Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Leonardo da Vinci

- 'n Ware verhaal -

Julle het seker al gehoor van Leonardo Da Vinci ? Hy het een van die grootste skilderye ook gemaak : die laaste avondsmaal. Het jy al daarvan gehoor? Dis 'n skildery van Jesus met sy dissipels aan tafel besig met nagmaal. Hy het dit teen die muur van die eetsaal van die Domikaanse klooster in Milaan geskilder.

Die skildery het 21 jaar geneem om te voltooi. Hy het vir elkeen van daardie persone op die skildery 'n lewende model gebruik, iemand wat daar gesit en "pose" het.

Toe kom hy by die middelste persoon in die skildery, die van Jesus Christus. Toe soek hy amper 'n jaar na 'n geskikte persoon. En eendag in die strate van Napels loop hy 'n jongman raak. En toe hy hom sien, toe weet hy, dis die ou. En hy nooi hom om te kom sit en hy skilder hom.

Nege jaar later, kom hy by die laaste figuur. Kan jy raai wie dit is? Dis reg, Judas Iskariot, die verraaier, die leuenaar, die dief.

Toe soek hy 'n jaar en 'n half na die regte mens. En eendag in die agterstrate van Rome gooi hy 'n mundstuk in 'n bedelaar se hand. En toe hy opkyk, toe weet hy dit is die man - die bedrog, die leuens, die verbittering op sy gesig. En hy sê: "Hoor hier, ek gee jou soveel geld as jy vir my sal poseer. Ek moet iemand skilder."

Hy het die geld nodig gehad - daarom kom hy toe. En toe hy dit klaar geskilder het, toe draai Da Vinci om en sê: "Hierdie skildery gaan een van die grootstes wees. Stem jy saam ?" Maar die jongman kyk nie eens op nie. Toe sê Da Vinci: " Hoor hier, ek praat met jou. Hierdie gaan een van die bekendste skilderye ooit in die geskiedenis wees."

Toe kyk die jongman nog nie op nie.

En uiteindelik toe Da Vinci daarin slaag om hom te laat opkyk, toe rol daar trane oor die jong man se wange. En Da Vinci sê: " En nou ? " Hy sê: " Meneer Da Vinci, weet u wie ek is ? Ek is dieselfde jongman wat 9 jaar gelede vir jou gesit het toe jy Jesus geskilder het.

Dieselfde mens, maar as gevolg van 'n grief wat ek teenoor 'n naaste familielid in my hart gedra het, as gevolg van wat hy aan my gedoen het, het my voorkoms so verander dat jy my gebruik het om Judas ook te skilder."

Griewe (Haat) maak ons stadig maar seker van binne dood. Daarom wil ek julle uitdaag om te gaan vrede maak met elkeen teen wie jy 'n grief dra.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville