Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






GEESTELIKE VOEDSEL

WATTER BRUG MOET JY BOU?

Twee broers het op twee plase langs mekaar gewoon, en hulle het eendag begin stry. Dit was die eerste keer dat hulle kwaad vir mekaar was nadat hulle alreeds vir 40 jaar saamgewerk het en mekaar se gereedskap en arbeiders oor en weer geleen het. Dit het met 'n klein misverstand begin, maar dit het gegroei tot ernstige probleem en dit het uiteindelik gegroei tot 'n ernstige stryery en hulle het later mekaar begin skel en toe vir weke het hulle niks met mekaar gepraat nie.

Een oggend kom klop 'n man met 'n kas skrynwerkersgereedskap aan Jan se deur. "Ek soek 'n paar dae se werk, meneer," sê hy. "Is daar dalk 'n paar werkies wat ek vir u kan doen?" "Ja," sê die oudste broer. "Ek het werk vir jou. Sien jy daardie plaas oorkant die rivier? Dit is my jongste broer. Verlede week was daar nog 'n ploegland daar, maar my broer het met sy stootskraper die rivier se loop verander sodat die rivier nou tussen ons deur loop sodat ons nie by mekaar kan uitkom nie. Nou wil ek iets vir hom doen wat hom sal kwaad maak. Sien jy daardie hoop hout langs die skuur? Ek wil hê jy moet vir my 'n drie meter hoë heining bou sodat ek nie langer sy plek hoef te sien nie."

Die skrynwerker antwoord: "Ek dink ek verstaan wat ek moet doen. Wys my waar die spykers, hamers en die grawe is, dan sal ek 'n goeie werk doen." Die ouer broer moes toe dorp toe gaan om iets te gaan koop, en hy wys vir die skrynwerker waar alles is en hy ry dorp toe. Die skrynwerker het die hele dag hard gewerk. Toe dit son onder gaan, kom die boer terug. Sy oë rek en sy mond val oop. Daar was nie 'n heining soos wat hy vir die skrynwerker gevra het nie, maar daar staan toe 'n pragtige brug van een kant van die rivier na die ander kant, met netjiese handreling en alles. En sy broer wat op die ander plaas bly, stap oor die brug met sy arms uitgestrek kom hy na die oudste broer toe en sê: "Ek is jammer, Ouboet, jy is darem ''n wonderlike mens, om so ''n mooi brug te bou ná al die lelike dinge wat vir vir jou gesê en gedoen het."

Die twee broers ontmoet in die middel van die brug en hulle omhels mekaar. Toe hulle omdraai, toe sien hulle die skrynwerkers wat sy gereedskapkis op sy skouer tel om weg te gaan. "Nee wag! Daar is nog baie ander werk wat jy vir ons moet doen," sê die ouer broer. "Ek sou graag wou bly," sê die skrynwerker, "maar ek het nog soveel ander brûe om te gaan bou."

Watter brug moet jy nog vanjaar gaan bou? Watter 2 mense is kwaad vir mekaar? Vir wie kan jy help om weer by mekaar uit te kom? Vir wie kan jy help om by die Here uit te kom?



Seënwense
Ds. R. Hough

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville