Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Deon Dippenaar] [Nuwe webblaaie]
[Jeug wyk] [Wyk 4] [Wyk 6]

Gemeentenuus

Pannekoekverkoping by PICK AND PAY SANBEL

Die pannekoekverkoping op die 6de Julie was 'n sukses en ons komittee het R1022,00 ingesamel. Baie dankie vir die inwoners van Rusoord en komittee wat so hard gewerk het. Ons bak weer op 3 Augustus by Pick a Pay Sanbel. Kom ondersteun vir ons!


Nuwe intrekkers

'n Deel van die werkswinkel is onlangs omgeskep in 'n woonplekkie. Helmien Hanekom het onlangs daar ingetrek. Ons hoop dat sy lekker daar kan woon.

Coreza van Zyl en Louis van Sittert was vir 2 jaar London toe vir werksgeleentheid, hulle het lank op Worcester gebly, hulle het besluit om werk te soek in die Kaap. Albei het intussen werk gekry en bly nou in Brackenfell. Baie welkom in die Kaap en in die jeugwyk 2, hoop julle geniet al die geleenthede saam met ons. Onthou dat God wonderlike planne het vir julle.


Oefeninge vir bejaardes

Elke Saterdag om 15h30 word daar gratis ligte oefeninge vir die bejaardes aangebied. Tot sover geniet hulle dit baie. Ons oefen in die werkswinkel, maar as die son lekker skyn, dan oefen ons buite. Almal is welkom om te kom loer en deel te neem.

Hoekom is oefeninge belangrik vir bejaardes?:

Gereelde oefeninge is nodig om te voorkom dat jou liggaam styf word en verbeter asemhaling en bloedsirkulasie. Oefeninge speel 'n belangrike rol om ouderdom teen te werk en gesondheid te bevorder. Navorsing het bewys dat die meeste bejaardes wat gereeld hul oefeninge doen is gesonder en leef langer. Weeklikse oefeninge is 'n moet. Ondersteun mekaar en moedig mekaar aan.

  • Voorkom dat jou liggaam styf word en verbeter jou balans met 35%.
  • Jy voel beter en het meer energie
  • Bevorder hart, longe en spiere.
  • Verlaag hoë bloeddruk.
  • Verminder stress en bevorder slaap.
  • Behou jou beenmassa wat verhoed dat hulle verbrokkel en maklik breek.
  • Help beheer jou gewig, versnel jou metabolisme.
  • Voorkom diabetes, hartsiektes en hartaanvalle.
  • Vermeerde bloedsirkulasie kan jou spysverteringstelsel gesond hou.
  • Versterk jou weerstand teen siektes.
  • Maak jou stywe spiere slap sodat jy makliker kan rondbeweeg.
  • Verminder kans op spierbeserings.

Daar is drie basiese soorte oefeninge wat ons doen:

  1. Aerobiese oefeninge - soos stap wat goed is vir die hart, longe en bloedsomloop.
  2. Spieroefeninge - soos been of arm optel om spiere sterk te maak.
  3. Strekoefeninge - soos arms of been strek ens. Dit verminder spierstyfheid.
  4. Gewrigoefeninge - maak gewrigte by hande, vingers, skouers, knieë, heup, nek ens. los om slap te maak sodat jy makliker kan rondbeweeg.

Ingestuur deur Martie Spence
Hoe was dit gewees? Leser deel:

Ek het vyf dae by my dogter, Nicolene gebly om hul hondjie op te pas terwyl hulle weg Vredendal toe was vir die kuiertjie. Hulle huis is mos naby die Rusoord. Ek het daar baie geniet om by die Ouetehuis se mense te kuier. Een Saterdag het ek saam met die ou mense oefening buite gedoen om spiere te versterk. Ek het dit baie geniet. Ek sal beslis weer daar kuier as Nicolene hulle weer weg is. Sal ander mense ook moeite doen om vir hierdie mense by Rusoord te kom besoek.

Ingestuur deur Helena Carstens van Stellenbosch
Siekgevalle

Dit gaan nie goed met party van die Rusoord se mense nie nl.:

  1. Oom Eric Bergh van Rusoord (Lynn & Wendy se pa) het die dag in die badkamer by Rusoord geval. Nádat hy na die noodgeval opgeneem is, is daar ontdek dat daar 'n fraktuur op sy gesonde been opgedoen is. Jaco en Rentia Hanekom het 18 Julie 2002 by Eric in Louis Leipoldt hospitaal gaan besoek. Dit gaan 'n bietjie beter met hom. Almal van ons is gevra om aan hom te dink en bid dat hy gou beter sal word, en sterkte aan sy vrou, Sue wat goed vir hom versorg. Weet nie hoe lank hy moet bly in die hospitaal nie. Hy het 'n operasie op sy been laat ondergaan.
  2. Hester du Preez is in Parow in 'n Versorgingsoord.
  3. Jossie Louw is in Karl Bremer Hospitaal as gevolg van hartversaking en nierversaking.
  4. Tommy Pearce is ook nie lekker nie, hy sien sleg asook sy liggaamkragte neem baie af.

Met wie dit baie goed gaan is met die oudste inwoner, Florrie M'ghie. Sy is 90 jaar oud.

Daar moet baie voorbidding gedoen vir die Rusoord se mense.


Sterfgevalle

Hannes Selzer se broer van Durban is kort voor ons verlof aan lewerkanker oorlede. Hy sou in November 66 jaar oud geword het. Ons het spesiaal Durban toe gereis om die roudiens by te woon. Hannes se ander broer van Welkom is ook nie gesond nie, want hy lyk aan emfiseem in die een long nadat die ander long weens kanker verwyder was. Kom ons bid ernstig vir Hannes se broer met hierdie siekte, mag God ook al die vertroosting bring in hierdie familie.

Ingestuur deur Francina Selzer


Trouklokke lui…..

Michele (nee Minnie) en Jacques Benadie van Worcester

Dit was Saterdagmôre, 13de Julie 2002 11:00 by Logos-kerk onderkant van Oak Glen. Gelukkig was die Kaapse winterweer nog mooi - net koelerig. Van ver af het ek gedink dis nie Michele wat so pragtig gelyk het nie - dis die rede hoekom Jacques Benadie so baie emosioneel en waarlik trots op sy nuwe vroutjie is. Ds. Schalk Viljoen het so mooi gepreek. Nogal Worcester 30 dowes het daar bygewoon. Die onthaal in die kerksaal is baie mooi opgemaak en gesellig. Die ete veral "butternut" sop was so heerlik! Jacques het ook op hul troudag 40 jaar oud geword. Veels geluk! Hy kon nie sy trane keer toe hy 'n mooi toespraak gelewer het om vir almal te bedank nie. Ons het dit baie geniet.

Ingestuur deur Jaco Hanekom


Heerlike uitstappie

Op 8ste Julie, Maandag ontvang ek die faks. Daar word "Bridal Breakfast" by Stellenbosch gehou. Toe moes ek vinnig reëlings te tref en soek iemand wat gaan aanstaande trou (iemand wat gaan binnekort of vir volgende jaar trou - bruid!). Gelukkig is een persoon wat by my werk gaan volgende jaar trou maar volgende dag is sy nie hier nie.

Saterdagoggend(13 Julie) om 9:00 vir 9:30 is begin by CJ le Roux (bekende sjampanje) in Stellenbosch. Uiteindelik is my vriend, Paul-Muller de Kock wat saam met my gegaan het, was dit baie mooi. Ons het dit baie geniet en was nie spyt nie. Daar was drie modeontwerpers, dit was Mev Nel (Skriba van Kerk) se seun, John Nel en ander twee ontwerpe is man en vrou (kon ek nie seker wat is hulle name onthou nie). Dit was modeparade van Bruid - verskillend eontwerpe baie mooi en dit sal een van julle daarvan hou of jou droomrok. Ons het lekker ontbyte-ete en daarna was daar prys trekkings. Die wenner kry R2 400,00 van bruidrok; make-up en hare; skoonheidprodukte van Elizabeth Arden en nog iets. Daar is ook ander pryse. Goeie nuus dat my vriend, Paul-Muller de Kock het R200,00 Geskenkbewys van Somerset Mall (sentrum) gewen. My hart was baie bly dat hy saam gekom het. Dit was die beste geleentheid!!!!!! Onthaal van eettafel was daar besondere blomme (verskillende maniere hoe om blomme op te sit) op die tafel. Volgende keer as Mev Nel weer vra van die Bruid ontbyt-ete, dan moet julle die kans vat om te gaan. Ek het myself geniet en ek het baie dinge gesien wat ek geleer het en sal ook vir die ander beter raad gee hoe om mooi troureëlings te kan tref.

Ingestuur deur Carma Moller


Na 32 jaar

Ek (Martie Spence) en Riëtte was saam in die klas op skool en in die koshuis op Worcester. Ons het in 1969 ons skoolloopbaan voltooi. Daarna het ons uitmekaar gegaan, gewerk, getrou en kinders gekry. Ons het nooit vir mekaar gekontak nie. Uiteindelik het ons paaie onlangs weer gekruis. Dit was ongelooflik en wonderlik om weer vir haar te sien. Op die foto van links is Herman Carstens, Martie Spence, Riëtte en Johann Burger saam afgeneem.

Ingestuur deur Martie Spence


Small Adds

Wat is Small Adds, dit beteken, ons kan in die nuusbrief klein hoekie van verskillende advertensies plaas, advertensie soos (ek wil huis verkoop of huur, verkoop van diere of weggee van diere, of daar is goed in die huis wat jy wil ontslae raak, wat jy graag in die nuusbrief wil plaas. Elke advertensies wat jy plaas, sal R2,00 kos. Dit is spotgoedkoop, in die koerante vra hulle maklik meer as R50,00 'n advertensies. Die kostes sal donasies gebruik word vir nuusbrieffonds. Stuur gerus julle advertensies…. na faksnommer: (021) 949 4875 en julle kan die geldjies by die kerkkantoor inbetaal.



Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville