Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





[Gemeentenuus] [Basaarnuus] [In Memoriam]

GEMEENTENUUS

WP KRIEKET

WP Dowes Krieket het Huur Kombi "Mazda" gekry om op 22 Maart na Durban tery. Alle SA Dowes krieketspelers het by Kearsney Kollege geslaap. WP Dowes krieketspelers het alle 4 games gewen, maar teen Boland was WP Dowes diskwalifiseer omdat een van ons spelers gehooraparaat op die veld gedra het. Ongelukkig was WP Dowes se lopies tempo hoog. Gelukkig het ons WP Dowes weer beker na Kaap teruggebring. (Hiepie!!!!) Volgende jaar sal kriekettoernooi in Pretoria plaasgevind word.

Ingestuur deur Petrus Burger


ROLBAL

DIE BEKER KOM WEER KAAP TOE!!!!!!!

Baie geluk aan Winston Swartz en sy manne.... Die SA Rolbal Kampioenskap vir Dowes se toernooi het by Roosevelt Rolbalklub van 28 April tot 3 Mei 2002 plaasgevind.
Die vierspel is gewen deur WP-A span. Hulle was Winston Swartz, Raysford Cruywagen, Franco Ferrini en Manuel Pombo. WP-B span het 3de plek verower. Hulle is Johan Marais, Kobus Marais, Bernard du Plooy en Tobie Carstens. Enkelspel titel is gewen deur Winston Swartz, dis tweede keer agtermekaar (soos laas jaar en vanjaar) wat Winston enkelspel gewen het. Baie geluk, Winston! Ons is baie trots op jou. Raysford Cruywagen het weer plaatkompetisie gewen vir enkelspel. Pare-spel het Johan Marais en Bernard du Plooy 2de plek verower. Winston Swartz en Tobie Carstens het ook 3de plek gekom. Baie geluk met julle prestasie. Johan Marais is aangewys as beste speler vir toernooi wat goed bevorder het . Mooi so, Johan!

Uitslae van toernooi-Vierspel :

WP-A vs GAUTENG : 23 - 17
WP-A vs NATAL : 28 - 11
WP-A vs WP-B : 19 - 16
WP-B vs NATAL : 13 - 29
WP-B vs GAUTENG : 25 - 15
WP-B vs WP-A : 16 - 19
Volgende jaar sal SA Rolbal Kampioenskap vir Dowes 2003 in Drakensberg by Kwazulu-Natal plaasgevind word.

Ingestuur deur Raysford Cruywagen


Doop van Jolandi en Joe Sieli se babas

Sondag 26 Mei 2002 was 'n mooi dag vir Jolandi (Fourie) en Jo Sieli, hulle twee babas in saam gedoop in ons kerk. Ons het al baie lank gelede begin om te praat oor geloofsake en wat die doop beteken, en Sondag kon ons die bewyse van God se beloftes sien toe Hy sy Naam op hulle voorkoppe geskryf het. Kom ons almal bid saam vir hierdie wee kinders, en vir Jolandi en Jo, dat hulle altyd 'n mooi voorbeeld sal wees en vir die kinders sal help om gou hulle kerse aan te steek wat sê dat hulle ook kies om die Here se pad te loop.

(Baie geluk met jul twee kinders se doopbevestiging, mag die Here julle kinders sal gebruik om Sy spesiale instrumente te kan wees, mag God dan julle as gesin baie seëninge gee - Red)


Besoek van 4 Noorweërs

Sondag 26 Mei was ook vir ons gemeente 'n mooi dag toe ons besoek ontvang het van 'n leraar van die Lutherse kerk in Noorweë en drie ander mense wat ook werk vir 'n Instituut vir Dowes in Noorweë. Ons kerkraad het dit goedgekeur dat hy ook deel het aan die aanbieding van ons erediens, en dit was baie mooi om te sien watter mooi kleure sy toga is en hoe hy met Noorweegse gebare bid en vir ons lei om die Here te dien.

Na die erediens, het hulle saam met ons gegaan na die erediens wat ons by Ernst Blignaut se huis in Pringelbaai gehou het. Hein van der Merwe en Marisa du Plessis en Jaco Hanekom het saam met Ds. Hough en Jean en die 4 mense van Noorweë gegaan en ons hoop om gou fotos te kry wat hulle geneem het en vir ons sal stuur met e-pos.


Ds. Hough neem langverlof

Na omtrent 22 jaar in die gemeente, het ek gevoel dit is nou tyd dat ek langverlof neem en so 'n bietjie weg te kom. Met die Bybelvertaling en die ander werk in die gemeente, werk ek die meeste weke tussen 60 en 70 uur per week, en na 'n lang tyd is dit nie goed vir my gesondheid en my kop nie. Ons gaan nou lekker rus, vir familie kuier, en 'n paar Dowes besoek, en lekker gesels, laat slaap en 'n paar boeke lees wat ek lankal gekoop het, maar wat ek nie kon lees nie. Ons gaan vir 4 dae na die wildtuin, 10 dae na Namibië en rondry totdat ons geld op is.
Ons kom einde Julie eers terug vir 'n kort tydjie om weer Bybelvertaling te doen, en ons hoop om Romeine klaar te maak. Dan het ons 'n groot dag by ons gemeente op Sondag 28 Julie, wanneer ons hier by ons kerk die 4 Evangelies vir Dowes ontvang. Ek wil dit nie mis nie, en ek sal ook kom preek daardie Sondag. Daarna gaan ek 'n troue hou op 'n boot by Club Mykonos, en by familie kuier. Ek hoop julle is lekker jaloers, want ek is ook baie naweke lekker jaloers op julle, op al die mense wat naweke kan weggaan en saans lekker TV kan kyk of kan kuier of party dae laat kan slaap.

By die sinodale vergadering op Dinsdag 28 Mei, moes predikante vir mekaar vertel hoe hulle die bediening ervaar, en daar het ek weer besef dat ek nie net by Dowes werk nie, maar dat ek self 'n Dowe geword het, dat my gedagtes en my drome nie los is van Dowes nie, dat ek in my vakansie verkies om by Dowes te kuier en vertaalwerk vir Dowes te doen. Ja, dit vat baie van my, ek werk baie langer ure as ander predikante of mense wat in katore werk, maar daardeur seën die Here vir my en Jean ook baie meer as vir ander mense. En daarom gaan ek nou so lekker rus.

Ons sal by Dowes wees op die volgende datums:

11 Junie - Hannes en Emma Laingsburg
16 Junie - Effata
27 Junie - Welkom Dowes (slaap by Rentia se ouers)
28 Junie - Bloemfontein? Ons wag vir Bennie Pretorius wat 'n byeenkoms
help reël. 7 Julie - Port Elizabeth Dowes (Kobus reël)
28 Julie - Oorhandiging van 4 Evangelies vir Dowes

(Namens ons gemeente wil ons vir Ds. en mev. Hough baie dankie sê vir al die harde werk, liefde en ondersteuning wat hulle vir ons gemeente doen en beteken. Ons vertrou dat hulle baie lekker sal uitrus en hoop dat die vakansie vir hulle goed sal doen. Ons vertrou dat Ds. Hough uitgerus en vol planne vir die gemeente terugkom na die vakansie. Julle moet veilig reis en baie foto's neem! Mag die Here elke oomblik saam met jule wees)

Prop. Neil du Plessis se kontak-nommers in hierdie 3 maande is:

(021) 949 4875 (tel) en (faks)
082 346 5238
Spreekkamers by kerkkantoor is Dinsdae vanaf 7uur. Maak asseblief 'n afspraak voor die tyd.

Kerkkantoor toe op Donderdae:

Party van ons lidmate het die kantoorure nie reg verstaan nie. Die kerkraad het besef dat daar baie lidmate kom besoek by die kantoor elke dag, en party sit daar en gesels vir meer as 1½ uur. Ander het probleme waarvoor die skriba en maatskaplike werker moet bel vir baie mense en dan gebeur dit elke week dat hulle eie werk stilstaan en hulle nie die papierwerk kan klaarmaak wat hulle moet doen nie. Om die gemeente se boeke en syfers alles reg op te skryf en te kontroleer is moeilik, maar as daar elke 5 minute iemand bel, of iemand iets kom vra of met 'n probleem kom, dan raak hulle werk gou agter. Daarom gaan die skriba en maatskaplike werker Donderdae die telefoon antwoordmasjien aanskakel, en hulle gaan die deurklokkie afskakel, en hulle werk opvang wat hulle moes doen die week. Net as daar baie ernstikge probleme is, kan u probeer bel of 'n faks stuur, en sê dan ook groot op die faks: Baie ernstig. dan sal hulle dit kan antwoord. Lekker werk Lynnette en Suzelle.

TREINTOER

Angie en Rina Visser van Riebeeck-Wes

Ek wil graag van die treintoer vertel. My ouers wat by die Aftree-oord te Riebeek Kasteel bly, het gesoebat dat ons per trein saamgegaan het en hulle het my nodig gehad. Eers wou ek nie gegaan het weens slegte omstandighede nie. En Angie het gesê dat hy graag saamgaan en 6 oorblywende verlofdae gebruik om te rus. My ouers was natuurlik baie bly. Ja, ek wou ook graag! Vanaf 17de tot 24de April het ons per toertrein vanaf Kaapstad tot Ficksburg gegaan. En die trein het stadig teen 80 mph gery sodat die mense na buite gekyk het. Kaapstad-, Bellville-, Paarl-, Worcester-, Mosselbaai waar ons oornag het langs die see. Daarna George-, Oudtshoorn-, Port Elizabeth waar ons ook oornag het, Bloemfontein-, Harrismith-, waar ons stilgehou het. Volgende oggend het ons almal per 2 busse na Bergville gegaan, baie soorte kaas geëet, na die lesings oor die kaasmakery geluister, ook na die kerse (pragtige, soorte kleure ens.), dan na die karavaanpark waar ons tee en koffie en verversings geniet het, dan teruggeaan na die trein/stasie toe. Ook was daar 'n baie oeroue boomstam wat in die steen verander het. Volgende dag het ons by Ficksburg stilgehou vir 2 dae. Die oggend het ons weer per 2 busse deur Lesotho deurgery. Ai, kan nie beskryf hoe die plek lyk nie. Baie hoë kronkelende bergpasse!

En donkies en perde loop daar rond. Geen vervoermiddels nie. Interessant om te sien! Ek het ook 'n videokamera gebruik. Mielies was ook teen die berge geplant, en swartmense gebruik nie ploeë of oes nie, maar hulle gebruik hulle hande, grawe en vurke. Daarna was ons na Katsedam - baie groot damme en riviere. Wonderlik om te sien. Agtermiddag was ons weer terug stasie toe en die volgende oggend het ons weer met die nusse gery - na Clarens toe, 'n pragtige plek en mooi berge ens. Daarna weer stasie toe en het na Bloemfontein vertrek per treine. En toe vir Christie, Dorie Visser by die stasie ontmoet wat ek vir hul oudste dogter Wilma gemis het. Hul was baie verbaas om ons te sien. O ja, ons skoonsuster, Nicolene wat ook saam met die trein was, was ook bly om die familie weer te sien. Die ouer vrou wat vir ons bekend gelyk het, was van jongsdae op Aurora en Angie was geskok om haar weer te ontmoet na soveel jare. Toe hy klein was, het hy altyd kaarte by haar op Aurora gespeel. Ai, die wêreld is so klein!! En die volgende dag was ons terug! Ja, ons het die toer en geselskap baie geniet. O ja, die vorige oggend het Johanna Kritzinger wat ook saam was, en langs ons kompartement aangebied om lekker boerekoffie vir ons te maak.

En toe ????? Sy het haar koffiefles met koffie plus tee gevul. Ai tog, ons lus was weg!!! En het ons maar self koffie gemaak. Arme Johanna!!! Ja, my ouers het al 7 keer met die trein getoer. Baie lekker! Omtrent 250 mense op die trein. Die toertrein ry nog volgens die programme!!! Die trein = Bosveldtrein. Faks of sms vir ons as iemand belangstel in die treintoere. Faksnommer - 022 4612374 of sms - 083 781 2375.


Koerantberiggie

Retha is my dogter en Siebrits Conradie is haar verloofde Ingestuur deur Marlene Heydenrych van Weskus

Weens onleesbaarheid van koerantberig word dit ongelukkig nie geplaas nie.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville