks: (021) 919-1462
Sel: 082 326 6756
E-pos: m.spence@xsinet.co.za


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville