Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





ROLBAL

SA Dowes Rolbal Kampioenskap is weer om die draai. Die keer sal die kampioenskappe by Johannesburg plaasgevind word. Waar en Wanneer??? Die omgewing is by Rooseveld, Park Rolbal Klub, Johannesburg vanaf 28 April tot 3 Mei 2002.
Raysford Cruywagen het aan WP Novice Enkels Kampioenskap deelgeneem en baie goed gevaar. Hy is toe in semi-finaal uitgeskakel, en die telling was 20-21. So lyk die uitslag tot in semi-finaal.

6 JANUARIE 2002 BY RONDEBOSCH
Wen 1ste rondte 21 - 8 vs K. Parker (Bergvliet)
Wen 2de rondte 21 - 12 vs J. Hulse (Jagger)

13 JANUARIE 2002 BY ALTLANTIC
Wen 3de rondte 21 - 11 vs L. Truter (Meadowridge)
Wen 4de rondte 21 - 1 vs W. Middleton (WPCC)

20 JANUARIE 2002 BY EDGEMEAD
Wen in kwarteindstryd 21 - 9 vs G. Richardson (Constantia)

3 FEBRUARIE 2002 BY CONSTANTIA
Verloor semi-finaal 20 - 21 vs J. Middleton (WPCC)

(Arme my vrou, Christa se senuwees was gedaan hoe sy my in semi-finaal gespeel het.)

BOODSKAP AAN WINSTON SWARTZ

Soos die meeste mense weet dat Winston vir heup se operasie ondergaan het op 31 Januarie.
Winston, baie sterkte vorentoe. Ons bid vir jou en word gou gesond. Ons mis jou al klaar op die rolbalbaan.

Ingestuur deur Raysford en Christa Cruywagen van Goodwood

(Boodskap aan Winston Swartz - Namens ons Dowe Fokus is ons almal saam bly dat die Here se genade vir jou genoeg is en dat jy weer so gou gesond geword het, mag die pad vorentoe vir jou mooi wensinge inhou - Red)


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville