Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Deon Dippenaar] [Nuwe Webblaaie]
[Jeug wyk] [Wyk 4] [Wyk 6]

Gemeentenuus

Nuus van Wyk 4

FRANK EN BETTIE ENGELBRECHT se dogtertjie, Simone gaan moontlik vir operasie aan haar pinkie. Haar pinkie is van geboorte af krom en die dokter wil dit opereer om dit weer normaal te maak solank sy nog klein is. Ons vra vir voorbidding vir die gesin.


Wonderwerk / getuienis

Op 3 Julie 2002 het Tony Salie en sy vrou, Leonora, 'n familielid by Tygerberg Hospitaal gaan besoek. Na die besoek het ons op pad huistoe gery en veilig tuis gekom. Toe ek die motor in die oprit parkeer, toe dog ek dat ek oor 'n voorwerp gery het. Ek het uitgeklim en onder die motor gaan kyk, maar daar was niks onder die motor nie. Toe ek weer inklim het die voorwiel krom geskuif, toe besef ek daar is groot fout, toe ek ondersoek in stel is daar van die "Steering" komponent wat aan die wiel gekoppel is, afgebreek.

Toe ek vir my vrou vertel wat die probleem met die motor was, het sy groot geskrik en moet ons die Here dankbaar wees dat Hy ons veilig tot by ons huis se oprit bewaar het.

As ons so kyk waar ons oor die brug en skerp draaie gery het, moet dit 'n wonderwerk wees dat die motor nie langs die pad gebreek het nie. Anders was daar noodlottige gevolge.

Die motorwerktuigkunde het dit ondersoek en wat hy aan ons gesê het, het ons yskoud gelaat. Ons besef dat God sy almagtige Hand oor ons beskerm het. Ons dank die Here daarvoor.

Ingestuur deur Tony Salie


Motorongeluk

Ruben Arendse was in 'n motorongeluk betrokke. Hy vertel dat hy op pad was Bellville toe op Sondag, 14 Julie 2002 die oggend. Dit was 'n reënerige weer en die motor voor hom het skielik regs gedraai sonder om sy ligte te gebruik. Ruben het vinnig gestop om te verhoed dat hy die motor stamp en kon vinnig genoeg stop, weens die nat pad kon die ander motors wat agter Ruben gery het ook nie vinnig genoeg stop nie en dit het 'n kettingbotsings veroorsaak en hom motor is van agter af gestamp. Die motor gaan moontlik afgeskryf word. Verder is hy gelukkig nie beseer nie. Hy sê dat dit so vinnig gebeur en dat die nat pad 'n groot rol gespeel het in die kettingbotsings naby die nuwe hospitaal in Kuilsrivier.

Ingestuur deur Tony Salie


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville