Make your own free website on Tripod.com









 Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





BETTIE TEUBES HET R16 000,00 AAN DIE KERK SE BUSSIEFONDS GESKENK, HIER IS HAAR ONGELOOFLIKE GETUIENIS HOEKOM SY DIT GEDOEN HET:

21 JANUARIE 1946 / 21 JANUARIE 2002

Op 21 Januarie 1946 is ek na die skool vir Dowes (Nou De La Bat) op Worcester as nege jarige en my broer, Jannie, was agt jaar oud. Ons was besig om doof te word en was eers in die laerskool op Klawer. Ek onthou ons, my pa, ma en twee susters, is die oggend vroeg van Hopefield af waar ons by ons Ouma tuisgegaan het. Ons het deur Bainskloofpas gery en die son was besig om uit te kom. Met my bang hart het die toekoms vir my pikdonker gelyk. Ek het nie geweet wat met my ore verkeerd was nie. Toe leer ek wat doofheid beteken. Die skool het vir my baie beteken. Dit het vir my 'n onbekende wÍreld oopgemaak en my pad het ook na ander lande geloop. My liefde vir stap en berg toe stap het ek by die einste skool geleer.

Ek stap net vir Tafelberg uit tot 25 grade, maar as dit 26 grade is, stap ek gewoonlik rondom Leeukop (Groenpunt, Seepunt, Bantrybaai, Clifton en Kampsbaai) oor Kloofnek terug stasie toe. Op 21 Januarie val ek gewoonlik weer in die stad na Groenpunt. Net voor ek uit die woonstel gestap het, praat ek met die Here: "O Christen wat op Hom vertrou u moet geen dreiging vrees nie. Sal God wat van die hemel skou ons nie 'n toevlug wees nie." Toe ek die deur gesluit het, het ek vir die Here gebid en vir Hom gesÍ: "Here, U weet wat hierdie dag vir my gaan bring. Ek laat my lewe in U hande oor." Ek koop altyd vir my 'n muffin by 'n klein delikate winkeltjie en eet dit as ek heeltemal uit die stad is. Ek het vir die Here baie dankie gesÍ en vir Hom gesÍ dit smaak lekker. Ek het 'n draai gemaak by die kleedkamer op Groenpunt aan die hoofweg. Toe ek daar kom, het daar leeglÍers rondgesit (dit gebeur gereeld), maar ek het niks gevaarlik daarmee gesien nie. Toe ek my rugsak optel, het die deur skielik oopgegaan. 'n Man met 'n mes het tevoorskyn gekom. Ek het gemerk dat daar nog 'n man in die kleedkamer is. Die kleedkamer se deur was toe. Watter kans het ek teen daardie twee mans. Die man met die mes het geld geŽis. Ek het vir hom gesÍ ek is doof en my geld in my rugsak is te min, maar hy bly geld eis. Ons het mekaar in die oŽ gekyk. Alles het deur my gedagtes geflits. Ek lees dikwels dit gebeur met ander mense, maar nou gebeur dit met my ook. Ek is so dankbaar teenoor my Hemelse Vader dat ek goed kop gehou het. Ek wou hom op sy neus slaan, maar toe dink ek aan my spuitkannetjie. Ek het vir hom gesÍ ek sal die geld uithaal. Ek het so afgebuk dat hy nie moet sien ek haal die spuitkannetjie uit nie. Ek het so vinnig as ek kan die proppie afgehaal en gespuit so al wat ek kan in sy oŽ. Daar was 'n rookwolk en hy het vinnig deur se kant toe beweeg. Hy kon byna nie sien nie en het gesukkel om die deur oop te kry. Ek het nader gestaan om nog te spuit, maar hy het sy gesig weggedraai. Tot my ontsteltenis het die spuitkannetjie se proppie afgeval en ek het gegil: "Liewe Jesus, liewe Jesus" Toe die man so gesukkel het om die deur oop te kry, het ek soos blits die proppie opgetel en weer teruggeplaas. Eindelik was die deur oop en kon ek uit hardloop. Ek het my hande in die lug gegooi en om hulp geskree, maar daar was niemand nie. Daar is altyd baie motors in die hoofweg, maar ek was verwonderd omdat daar nie een motor was nie. Ek was verslae. Toe die man sien ek skree om hulp het hy weggehardloop. Ek het besluit om die staptog te voltooi. My gedagtes was baie, baie ver en ek was verdwaas omdat dit met my gebeur het. Toe ek op Seepunt kom, het ek dit vir die Polisie vertel en hulle het gesÍ hulle sal gaan kyk. Ek het weer verder gestap en het besef ek was op Bantrybaai. Die see was so mooi en so rof. Ek het gestap tot op Maiden's Cove waar ek altyd eet en rus. Ek het vir die man wat daar werk gevra of die kleedkamer veilig is. Ek het die storie vir hom vertel. Daar het twee polisiemanne geloop en hy het vir hulle vertel wat gebeur het. Hulle het "JA GOED" geantwoord. Ek het 'n piesang, brood geŽet en tee gedrink, maar dit het alles so sleg gesmaak. Ek is vort Kampsbaai en het langs die pad baie gedink. Peter Marais, Wes Kaapse premier, staan voor die oop grafte van die kindertjies wat op die Kaapse Vlakte vermoor word en hy kyk hoe die moeders huil. Ek het ook gehuil. Ek het aan die plaasmoorde gedink en die drie seuntjies van Ceres wat ook hulle ouers verloor het. Die enetjie het gesÍ sy mammie het hom geleer om vergewensgesind te wees. Ek het aan die misdaad en moeilikhede van ons land gedink. Toe het ek van Kampsbaai af opgeloop na Kloofnek. Ek kon dit aanvoel Jesus stap saam met my. Bokant my kop was 'n groen kaart met die swart blokletters: "KOMBI". So het dit aangegaan: "Kombi, kombi, kombi" met Liewe Jesus langs my. Ek het daaraan gedink ek het baie goeie rente van Sanlam gekry. Liewe Jesus het voor my ingeloop soos ek dit kon voel. Ek het vir Hom gesÍ: "Ja Here, ek sal die R16 000,00 gee". Skielik het daar 'n swaar pak van my afgeval, my verstand was helder en ek het vir myself gelag. Toe dink ek ons land is vol doodslag, moord en verkragtings, maar nogtans sal ek jubel omdat ek in Suid-Afrika woon. Ek het 'n ent gestap en aan die mes gedink, maar Liewe Jesus was gou by en het vir my gesÍ: "Bettie, Ek het van lankal af, van ewigheid af al besluit om vir jou te bewaar." Ek het rustig geword en weer verder gestap. Toe het ek besef ons in Suid-Afrika en die wÍreld moet bid, bid en nogmaals bid vir vrede in ons harte en vrede op die wÍreld. Nogtans sal ek jubel in die naam van Jesus Christus. So vyf minute voor ek by Kloofnek gekom het, was alles vir my verby en kon ek jubelend afstap stasie toe. Maandag / Dinsdagnag kon ek rustig slaap. Ek het Dinsdag voreg opgestaan, Sanlam toe geloop en die geld laat oorplaas op my bankrekening. Ek is bly en voel gelukkig.

Bettie Teubes het ook nou onlangs in Februarie maand operasie ondergaan en sy is nou baie beter. (Bettie, namens ons gemeente en Dowe Fokus lesers wil graag vir jou baie dankie sÍ vir die groot bydrae wat tot die kombifonds geskenk het, mag God dan ook meer spesiale seŽninge vir jou gee en dat jy elke Sy liefde ervaar - Red)


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville