Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





GEESTELIKE VOEDSEL

Fillipense 4:13 - "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."

DIE MIER EN DIE KONTAKLENS

Brenda, 'n jong meisie, word een dag deur 'n groep vriende uitgenooi om saam met hulle te gaan bergklim. Alhoewel sy swaksiende en bang vir hoogtes was, gaan sy tog saam.

Hulle klim teen 'n hoë steil krans uit en halfpad op teen die krans, breek die veiligheidstou en die punt slaan Brenda teen haar oog - so hard dat sy haar kontaklens verloor. Daar staan sy toe op 'n smal rotslys met honderde meter rots bokant haar en honderde meter afgrond onderkant haar!
Haar sig was baie swak en sy voel oral rond op die lys in die hoop om haar kontaklens te kry, maar vergeefs. Al wat sy kon doen was om te bid dat die Vader haar moet help!

Toe haar vriende haar uiteindelik bo-op die krans het, het almal help soek of die lens nie miskien iewers aan haar klere vasgehaak het nie, maar daar was niks. Brenda staar met benewelde sig oor die berge - reeks op reeks tot in die verste verskiet - en dink aan die teks in die Bybel waar dit staan dat die oog van God alsiende is. Sy bid toe: "Here, as U al hierdie berge kan sien, elke klip en elke blaar ken, dan weet u mos waar my kontaklens is. Help my asseblief!"
Later stap die geselskap weer na die kloof onderkant die krans waarteen hulle die oggend opgeklim het. Onder in die kloof ontmoet hulle 'n nuwe groep stappers wat gereed maak om ook teen die krans uit te klim.
Skielik roep een van hulle verrras uit: "Haai, het een van jule dalk 'n kontaklens verloor?" Almal was baie verras dat die lens gevind was maar te meer oor die rede hoekom die stapper die lens raakgesien het. 'n Mier het op daardie oomblik stadig oor die rots reg voor hom geloop - besig om die kontaklens te dra!
Brenda se vader was 'n kunstenaar en toe sy hom hierdie merkwaardige storie vertel, teken hy dadelik 'n mier wat worstelend 'n kontaklens dra met die woorde: "Vader, ek weet nie waarom U van my verwag om hierdie ding te dra nie! Ek kan dit nie eet nie en dis baie swaar! Maar as U van my verwag om dit te dra, sal ek dit vir U doen." Ek dink dit sal wonderlik wees as ons partymaal vir God sal sê: "Vader, ek weet nie hoekom U van my verwag om hierdie las te dra nie. Ek kan nie die nut daarvan sien nie en dis baie moeilik. Maar as U dit van my verwag, sal ek dit vir U doen."

Onthou, God roep nie net bekwames nie, hy maak die wat hy geroep het, bekwaam!





Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville