Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
  - Terugvoering
  - Fotos
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





Ek het die kamp terdeë geniet. Lekker om weer by my ou koshuis oor te slaap.Die kos was ook baie lekker gewees. Ek glo dat ons Kerkraad vanjaar lekker saam sal werk en dat ons soos kinders van God vir ander mense sal dien en help. Ek dink amper die kamp was die beste waar ons lekker saam gewerk het en goeie besluite geneem het. Ons wil probeer om vanjaar ons beste te maak vir ander mense soos wat God wil he. Bid asseblief vir ons kerkraad en vir die gemeente sodat ons lekker saam sal werk! Ek wil ook vir Lynette Nel en Ds. Hough dankie sê vir hul voorbereiding vir die jaar om ons kerkraad se werk makliker te maak.
Marisa du Plessis

My kerkraadskamp was ongelooflik baie lekker gewees. En ek het dit baie geleer uit ernstige sake wat ons beplan het. Dit is God se Wet wat ons moet doen vir ons gemeente. God weet, ons kerkgemeente het "koud" geword. Nou moet ons kerk- raadslede vir die mense wys wat ons kan doen om beter te maak om die mense terug te bring na ons kerk toe. Ons sal meer huisbesoeke doen. Ons wil baie graag hê, ons De La Bat Kerk gemeente moet vir mekaar ondersteun en baie liefde gee vir mekaar. En dat ons meer geestelike voedsel kan kry. Ons moet vertrou op God, dit kom BO se genade van God af. Hy gaan ons help. Namens, gemeentes, ek bid vir julle almal. Ek mis julle as ons gemeente. Ons moet honger wees vir God se boodskap. Dit is groot wonderlik om van God se Woord te luister. God is baie lief vir ons kinders. Ons moenie van Hom vergeet nie. God seën julle.
Naomi Lambrechts

Dit was vir my 'n groot ervaring gewees om deel te wees van die kerkraadskamp, ek het maar snaaks gevoel om weer by my ou skool te wees, maar ek kon toe gelukkig vir my man alles vertel wat ek alles by die skooldae beleef het en dat hy self ook in een van my ou koshuise geslaap het. Die kamp self was vir my baie verrykend gewees en baie dinge geleer en ook baie besef dat daar krake in ons kerk en gemeente is, ek sien baie uit daarna om deel te wees van die kerk en die gemeente. Ek, Naomi en Carma het toe weer een van ons ou onderwyser, Mej. E. Roux (ook een van die Bybelvertaler) gaan kuier, sy was baie verrassend gewees toe ons vir haar gaan kuier het). Ek sal die naweek nooit vergeet nie.
Nicky du Plessis

Dit was vir my altyd baie lekker om elke jaar kerkraadskamp te hou. Vanjaar was vir my die lekkerste en beste kamp gewees, want ons het baie goed, lekker en ernstig saamgewerk wat ons vanjaar moet doen om ons kerk gesond te hou. Ek was die leier van die kamp (3 jaar) - almal het baie mooi saamgewerk. Ek wil vir al die kerkraadslede baie dankie se dat julle gehoorsaam was en lekker saamgewerk het om alles skoon te maak, ens. Ek waardeer dit baie. God het ons by die kamp baie ryklik geseën. Nou wil ek vir julle (gemeente) baie mooi vra dat julle vir ons kerkraadslede moet bid om die krag van bo af te kry om die moeilike werk te doen soos wat God vir ons gevra het. Julle moet asseblief baie mooi saam met kerkraadslede werk en aanmoedig.
Hein van der Merwe (Kampleier)


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville