Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






Gemeentenuus

[Wyk 1] [Wyk 2] [Wyk 3] [Wyk 4] [Wyk 6] [Algemene nuus]

WYK 4

Arnold Smit was afkomstig van Johannesburg en het 21 jaar in die Kaap gewerk en het kontak met sy familie verloor. Hy het 9 jaar terug sy werk verloor weens die besering wat hy opgedoen het. Hy was lank werkloos. Sy broer en suster wat ook doof is het 'n brief geskryf en vir iemand gegee wat Kaap toe kom om die brief vir enige dowes te gee om by hom uit te kom. Die brief het 6 maande van dowes tot dowes deurgegee en uiteindelik by Arnold uitgekom. Hy kon nie lees nie het die brief vir Tony Salie gegee om vir hom te tolk wat in die brief geskrywe staan. Die brief lui:

Liewe Arnold
Ons, Claude en Queenie soek vir jou. Ons weet nie of jy nog lewe nie. Ons het die brief geskrywe totdat dit by jou kan uitkom. Toe jy 21 jaar van ons weg is het in daardie jare baie trane en verlange vir jou groter geword. Het jy geweet Pappa, ons oudste sister, Jenny en ons jongste broer, Warren is nie meer daar nie. Ons pleit by jou my liewer broer, kom huistoe. Ons sal jou met ope arms ontvang. Skryf aan ons terug of bel vir ons. Die telefoonnommer is jou suster, Maureen se nommer.

Groete Tot ons weersiens
Van jou verlangende broer Claude en Sister Queenie

Arnold se oë het vol trane geskiet en vir Tony Salie gesê om dadelik te bel dat hy nog lewe en dat dit met hom goed gaan. Die familie was baie opgewonde en het geld bymekaar gemaak om hom 'n enkel vliegtuig kaartjie te koop om na Johannesburg toe te gaan. Hulle wil ook self vir hom kom haal en wil persoonlike aan elkeen kom bedank wat alles moontlik gemaak het dat hy permanent huistoe kan kom.

(Ek sal op die volgende nuusbrief skryf om te verneem hoe die ontmoeting was) Ingestuur deur Tony Salie

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville