Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002






Ek kan nie: "Onse," sê as ek vir myself leef nie.
Ek kan nie bid: "Vader," as ek nie Sy kind is nie.
"Wat in die Hemel is," as ek nog aardsgebonde is nie.
"Laat U naam geheilig word," as ek dit eidelik gebruik nie.
"Laat U wil geskied," as ek altyd my eie sin wil hê nie.
"Gee ons ons daaglikse brood," as ek spandabelrig leef nie.
"Vergeef ons ons skulde," as ek nie berou het nie.
"Soos ons ons skuldenaars vergewe," as ek in kwaaivriendskap leef nie.
"Lei my nie in versoeking nie," as ek met sonde speel nie.
"Aan U behoort die koninkryk," as ek Jesus nie dien nie.
"En die krag," as daar nog vrees in my hart is nie.
"En die heerlikheid," as die eie ek in my lewe regeer nie.
"Tot in ewigheid," as ek Sy koms nie verwag nie.
"Amen," as ek dit nie glo nie.


"SO MOET JULLE BID:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag
ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredinge
soos ons ook die vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van die Bose."

Matteus 6:9-13 (Die Bybel, Nuwe Vertaling 1983)




Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville