Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






Gemeentenuus

[Wyk 1] [Wyk 2] [Wyk 3] [Wyk 4] [Wyk 6] [Algemene nuus]

ANDER ALGEMENE GEMEENTENUUS

Nuus uit die Kerkraad

Op Christen-dag op Nuweland - 21 Maart 2002   [Fotos]

Die dag was wonderlik gewees! Daar was baie mense gewees op Nuweland. Daar was Engelse en Afrikaanse dowes op Nuweland gewees. Ons het geluister na tolke en ook gesing. Ek wil baie dankie sê vir Rentia dat sy getolk het vir ons. Wie was almal daar? Naomi, Lynn, Wendy, Rentia, mev. en Ds. Hough, Tannie Sue en Tannie May was daar. Dit was fantasies om van God te hoor. God is Groot Almagtig. God is baie lief vir sy mense. Dit maak vir die mense baie opgewonde. Hoop volgende jaar 2003 moet daar meer dowes kom om te luister. Ek was bly dat ek saamgegaan het, dit was vir my die eerste keer.


RUSOORD NUUS

Pannekoekverkoping by Pick and Pay Sanbel

Die ouetehuis kommittee het Saterdag, 27 April weer 'n pannekoekverkoping by Pick and Pay Sanbel gehou. Die verkoping het goed afgeloop. Hulle het altesame R730,00 gemaak. Martie Spence wil vir al die helpers baie dankie sê vir hulle harde werk en bystand. Ons gaan weer bak op 25 Mei 2002. Ondersteun ons asseblief.

Oefeninge vir dowe bejaardes van Rusoord

Een van die lede van die ouetehuis kommittee, Magda Spence, bied nou elke Saterdag gratis ligte oefeninge aan vir al die inwoners van die Rusoord en De La Bat wooneenhede. Die oefeninge is spesiaal saamgstel en is ideaal vir bejaardes om hulle nek, skouers, arms, bene ens te versterk. Die oefeninge word by die Rusoord aangebied. Enige vrae, belangstellings, faks gerus vir Magda Spence by (021) 919 1462.
Ingestuur deur Martie Spence


HEERLIKE NAWEEK GEHAD BY STRANDFONTEIN OP 1- 3 MAART 2002

Wie was almal daar? Naomi, Anita, Jo-anne du Plooy, Karin Burger, Danie du Plooy, Johan van Zyl, Stephanus Burger en hulle kinders was daar. Anita het die strandhuis gehuur in Strandfontein. Vrydagmiddag het ek, Jo-anne, Danie en hulle seuns saam met Johan gery tot Strandfontein. Ons het lekker laat gekuier in die aand, baie gesels en baie gelag. Saterdag was die weer lekker warm gewees. Die kinders het lekker met die sand en water by die see gespeel. In die middag het ons vroumense lekker "getan", en baie gesels. Saterdagaand het Stephanus en Karin (by hulle strandhuis) vir ons genooi vir die heerlike potjiekos en Johan se warmbrood. Ons het lekker saamgekuier en baie gelag en baie foto's geneem. Sondagoggend laat opgestaan, ons het bietjie gestap na die speelparkie waat die kinders rond gebaljaar het. Sondagmiddag het ons braaivleid gehou by ons strandhuis en Stephanus en Karin was ook genooi. Ons het baie gesels en gelag veral die meeste vir Danie. Hy was "mal" gewees. Sondagaand het ons die strandhuis skoongemaak. Ons het vir Anita gegroet dat sy en haar kinders teruggaan na Lutzville toe. Ons het almal lekker saamgekuier. Ons was op pad terug Kaap toe en net voordat ons vertrek van Vredendal af, het ons gou koffie gedrink by Stephanus hulle se plaas, en daarna om 8 uur het ons vertrek terug Kaap toe en omtrent halftwaalf in die aand in Kaap aangekom. Ons was almal baie moeg gewees. Danie en Jo-anne het dit geniet! Sien die foto van ons vriendinne - Jo-anne, Naomi, Karin en Anita. Was die lekkerste naweek gehad!!!!!!!!
Ingestuur deur Naomi Lambrechts


Jo-anne du Plooy, Naomi Lambrechts, Karin Burger, Anita


OU VRIENDE KUIER LEKKER SAAM

Paasnaweek het Thysie en Leona Carstens va Saldanha in die Baai gekuier en weer met ou vriende Esther Dangers kontak gemaak. Hulle het ook by Kobus en Dina hulle gekuier en lekker pizza in die restaurant geëet.
Ingestuur deur Dina Greyling van Port Elizabeth

Thysie Carstens, Dienie(dogter), Dina Greyling
Kobus Greyling, Marie(dogter>, Leona Carstens


STERFGEVALLE

  • Hendrik Truter (Pieter se broer) van Wellington is oorlede, hy was 80 jaar oud.
  • Ou onderwyser van De La Bat Skool, Juf. Van der Vyfer (83 jaar oud) is oorlede, die roudiens was by Hartenbos gehou. (Hieronder is die beriggie)
  • Johannes Mouton van Rusoord is op 29 April 2002 oorlede, hy het twee kwaai beroerte aanvalle gehad, hy rus nou in vrede.


SIEKGEVALLE

  • Elmora Smit se ma het op 21 April 2002 'n hartaanval gehad, was opgeneem hosptiaal toe, maar sy is nou weer beter en is tuis.


WYKIE GOUS DEEL SY STORIE OOR SY SEUN, MARTIN

Martin is ontstellend aktiewe seun. Net om te luister na alles wat hy al gedoen het en nog wil doen, put die kinders en onderwysers in De la Bat skool uit. Dan wil ek nog 'n boek skryf ook. Om die waarheid te sê Martin is besig met die boeke. Ek het dit as 'n kortverhaal begin maar nou is dit al amper so lank soos 'n roman. Een ding is seker, die dae is vir ewig verby dat De la Bat skool net op grond van uiterlike leerlingraad gekies word. Martin (13 jaar oud) wat pas as die nuwe leerlingsraad aangewys is, is 'n slim seun, Martin is nou graad 6 in die skool. Verlede jaar het ek die prysuitdeling by die skool bygewoon. Martin het die beste vakke diploma gekry. Afrikaans 86%, Engels 88,6%, Menslike en Sosiale 88%, Kuns en Kultuur 88% en Wiskunde 81%. Hy het ook beste in Laerskool tot graad 8 Afrikaans diploma en pryse gekry. Dit was vir my 'n skok toe my kind Martin uitgeroep. Hy sukkel om die trane terug te hou want ek was in die gehoor en hy het geweet hoe trots Pa op hom was. So dink ek, hy is baie haastige slimkop maar Martin wil my kop op die blok sit. Proponent Mia Potgieter was die oggend op luisterryke wyse deur Martin verwelkom en daarna deur Lewensruimte se inwoners wat sy op 22 Februarie 2002 as leraar van die gemeente bevestig met spesiale opdrag Lewensruimte vir Dowes - (word vervolg op die volgende bladsy)

Verlede week Woensdag het ek die ouervergadering in De la Bat skool gekom om verskeie onderwysers te ontmoet. Toe het ek weer geskok om te hoor en dadelik weggeloop en gehuil omdat die onderwysers vir my gesê dat Martin is baie groot kop baie slim. Ek het weer na Martin toe om geluk te wens (Martin skrywe) maar hy wil net vir God dankie sê dat die Here vir my dwarsdeur die vorige jaar gehelp het met my skoolwerk. Dan wil ek vir my pa, Wykie, ouma Corrie en my broer Stefan dankie sê vir jul harde werk om my te help. Ek sê ook vir al die gemeente dankie dat julle vir my gebid het. Ek hoop hierdie jaar is weer dieselfde. Beste en liefde Martin.
Ingestuur deur Wykie Gous


Skenking van video masjien:

Kallie Behm, wat ons video-masjien en kamera elke Sondag in die eredienste hanteer, het by die kerkraadsvergadering laat weet dat ons video-masjien nie meer wil werk nie. Nog voordat ons kon dink aan hoeveel 'n ander sal kos, het Bernadus Meiring gesê dat hy 'n video-masjien by die huis het wat hulle nie gebruik nie, en Dondag oggend, toe bring hy die masjien vir ons. Baie dankie Bernardus en Jeanette.

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville