Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






Lesers gesels saam

Sarie Church van Rusoord

Dit gaan goed met ons Rusoord inwoners, behalwe Johannes Mouton. Hy het beroerte aanval gehad, en is in die hospitaal. Dit gaan nie goed met hom nie, want hy kan nie loop nie. Hy het sorg nodig. Hy was gewoond om baie rond te loop. Dit sal bitter swaar wees om nie meer te kan stap nie soos hy altyd gestap het nie. Eric Bergh het slegte griep gehad en hy is weer mooi beter. Sue is gelukkig om so 'n man te hê wat altyd vriendelik en rustig is. Hier het 'n nuwe inwoner gekom, Smittie Loubser. Dis vir hom baie moeilik om hier aan te pas en na die reëls te luister. Hy het sy lewe lank in 'n karavaan gewoon.

'n Tikfout het ingesluip. In April se nuusbriefuitgawe het ek Daniel Ferreira die verkeerde adres geplaas, dit moenie Malmesbury wees nie, maar wel Moorreesburg, julle is steeds baie welkom as daar mense is wat hul menings wil lig oor sy vorige brief in April se uitgawe, kan gerus vir hom skrywe, hier is die regte adres: Pleinstraat 24A, Moorreesburg, 7310.


Schalk Burger van Okahandja

Ek het verlede maand verlof gehad, en my ma en ek was see toe, en het dit baie geniet daar en heerlik uitgerus. Ek werk nog lekker by Meat-co maar ek verlang net baie en ook vir Ds. Hough. Ek sal graag weer vir julle wil sien. Ek wil ook vra as julle in Okahandja kom om nie vir my en my ma verby te gaan nie. Ek sal ook baie graag weer vir Ds. Hough wil sien, met baie groete.


Eric en Sue Bergh van Rusoord

Met my en Eric gaan dit goed. Ons is baie bly om uiteindelik Ouma en Oupa te word met Deon en Lynn Thirion wat hul eersteling verwag. Ons dogter, Wendy is besig met 'n kursus in Skubaduik. Ons was almal die 21ste Maart op Nuweland by die Christusfees en dit was 'n wonderlike ervaring. En nou is ons almal besig met basaar. Ons wil 'n sukses daarvan maak en die Rusoord is besig met handewerk. (Die basaar is 4 Mei 2002).


Erik en Marietjie de Waal van Amerika

(Eerste brief) Hallo almal!! Dit was hierdie maand so koud in die stad Minneapolis in die staat Minnesota hier in Amerika dat ons briewe wat ons vir die nuusbrief gestuur het vas gevries het van die koue. Nee dis nie waar nie, laat ek weer probeer! Daar het so baie voëls op die telefoon draad gesit en hulle pootjies het die draad toe geknyp en toe kon ons email bootskappe nie deurgaan na Nicky toe nie .Nee dis ook nie waar nie, laat ek weer probeer! Ons was so besig met al die dinge wat ons elke dag moet doen dat ons nie tyd gehad het om iets vir die nuusbrief te stuur nie ! Ai nee dis ook nie waar nie, laat ek weer probeer. Ek het lank gesit en dink oor wat die waarheid is en toe besluit om liewers die volle waarheid te praat. En die volle waarheid is dat ons so baie na die mense in die Kaap verlang dat ons nie weet vir wie ons eerste moet skryf nie. Die les wat ons geleer het = moet nie te lank wag voor jy iets doen wat belangrik is nie. As jy te lank wag dan vergeet jy later daarvan. Dit was die eerste twee weke van Maart vreeslik koud hier by ons. Die temperatuur was vir vier dae -10 en wanneer die wind gewaai het, was dit -35.ºC. Die skole het vir twee dae gesluit omdat dit te koud was en gevaarlik is om te ry met die motors want daar was 'n laag ys op alle paaie en dan kan jy nie rem trap nie. Eendag moes ek iewers heen gery het met my motor maar voordat ek kon ry moet ek vir 30 minute gesukkel het om die sneeu rondom my motor met 'n graaf weg te skep. Daarna het ek vir 45 minute gesukkel om my motor in die straat te kry voordat ek kan begin ry. Ys is baie baie glad en jou motor staan en gly net op een plek soos wanneer jy in sagte modder vassit. Dan het jy 4 of 5 mense nodig op jou motor uit die ys te stoot want die mense se voete gly ook op die ys wanneer hulle die motor wil stoot. Dis 'n vreeslike groot gesukkel en jou hande en voete pyn van die koue. Elke 15 minute moet ons nuwe warm mense kry om te kom help stoot sodat die ander mense weer na binne kan gaan om hulle warm te maak.
Ons het baie foto's daarvan geneem en ook met die video kamera. Ons sal probeer om foto's vir julle te stuur. Ons het in die laaste week van Maart baie goeie nuus ontvang oor my studies hier in Amerika. Ek het baie harder gewerk en meer vakke geneem as wat ek moet geneem het want ek wil vinniger klaar gestudeer het. Dit het toe baie goed gegaan en ek kan nou my studies met een jaar verkort. Ons Loof en Prys die Here Jesus dat ek nou gouer kan klaarmaak met my studies want dit kos baie geld om hier in Amerika te studeer. Omdat ons Sendelinge is moet ons baie verantwoordelik werk en studeer met die geld wat die Here vir ons gee en daarom het ons besluit om nie hierdie jaar terug Suid-Afrika toe te kom nie omdat die vliegtuig kaartjies so duur geword het. Ons verlang baie na die Dowes van die De La Bat gemeente en ons bid ook dat die Heilige Gees in julle sal werk sodat julle elke dag getrou vir ds. Rocco sal help om die Woord van Jesus in die De La Bat gemeente en na die mense wat nooit kerk toe kom nie, te gaan vertel. Groete

(Tweede brief) Dit is alweer amper die einde van Maart maand en ek dink tyd vir my om bietjie vir julle te vertel wat intussen hier by ons gebeur het in Amerika en studies en die alledaagse dinge. So, van ons af, hoop ons dit gaan sommer baie goed met almal daar in Suid-Afrika. Skink 'n lekker teetjie of 'n boeretrosie en sit rustig agteroor en gesels saam met ons. Alhoewel die kalender en die nuus verklaar het dat dit gister (Woendag, 20 ste Maart 2002) om 13:15 amptelik lente is, voorspel die weer 'n ander storie. Sneeu en nogmaals sneeu en koue. Dit is vanmôre onder "0" F met die wind wat waai. Nie dat ons veel wind in die stad sien nie, maar hy is daar. Ons het so 'n bietjie van 'n tawwe tydjie gehad met die wat ek aanmekaar siek was, maar ek is besig om die eind punt van die hond se stert te sien. Nog net 'n paar dae op antibiotika en ons bid en vertrou dat ek nie 'n tweede reeks antibiotika sal nodig hê nie. Dus het ons 'n bietjie agter geraak met dinge wat gedoen moet word, soos navorsingswerk van Erik en bv. vir my bestuurslisensie. Erik gaan heel goed aan by sy nuwe werk in die Hilton hotel as "Lobby porter". Sy werksomstandighede is soveel vriendeliker en hy geniet die werk. Die feit dat hy twee voldae werk oor naweke help hom baie om meer tyd in die week aan sy studies te gee in vergelyke met die 4 ure elke dag wat hy by die kampus se kafeteria gewerk het. Hy was dan saans redelik moeg as hy daarna agter die boeke ook nog moes inskuif. Erik het weereens baie baie leeswerk en ek kan agter kom dat sy leesspoed goed opgetel het. Hierdie semester is natuurlik ook die "preek-semester" waar hulle weekliks preke moet skryf en in klastyd moet preek. Dit is dan vandag ook een van daardie dae wat Erik moet preek. Ek is net jammer ek kan nie insit en sien hoe en wat hy preek nie, want ek is gedurende daardie tyd besig om vir klein David, 'n ander vrou se outjie, op te pas. Ja, en ek moet julle vertel van ons boompies. Ek het mos verlede keer vertel dat ek nie goeie "groenvingers" het nie. Julle moet ons denneboompies sien wat ons hier in die woonstel kweek ! Hulle het nou aan die bokant begin uitloop en hulle "jassies" afgegooi en nou groei hulle met 'n spoed wat skrik vir niks ! Dit is wonderlik om elke dag te sien hoe hulle groei. Hier is ek weer, April 2002, en die sinus het my nog nie gelos nie en ek moet weer terug op antibiotika. Met die wat my energie so laag is en ek nog aan hou met baby-sitting is ek nou skoon agter met die brief of sal ons dit nou maar "Die Kontrei" maak. Intussen het ons weer pragtige weer gehad vir so 'n week of twee, net om ons almal opgewonde te maak en 'n gevoel van lente te kry. Ongelukkig vir ons was dit toe nie "April fool" nie, en het dit gister werklik weer begin sneeu. Ons is baie opgewonde oor die feit dat North Central University 'n hele klompie Suid-Afrikaanse krediete van Erik aanvaar het. Dit beteken natuurlik dat Erik se studie periode vir sy graad verkort word en dat dit baie duisende Rande bespaar wat weer op ander terreine benut kan word. Ons wil net weereens baie baie dankie sê vir almal wat by ons betrokke is, finansieël, gebede, korrespondensie, ens. Ons wil dan ook veral dankie sê en afskeid neem van Ockie en Aletia Grundling as ons koordineerdersvanuit die selgroep in die Strooidakkerk in die Paarl. Ja afskeid as koordineerders maar nie as vriende nie, mag die korrespondensie nog steeds voortgaan om tussen ons te vloei. In die plek van Ockie en Aletia het 'n nege jaar lange ou vriend van Erik, Charl Yates die taak as ons koordineerder by Ockie en Aletia oor geneem. Charl het ook by die Hugenote Kollege gestudeer en 'n paar jaar plaas bearbeiding gedoen en is dus besig met sy M graad studies. Dit alles beteken dat hy genoegsame kennis besit om 'n sterk rol te speel in sending koödinering. Ons vra dat julle ook in hierdie tyd in die weke en maande wat kom in die besonder ook vir Charl en Hanlie, sy vrou, sal opdra aan die Here dat hulle 'n fyn aanvoeling sal hê van wat die Here se Wil is tydens hierdie koördinering. samewerking met Erik se studies van hierdie semester waarin hy ook nou stadig maar seker die akademiese lyne ter voorbereiding vir die afronding en eksamen, is hy ook besig om verskeie maatskappy, organisasies en kerke te nader vir finansiële ondersteuning vir sy studies. Dit is maar altyd beter om die Amerikaanse doller vir hierdie doel aan te wend in vergelyking met die verswakte rand. (Wat meer kan ons nou sê as wat julle reeds weet en beleef aangaande die Rand kwessie in S.A.) Bid saam met ons dat hierdie korrespondensie na die onderskeie instansies goed gunstiglik oorweeg sal word en dat veral die Here se Wil in hierdie proses van aansoeke vir ons na vore sal tree. Erik sê die volgende is vir eers die laaste gedagte van die dag van sy kant af. Hy sê nou dat hy gereed maak vir die laaste jaar wat kom, is daar baie praktika en uitreike "internship" soos die Amerikaners dit noem, wat gedoen moet word. Daar is drie opsies wat hy kan oorweeg.

  1. Hy kan of die akademies heeltemal voltooi en die internship in S.A. gaan doen, Mei tot Augustus 2003, maar dan beteken dit dat hy weer moet terug kom Amerika toe om sy graad te kan kry. Finansieël gewys, sien ons dit nie as 'n baie positiewe opsie nie.
  2. Of hy kan in die komende jaar, van 10 Mei 2002 tot 30 April 2003 weekliks of naweke deurgans op 'n skedule basis by 'n kerk vir dowes inskakel om die "internship" tydperk te voltooi. Dit sal egter ook nie kan realiseer nie, want daarvoor is Erik se program net te vol wat akademie betref.
  3. Die laaste opsie is op hierdie stadium die mees gunstigste en dit is om in drie tydperke van tien tot een-en-twintig dae na verskeie lande uit te reik. Byvoorbeeld:

(A) Jamaica tussen 15 - 22 Junie 2002 saam met die "Caribbean Christian Centre for Deaf"

(B) Cuba tussen 1 -11 November 2002 saam met die Presbyteriaanse kerk waar ons lidmate is, hier in Minneapolis

(C) Ecuador tussen 22 Desember 2002 en 13 Januarie 2003. Grotendeels op sy eie ondersteuning gebaseer, maar dit lyk of daar finansiële ondersteuning vanuit sekere kerke en instansies daarvoor mag wees.

Hierdie drie moontlikhede lyk verreweg na die beste en sal die minste ontwrigting meebring in terme van ons verblyf en ander kostes, want enige ander alternatiewe "internship" by gemeentes word beskou is volunteer werk en jy moet jou eie vervoer en verblyf voorsien in daardie tydperke, maar met die bogenoemde drie opsies kan daar dalk bronne tot ondersteuning beskikbaar wees.

GEBEDVERSOEKE

Ons wil eerstens vir almal wat getrou volhard in gebed en ander ondersteuning baie dankie sê en ons gebed is ook dat die Here Jesus vir julle ryklik sal seën vir dit wal julle in Sy Koninkryk belê.

Bid asb. saam met ons vir die volgende:

  1. gesondheid
  2. dat die Amerikaanse "scholarships" waarvoor ons hier aansoek doen, goedgekeur sal word.
  3. dat ons nie visie sal verloor nie en sal volhard in dit waartoe die Here ons geroep het, Sending vir Dowes.
  4. dat Erik se werk tydens die somer vakansie vlot sal verloop en dat ons kar nie probleme sal gee nie. (Hy het so nou en dan 'n algehele kortsluiting probleem)
Groetnis Die De Waals
(Namens ons Dowe Fokus lesers, De la Bat gemeente wil vir julle sterkte toewens met al die take wat julle moet aanpak, wees verseker dat ons gebede sal bydra en mag dit 'n verrykende Godservaring wees vir die werk wat gedoen moet word en dat God elke dag julle hande sal vashou. God sal altyd 'n ogie oor julle hou - Red)

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville