Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






Gemeentenuus

[Wyk 1] [Wyk 2] [Wyk 3] [Wyk 4] [Wyk 6] [Algemene nuus]

WYK 2 (JEUGWYK)

Allen Smith van Brackenfell: Hy was een van die dowe wat muurbal in Bloemfontein gaan speel het, op 25 Maart was die dowes van al die provinsies teenwoordig, hy het tweede plek gekom, baie geluk Allen, Wes-Kapers is trots op jou. Terwyl hy op die toer was, het een slegte ding met hom gebeur, sy huis was ingebreek, alles was gesteel, hy was baie hartseer maar hy glo dat dit 'n doel was hoekom dit gebeur het, mag God ook in hierdie tyding wees en dat alle seëninge sal ontvang.

Marisa du Plessis van Panorama: Ek wil namens ons familie baie dankie sê vir jul gebede na die skielike sterfte van my oupa (word vanjaar 80)! Dit was 'n groot geskok vir ons, aangesien hy geen siekte of probleme gehad het nie. Ek het nooit verwag dat hy so skielik van ons sou weggeneem word nie, maar dit was die Here se wil. Ons sal hom regtig baie mis. Ons was gelukkig bevoorreg om al my familie voor sy dood by my suster se troue te sien, aangesien my hele famlie in Gauteng bly en dus is ons die enigste gesin in die Kaap. Bid asb. nog vir my ouma wat gewoond aan oupa was wat met alles kon gehelp het.

Nicolene du Plessis van Bellville: Ek het op 11 April 2002 'n sinusoperasie ondergaan, hulle het die kraakbeentjie verwyder en het spoeling gehad, die operasie was 'n sukses alhoewel hulle bietjie gesukkel om die beentjie te verwyder, ek is baie dankbaar dat die Here tydens die operasie was. Ek is weer heeltemal gesond.

Gerna van Graan van Brackenfell: Haar e-pos adres het onlangs verander, die adres is nou soos volg: chernobiel@hotmail.com

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville