Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





NUUTSTE NUUSBROKKIES UIT DIE DOWE GEMEENSKAP

Bettie Theubes se verhaal
SA Dowes Rolbal Kampioenskap
Fotos van Lynn en Yandi se troue

WYK 1 SE BROKKIESNUUS

Jaco Hanekom - Bellville -Rentia, my vrou, se pa, Danie, het op Maandag, 4 Februarie 2002 dokter toe gegaan. Hy het nie lekker gevoel nie, moeg ens. en het gedink dit is miskien die suikersiekte. Dokter het gesê dat hy moet Bloemfontein toe gaan om die hartspesialis te sien, want dokter dink die hart is nie reg nie. Haar pa moes toe pak en self bestuur Bloemfontein toe. By die hospitaal het die dokter uitgevind dat 3 are verstop was en pas moes 3 dubbele hartomleiding kry. Ons het baie gebid, want dit gevaarlik om operasie te doen as die pasiënt suikersiekte het. Hulle moes 3 are uit sy been haal om in die plek van die 3 verstopte are te sit. Alles het gelukkig goed afgeloop!
Danie se broer het hul teruggeneem na Welkom. Pa het weer begin sleg voel en op Maandag, 11 Februarie is hy weer dokter toe. Longontsteking, dokter het vir ma gesê dat sy hart vergroot is en longe vol water, moet dadelik Bloemfontein toe na spesialis. (Pa het nie daarvan geweet nie). Dokter het in Bloemfontein hom ondersoek. Gelukkig lyk die hart goed. Net water op longe en longontsteking. Hy bly in hospitaal met drup ens, maar hy sê hy voel al beter. Ons bly maar op ons knieë om te bid dat die Here pa en ma sal bewaar en pa gou gesond sal maak. Dankie Here!
Tannie Bosman - Het by Bettie Teubes besoek - sy lyk al baie beter, dit gaan goed met tannie Bossie en Marius.
Met Petrus en tannie Elize van Bellville gaan dit ook goed. Stuur groete aan almal.

JEUGWYK 2 SE BROKKIES NUUS

Gerna van Graan - Brackenfell - Sy is baie opgewonde dat sy aan die einde van die maand by die studentewoonstel gaan trek. Die adres is John Gainsfordstraat 16, Brackenfell. Sy bly naby die kollege waar sy studeer. Die huis is omtrent 2 huise agtermekaar naby haar kollege. (Dit is 'n studentehuis).
Nicky du Plessis - Bellville - Die jeugwyk het op 13 Februarie 2002 'n Valentynsbiduur gehad by Hein en Igma van der Merwe se huis. Ds. R. Hough het die biduur gelei. Almal moes rooi en wit aangetrek het. Dit was vol pret gewees. Ons het twee geestelike liedjies van liefde gesing. Die preek was oor 1 Korintiërs 13. Ons het elkeen sjokolade onder mekaar gedeel met die boodskap met enige vorm van liefde. Dit was 'n geseënde aand en ons het met lekker koek en tee afgesluit. Ds. Hough het sy oulike rooi strikdassie gedra, hoop ons kan die foto in die volgende nuusbrief plaas.
Johan en Pieter van Zyl - Welgemoed - Hulle het saam met dowe vriende Desember vakansie gehou by Plettenbergbaai, Knysna en Jeffreysbaai. Hulle het dit baie geniet en het baie lekker geswem en het lekker in die dorp rondgeloop. God het hulle geseën dat hulle weer veilig in die Kaap is.
Truter Bothma - Panorama - Hy het laat weet dat Hugo Relling op 12 Maart sy diploma gaan kry. Die skoolverlaters sal by hom besoek en ander mense is ook welkom om te kom kyk. Hugo werk tans by Kroonstad.
Hy wil ook sê: "Aan al die rugbymal manne, die Super 12 rugby het begin!"

WYK 7 SE NUUSBROKKIES

Bernadus en Jeanette Meiring - Paarl - Geseënde en Voorspoedige Nuwe Jaar 2002 vir julle almal en ook Ds. Hough, Jean en 2 seuns, ook Prop. Neil en Nicky du Plessis. Mag Here baie baie geseënde en gelukkig vir julle almal. Ja, Here het regtig so baie baie lief vir julle almal voor julle gebore is. Ons moet altyd baie dankbaar en blydskap dat Here grootste geskenk vir ons almal gegee en is gesterf aan die kruis. Vertrou op Here sonder ophou. Kobus en Dina en 2 dogters Greyling het in Desember maand 2001 ons strandhuis gehuur tot Januarie 2002. Hulle het baie goed gelyk ná hulle se goed uitrus. Ons was 31 Desember in Saldanha tot amper einde Januarie. Thysie en Leona Carstens stuur baie liefdegroete vir julle almal daar.
Naamlose brief - Paarl - Ek stap en drag elke dag ou Perdeskoen en ook my hond. My bene is so seer. Dit is lekker vir my.
Louw en Sophie Le Roux - Wellington - Ons kleindogter het op 3 Januarie 'n groot motorongeluk gehad. Ons is vir die Here baie, baie dankbaar dat sy lewe en dat sy nie verlam is nie deur dat haar agternek amper gebreek en dit is in gips. Sy moet vir 6 weke nekstut dra. Die motor is afgeskryf. Sy gaan nou vir die eerste jaar kollege toe en leer vir die onderwys.
Hannes en Manuella van Zyl -Ek en Mannuella bly lekker in ons nuwe huisie. Net baie werk om gemors, gras uit te haal voor ons gras plant. Daar is al 4 intrekkers, hulle gaan 41 huise by ons bou.


Hoekom is Paasfees elke jaar op 'n ander datum?

Die Paasfees soos ons dit vandag hou, is die fees wat ons vier wanneer ons dink aan Jesus wat gekruisig is, maar daar was al klaar 'n Paasfees voor daardie tyd. Ons lees dat Jesus op die Paasfees gekruisig is. Die eerste Paasfees was gevier in Egipte, meer as 2000 jaar voor Christus. Toe was die Israeliete slawe in Egipte. Die Here het vir Moses gesê hy moet bid, en dan sal die Here 10 plae stuur om die mense van Egipte te straf. Die tiende plaag was dat die oudste seun van elke huis van die mense in Egipte sal sterf. Maar die Here het vir die Israeliete gesê elke huisgesin moet 'n skaaplam slag en dit eet, en hulle moet die bloed smeer teen die deur. En daardie aand, as hulle huis se deur bloed aan het, dan sal die oudste seun in hulle huis nie sterf nie. Die Here het sy volk toe daardie aand gered, en die Israeliete het daardie wonderwerk van die Here elke jaar gevier, dit was die Paasfees, die woord kom van die Hebreeus wat beteken verbygaan, die engel wat die mense gestraf het, het verbygegaan, en hulle nie gestraf nie. Maar hierdie wonderwerk, het gebeur toe die maan vol was. En daarom het die Jode hierdie fees elke jaar gehou op die Vrydag, hulle Sondag, net na die volmaan wat na daardie datum is. Daarom wag hulle elke jaar tot na middel Maart, en dan is Paasfees op die Vrydag na die eerste volmaan, en daarom verander die datum elke jaar, omdat die maan nie altyd dieselfde tyd vol is nie.


'N GROOT VERLIES VIR ONS GEMEENTE

Cisca Cilliers van Kuilsrivier is Vrydagaand die 15de Februarie in die Tygerberg hospitaal aan lewerkanker oorlede. Sy was baie maal in haar lewe siek en het die laaste tyd ook baie erg arthritus gehad en haar hande het inmekaar getrek. Sy was baie lief om koeke en terte te bak, vir die basaar en vir baie ander mense. Sy het gereeld met mense se verjaarsdag 'n tert vir hulle gebring en sy was nooit lui om te gesels nie. Cisca was 67 jaar oud en sy en Stef was 44 jaar getroud. Sy was 'n mooi gelowige mens en het gereeld die kans gebruik om voor in die kerk te kom staan en bid, al het haar hande baie gepyn.Die roudiens is gehou op Dinsdag 19 Februarie en wanneer haar plaat klaar gemaak is, sal dit ook voor by die kerk teen die muur van herinnering aangebring word. Cisca was altyd fluks met die bak vir die basaar - daar was verskillende poedings wat sy gebring het. Die heerlikste gebakte poeding! Probeer gerus sodat ons almal kan waardeer omdat sy gewillig was om die resep uit te deel. Dink wat 'n wonderlike mens tannie Cisca was. Hier is 'n resep van Cisca uit haar eie handskrif, soos ons altyd vir haar sal onthou.


OULIKE SYFERS

Mooi jaar in 2002! Let op dat daar baie 2's in die jaar 2002 is, bv.:
Anza Marais se verjaarsdag - 2002-02-02
Johan en Zita se dogter, Erna - 2002-02-20
Louis Koorts - 2002-02-02

Wie is die volgende?


Nuwe predikant

Op Vrydagaand, 22 Februarie 2002 was Ds. Mia Potgieter bevestig by Worcester, De La Bat Kerk, Sondag, die 24ste Februarie as haar eerste intreepreek, sy is nou die tweede predikant by Worcester De La Bat. Baie geluk, Mia en baie welkom by die dowes.



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville