In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Deon Dippenaar] [Nuwe Webblaaie]
[Jeug wyk] [Wyk 4] [Wyk 6]

Gemeentenuus

Nuus van Wyk 6

Wyk 6 Afsluitingsete op 22 Junie by Wouter van Zyl se ma se strandhuis in Strand

Op dieselfde dag het dit baie gereën en was baie koud gewees, maar ons harte was warm van vol liefde. Ons het lekker saamgekuier en gesels. Wouter het toespraak gehad om vir ons almal dankie te sê en ook vir sy mamma om dankie te sê vir lekker kosmaak. Dit wat my ook bly gemaak het, het Wouter ook vir my gelukwens vir my verjaarsdag op dieselfde dag, toe gee hy vir my die pragtige kaartjie met mooi ruikertjie. Dit was wonderlik dat Wyk 6 mekaar liefhet en vir mekaar omgee en vir mekaar ondersteun het. Ons het heerlike warm kos geëet. Die voorgereg was lekker groentesop met lekker brood, die hoofgereg was hoendervleis, vleis (ek kon nie meer onthou watter vleis dit was nie), rys, aartappels en groente en slaaie en die nagereg was lekker poeding, vla en roomys. Die laaste het ons lekker koffie gedrink. Ons het baie gesels en foto's geneem. Ek wil vir julle almal se Wyke sê, dit is baie lekker om elke kwartaal se afsluitingsete te hou. God is regtig baie goed vir ons almal en ook vir ons gemeente. ONS MOET GLO EN VERTROU EN SAAMWERK VIR GOD EN OM ONS GEMEENTE GEESTELIK TE KAN GROEI. GOD IS LIEF VIR JULLE.

Ingestuur deur Naomi Lambrechts


Behm's se vakansie in Duitsland

Kallie se tante in Duitsland het weer vir ons genooi om vir 3 weke by haar te kom kuier op haar onkoste. Ons het met KLM gevlieg vanaf Kaapstad via Johannesburg na Amsterdam. Vandaar is ons weer na Frankfurt. Tante Jutta het ons op die lughawe ingewag. Daarna was dit 3 uur per motor na Bad Driburg waar Tante Jutta bly. Sy het ons vreeslik bederf en Johann het baie speelgoed by haar gekry. Ons het 2 dae na 'n Holywood safari park gegaan (soos Ratanga Junction). Johann het dit geweldig geniet en het op omtrent alles gery. Hy was vir niks bang nie. Johann het ook lekker by sy Duitse maatjie Jan gespeel. Jan is 6 maande ouer as Johann. Ten spyte van die taalverskil het hulle lekker gespeel. Ons het die eerste week slegte weer gehad, maar die laaste 2 weke was dit heerlik warm. Ons was ook op 'n Namibia-fees en daar kon ons weer lekker Afrikaans praat met mense wat voorheen in Windhoek gebly het en nog kan Afrikaans praat. Ons het ook by Kallie se ander tante op 'n ander dorp, Aschersleben gaan kuier. Dit was weer 4 ure se ry vanaf Bad Driburg. Kallie het altyd self gery, want ons voel nie so veilig met die ou Tante Jutta (74 jaar oud) agter die stuur nie! Kallie kan al baie goed aan die regterkant van die pad ry. Ons het maar net met ons oë gekoop, want alles in Duitsland is baie duur omdat die Rand baie swak teen die Euro is. Alles moet jy met + 10 vermenigvuldig. Altyd is dit baie lekker om weer terug te wees by die huis. Oos wes tuis bes.

Ingestuur deur Kallie en Ria Behm


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville