Make your own free website on Tripod.com

 Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






  1. Eerste vervolg
  2. Tweede vervolg
  3. Derde vervolg
  4. Laaste vervolg
HIER IS DIE EERSTE VERVOLG VAN DS. A.B. RETIEF SE OORSIG VAN ARBEID ONDER DOWE LIDMATE VAN DIE N.G. KERK KAAPLAND

INLEIDING

VroeŽ geskiedenis

Op die Sinode van 1949 het daar 'n aansoek, by wyse van 'n versoekskrif, gedien waarin gevra is dat daar 'n geestelike arbeide om onder hulle te werk, beroep moet word. Hierop het 'n aanbeveling gedien dat so iemand beroep moet word. Die opdrag om te beroep het tot die kerkraad van Worcester gekom. Hulle sou natuurlik geen finansiŽle verpligtinge in hierdie verband hoef te dra nie. Met hierdie beroeping sou die beroepe in ville kerkverband geplaas word en die predikant sou dan ook sitting op die Ring van Tulbagh hÍ. Met hierdie arbeid het ons op 1 April 1950 begin. Laat ons dit nou ook hier sÍ dat dit 'n geloofsdaad in alle opsigte was. Dit was baanbrekerswerk in die ware sin van die woord. Daar het nog niemand vantevore in hierdie werk gestaan nie. Die weg moes dus maar gevoel word. Ons moes in hierdie werk met ons eie metode begin. Ons wil egter nie die geleentheid laat verbygaan, om melding te maak van die waardeerde dienste wat ds. Gawie de La Bat, skoolhoof van die Skool vir Dowes, Worcester, destyds gelewer het nie. Hy het nie sonder opoffering in die verlede van tyd tot tyd die Dowes van die Skeireiland met die Woord en Sakramente kom bedien. Dit was ook gedurende daardie jare dat die dowes 'n klein neseiertjie kon opbou, wat later sou dien om die intensiewe arbeid (spesifieke werk) te kon laat plaasvind.

1. Omvang van Gemeente

Die gemeente wat ons tot ons bediening gehad het, het die hele Kaapland en S.W.A. ingesluit. Dit wil sÍ dit omvat 594, 838 vakante myl en hou 285 gemeentes (volgens Jaarboek 1952) in. Die verste afgelei lidmaat bevind hom in die gemeente Grootfontein S.W.A. d.w.s. 1,708 myl of 3416 myl retoer, vanaf ons basis, Kaapstad, gereken. Die gemeente behels + 400 lidmate. Volgens ons lidmaatgetal is hierdie gemeente groter as baie ander gemeentes met afgebakende en gevestigde grense. Om die presiese getal lidmate te bereken, was maar moeilik. Daar is bv. dowes wat met horendes getroud is en dus die getalle nog sal opstoot as ons hulle byreken. Dan is daar ook nog voortdurende verhuisinge.

2. Omvang van Arbeid

Ons het die eerste instansie die geletterde dowe wat reeds die skool verlaat het tot ons rekening gehad - lidmate van die N.G. Kerk. Die meeste van hulle is in die stede werksaam omdat die moontlikheid van 'n verdienste in die stede soveel groeter en beter is. Hulle is ten minste van 'n redelike inkomste verseker omdat die werkers-unies daarvoor sorg dra. Dit was dan hoofsaaklik om hierdie rede dat ons na Kaapstad verhuis het, sodat ons naby hulle kon wees en sodoende hulle met die beste raad en daad te bedien. Bellville het ons basis geword waarvoor ons dan gewerk het. Ook hier het die Here vir ons onderneem, want is met al die moontlik adresse voorsien deur 'n dowe man, wat deur die loop van die jare, die vergadering van die adresse van dowes, as stokperdjie gehad het. Op sy eie gedrukte navraag- vorms het hy baie honderde van adresse tot sy beskikking gehad. Op ons eerste rondte met huisbesoek het hy meegegaan omdat hy Kaapstad op die punt van sy vingers ken. Sonder hierdie vriendelike hulp sou die werk baie stadiger gevorder het. Ons het darem ook feitlik by elke predikant van die Kaapse kerk navraag gedoen na die name van dowes in hulle gemeente om hulle later op te soek. Langs hierdie weg het ons ook talle ongeletterdes opgespoor van wie se bestan ons nooit anders te hore sou gekom het nie. Di een dowe in 'n dorp weet gewoonlik ook van an alle ander dowes in daardie dorp of distrik, geletterd of ongeletterd. Op hierdie wyse kon ons die hele van Kaapland en S.W.A. (ons gemeente) fynkam. Ons het altyd probleem om ons vertroue deur hulle te laat wen, veral waar ons soms as 'n soort van "inspekteur" aangestaan is.

3. Wat die werk in Kaapstad ingehou het:
3.1 Instandhou van Eredienste

Met die toetrede tot hierdie arbeidsveld het, is dadelik met die instandhou van die erediens begin. Dit het sy eise aan die kerkganger gestel vanweŽ die groot afstande wat na die kerk afgelÍ moes word. Om hierdie rede is daar dan ook nooit twee Sondae agtereenvolgens in dieselfde kerkgebou gehou nie. Dit sou beteken dat dieselfde lidmaat nie elke Sondag so ver hoef te ry om by die kerk te kom nie. Met die verhoogde bustariewe op Sondae kos dit nogal heelwat om by die kerk te kom. Ek wil hier een geval noem van twee van ons lidmate wat bykans 130 myl ry, om by die kerk te kan kom. En tog, hierdie opoffering is vir hierdie man en vrou vreugde. In hierdie verband moet ook melding gemaak word van die goedgunstige verlof van die kerkrade van die Skiereilandse gemeentes wat hulle kerkgeboue se onvoorwaardelik tot die beskikking van die hou van sulke dienste aan ons geleer het. Waar ons uitsluitlik van hulle welwillendheid afhanklik was ook ten opsigte van die gebruik van kerklike goedere, waardeer ons inniglik. Tot aan die einde van Julie 1952 kon 89 dienste waargeneem word met 'n totale bywoning van 4393 siele en 'n gemiddelde bydrae van 1/- per lidmaat per lidmaat wat die dienste bygewoon het. Wat die inrigting van so 'n diens betref moet dit beklemtoon word dat die orde van die diens in alle opsigte dieselfde is, as diť waaraan u in u eie gemeente gewoond is, uitgenome natuurlik dat daar nooit orrelspel en sang is nie. Die dowe het daaraan natuurlik niks nie. Daar is geen koor- of gemeentelike sang nie, omdat dit onmoontlik is. In diť verband moet ook genoem word dat behalwe in die geval van die aflÍ van die geloofsbelydenis daar nooit gestaan word nie, omdat die dowe "hoor" deur wat hy sien. Sou sy gesig van die predikant belemmer word bv. deur iemand wat voor hom staar, dan sou hy of sy daardeur verhinder word om te "hoor" wat die prediker sÍ. Groepe van hoorders in so 'n diens vir dowes kan in drie groepe verdeel word:
(a) Diegene wat die spreek- en lippetaal magtig is
(b) Diegene wat die Gebaretaal magtig is
(c) Die gewone normaal horende.

(a) Die wat spreek en lippetaal magtig is:

Hierdie groep "hoorders" is die bevoorregtes wat in die nuwere metode aan die Skool vir Dowes onderleg kan word. Hierdie dowes hoor geen woorde nie, maar volg wat daar gesÍ word deur die spreker of prediker se lippe dop te hou. Hoe stadiger jy praat en hoe beter jy die lippe gebruik in die mate word daar dan ook deur hulle beter gevolg wat gesÍ word. Langs die aanwending van hierdie spreektaalmetode word die dowe so na as moontlik aan die normaal- horende gebring. Die verdere voordeel is dat diť dowe hom ook verstaanbaar kan maak teenoor horende mense wat die gebaretaal nie magtig is nie en daarvoor ook niks verstaan nie. Hierdie groep "hoorders" volg dan net van die predikant se lippe wat hy sÍ.

(b) Diegene wat net die Gebaretaal magtig is:

Hierdie metode van "praat" omvat beide die gebaretaal en die spelling van woorde op die vingers. Dit was die eerste en ouere metode waarvolgens die dowe geleer het. In verband met die gebaretaal wil ons dadelik sÍ dat seker die moeilikste, ja, byna onmoontlik is, om aan te leer omdat dit 'n baie ingewikkelde stelsel is. Interessant is dit om op die volgende te let: gebaretaal het geen hulpwerkwoorde nie, geen vervoeging van die werkwoord nie dit wil sÍ daar is bykans geen tydsvorm- of wyseverskil nie. In die gebaretaal is daar ook geen verbuiging van bywoorde, geen lidwoorde of koppelwoorde nie en slegs 'n baie beperkte gebruik van die persoonlike naamwoorde. Wat diť taal nog meer ingewikkeld maar is die feit dat dieselfde gebaar dikwels verskillende woorde kan voorstel. Dit is 'n taal wat jy ook maar byna snelskrif kan noem in dit gaan geweldig vinnig en kos konsentrasie. Gesigsuitdrukkinge speel ook hier 'n rol - dit moet die erns waarmee jy dinge sÍ beklemtoon. Gebaretaal het ook sy nadeel, omdat dit deur uiters min mense verstaan word en ook gebruik kan word. Diť metode issoleer die dowe dus in 'n baie groot mate van die gemeenskap van horendes. Sodra diť dowe dus in 'n baie groot mate van die gemeenskap van horendes. Sodra diť dowe hom buite sy kring beweeg voel hy eensaam en alleen. Terwyl daar nou iets aan die gebarestelsel geskryf word, moet ook net verwys word dat ons gebarestelsel albei die hande vereis. In die spelling van woorde gebruik ons die vingers van albei hande. Daar is ook nog 'n ander stelsel die sogenaamde Eenhandalfabet - slegs die vingers van die een hand word gebruik en sodoende gevorm dat die hele alfabet daarmee aangedui kan word. Hierdie groep hoorders volg presies dieselfde dinge op die hande wat die andere van die lippe volg. In die preke moet die ewige waarhede so gebring word dat dit vir almal se bevatting vatbaar sal wees. Beeldende taal, intonasie en modulasie is vir die dowe nutteloos. Verder moet jy ook die segging laat aanpas. Dit bly maar altyd 'n moeilike saak om abstrakte begrippe langs die weg van die hande te stel.

(c) Die Gewone normale Horende:

In die eredienste wat vir die dowes gehou word gebruik ons ook die hoorbare stem. Met ander woorde diegene wat uit belangstelling so 'n diens vir dowes bywoon sal ook alles kan volg, wat met die lippe en gebare op daardie oomblik gesÍ word, wanneer gesÍ word dat daar drie klasse van "hoorders" in die dienste opgemerk word. Uit die aard van die saak vereis dit inspanning en konsentrasie om alles (die gebaar, lippe, stem en soms ook nog vingerspelling) gelyktydig te sÍ.

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville