Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



BRIEWE - AL ONS LESERS GESELS SAAM

Ampie Jacobs (Lichtenburg) - Hy SMS 'n paar keer vir ons: "Aan Almal: My pa was amper afsterf van 1 week al. Hy lewe nog. Dankie aan God en Jesus. Hy is so goed. My pa is nog by hospitaal. Ek was so min by huis. Ek was so hartseer .... so bly hy kan vir my sien en met my praat. " "Hi Almal. Goed met my. My pa nog in hospitaal. Hy kry longe aanval. Longe wil nie meer werk nie. Nou weer werk, maar pa kry griep. Dr sê pa kan nie uit nie, moet bly in hospitaal. Dankie jul dink aan ons. Groete"
Sy ma, Martie Jacobs - Sy SMS ook 'n paar keer : "Môre Petro, Ag, dit is met 'n lied in my hart dat ek vir jou SMS. Ampie se pa was baie siek in ICU en gister uit in gewone saal. Ek wil net vra ASB sê dankie in die nuusbrief vir Anet en Koos, Dawie en Leonie, Darrel, Jaques, Nollie, Christel. Ai, ek vergeet dalk iemand maar daai arms om my en "ons bid vir jou" was baie spesiaal. Dankie vir almal.
As ek 1 vergeet het, sorry Pel, maar my dowe vriende is my diamante en ek sal hulle altyd in my hart bewaar. Groete."

Catharina van Deventer (Springs) - Dankie vir fakse en ook 2 mooi geestelike artikels wat ek volgende jaar in Effata sal plaas.
Sy skryf o.a.: "My selfoon is gesteel. Swartman het my klein handsak gegryp en weghardloop; ek was geskok en hartseer oor selfoon. Dis 2de keer dat selfoon weg is. Dit is lekker om vir iemand deur SMS te kontak. Ek sal weer selfoon kry....."
2de faks: "Met my gaan dit altyd goed. Gister (15 November) was ek by Boksburg Hospitaal gewees. Dank God dat Hy sy hand op my voet gelê het. X-strale wys my voet is baie mooi herstel.
Ná 6 maande sal ek besluit hoe ek oor my voet voel om skroewe uit te haal. Haai, ek sukkel om te loop met seer voet. Groete."

Okkie Smit (Gobabis) - "Ek het onlangs 'n faks van my seun, Chris ontvang. Hy het die datum uitgestel tot 9 November, want hy wag vir die vorm van die toestemming wat deur Botswana gaan.
Baie goed en gesond en dieselfde van julle. My ID en paspoort en bestuurslisensie is deur, maar ek moet wag tot Desember en sal kry - net die motorbestuurslisensie het ek gekry.
Chris sal op 9 November hier wees vanaf Windhoek en ons sal dadelik ry. Vanaf Gobabis is die pad reguit tot S.A. grens - 800 km. Daarna moet ek na Sasolburg ry om 'n vorm van Sacopo by Polisiestasie te kry. Wat beteken Sacopo - is die veiligheid teen die diefstal en heel kar se nommers moet neergeskryf word. Ek moet ook 'n motorlisensie kry. Dit sal die laaste wees. Ek sal 1 of 2 weke by Deon kuier en daarna na Benoni. Ek sal daar kuier vir twee of 3 weke.
Dit gaan baie goed met ons kerk. As ek SA verlaat, sal ek die preekstoel laat verander. Wees sterk in die geloof. Baie liefdegroete aan bekendes." (Dit was regtig baie lekker om u gister (24 November) weer te sien! En saam met ons by erediens by Verwoerdpark, Alberton te hê. Ons hoop om u weer op 1 Desember by erediens en afsluiting by Cachet te sien. Geniet u kuier by u seuns en ry veilig terug na Namibië. - PP)

An-Marie Smit (Sabie) - Baie dankie vir briefie saam met mooi foto's oor 1-3 November se naweekkamp by Potchefstroom vir plasing in hierdie nuusbrief.
Sy skryf o.a.: "Ek het Saterdagoggend (2 Nov) saam met Elize (Schreuder) na Potchefstroom gery. Ons het daar baie geniet. Ek het Saterdagaand by my vriendin, Rina (van Aswegen) se tent geslaap. Die naweek was mooi en ek sê baie dankie vir alles en dat almal mooi saam gewerk het. God staan altyd by ons. Ek hoop dit word volgende jaar weer gehou en ek sal graag weer gaan. Julle moet mooi bly en verder geniet. Groete en Liefde."

Gerrie en Marietjie van Tonder (Vanderbijlpark) - Baie dankie vir al die fakse en ons gemoed het so vol geword saam met julle oor die lekkerrrr verrassing!
Gerrie skryf: "Hoe gaan dit met julle? Met ons gaan dit goed met vol blydskap; ons het 'n baie groot verrassing gekry. Raai wat? Ons dogter, Janita het Maandag (4 Nov) huistoe gekom. (Sy werk mos in Engeland.) Sy het met haar oud hokkie afrigter ('n vrou) gereël om haar by die lughawe te kry. Sy het ons lekker verras. Ons kon dit nie glo toe ons haar weer sien nie. Dit gaan baie goed met haar. Sy sal so 3 weke of 'n maand hier kuier, dan gaan sy weer terug na haar ou werk in Engeland.
Sy het gister vir ons video gewys oor haar werkplek, hoe mooi die tafel en kos versier word, asook hoe dit daar lyk en sy het ook Skotland afgeneem toe sy daar was. Dit is regtig baie mooi daar waar sy werk en in Skotland.
Sy het by haar ou matriekmaats hier by ons gaan kuier. Hulle was stom van verbasing toe hulle haar weer sien. Hulle kon nie woorde uitkry nie. Hulle het almal ook gister saam met ons na video gekyk en almal hier geslaap.
Toe sy Maandag hier gekom het, het sy vir Marietjie gesê: "Mammie, kook vanaand asb. vir my kook kos. Ek het dit 8 maande laas geëet. Daar in Engeland kook hulle nie so apart soos ons nie, bv. wortel, boontjie, kool, ens. nie. Dit is baie vetterige kos wat hulle maak."

Rita Greeff (Victoria Wes) - "Baie dankie vir die SMS-boodskappe wat ek ontvang het. Jammer om te hoor van jou siekte en jy moet altyd versigtig wees oor te veel werk. Jy moet meer tyd hê om te rus. En meer vrugte eet en meer water drink.....
Met my gaan dit goed en geen klagte of probleme nie. Partykeer voel ek moeg, maar ek kla nie. Nou en dan doen ek hekelwerk of naaldwerk. Ek het nou meer tyd bestee om te rus.
Ek geniet elke maand se Effata boekie en nou mis ek baie Dowes se geselskap en Bybelstudies.
Ek het omtrent elke week en naweek koek gebak en verkoop. Vrouens van lokasie wil koek vir R25.00 koop en toe sê ek, in die toekoms sal ek meer vra - R35 per koek, want die goedere word duurder. Ek wil net stop om te doen, maar ek weet nie wat toekoms sal gebeur nie. My gasstoof is klein en net een pan bak en bak baie stadig en lank.
Ek hoor baie min van my broer en 2 susters en hulle is baie lui om te skryf. Ek het 9 SMS-boodskappe gekry op my verjaarsdag. Ek het maar 'n klein partytjie gehou en net vier vrouens genooi. Dis maar stil dag......" (Jou Kersboodskap word apart hier geplaas. Baie dankie! - Petro)

Mathie en Hanlie Carstens (Bellville) - Baie dankie vir lekker lang faksbrief.
Mathie skryf o.a.: "...Ons was op 3 November by Worcester De la Bat Kerk waar Gert (jongste seun) voorgestel is. 9 Kinders is voorgestel. Vyf van kinders se ouers is dowe ouers.
1) Ons, 2) Willem en Aletta Esterhuizen se 2de seun, Wimpie, 3) Pieter en Mandie Pienaar se oudste dogter, 4) Gerhard en Elbie Mitton se seun, Paul en 5) Jurie en Marietta Strydom se dogter - horend, maar sy wil saam met dowe kinders ter wille van haar dowe ouers. Ná voorstelling en kerkdiens (ook nagmaal) het ons lekker tee en verversings gehad. Ná tee het ons weer gou huis toe gekom, want Hanlie se ma wou nie saamgaan nie weens ligte siekte en bly solank by Bettie Bauermeister (by Ouetehuis se huis).
Op 8 November was hier lekker "Bring 'n Braai" vir my 50ste verjaarsdag. Ek was verbaas dat baie van Dowes tog gekom het, al moet hulle eie vleis, drank, ens. saambring. ±40 Dowes was hier om saam te vier. Dank die Here dat dié aand mooi en goed afgeloop het dat hulle gesê het dat hulle dit baie geniet het.
Môremiddag (13 Nov) gaan ek vir Hansie (oudste seun) na Malmesbury bring vir onderhoud van werk om 14h00. Hy moet alleen vir onderhoud gaan (geen onderwyseres of hulp - tolk nie). O, BID asb vir Hansie dat hy dapper mag wees en ook mooi terug antwoord of gesels oor werk. (Ons het later wonderlike nuus gekry dat Hansie werk kry en DV op 2 Januarie 2003 daar begin werk. Loof en Prys die Heer, want werk is mos skaars, dus kry die Here al die eer, lof en dank. Ja, Hy het waarlik ons gebede verhoor. Hy sal by WPK met rekenaar (Faktuur afdeling) werk. - Petro)
Hanlie werk vandag - begin 15h30 tot 24h00. Sy lyk gelukkig. Hoop sy word permanent vanaf 1 Desember aangestel. Sy is met kontrak tot 30 November vir proef - ook al dowe dames. Bid asb. ook vir haar en paar goeie dowe dames vir permanent. (Ons is innig dankbaar dat Hanlie uiteindelik werk by bad fabriek en daar is 2 skofte - die ander is van 07h00 tot 15h30. Bid asb. vir Hanlie en alle Dowes wat baie sukkel om werk te kry! - Petro)

Maatjie Potgieter (Drie Riviere) - Baie dankie vir faks en Kersboodskap.
Sy skryf: "Ek gaan weer die 14de Desember see toe by Umdloti vir drie weke vakansie saam met my seun, Kobus-hulle van Pretoria. Marietha-hulle gaan nou eintlik nie, want hulle wil in die vakansie hul huis asook my woonstel regmaak vir verbetering. Ericka-hulle gaan ook, maar hulle gaan eers die 15de Desember na Umdloti en los hul tweelingseuns by ons. Daarna gaan Ericka en Johan 16de Desember 4 dae vakansie met die bootreis na Mosambiek deurbring vir hul 10de jaar huweliksherdenking. Hulle kom weer die 20ste Desember terug by Umdloti tot hulle verder 28ste saam met Johan se ouers daar. Ek en Kobus-hulle bly nog verder tot 4 Januarie 2003. Hoop, ons Here bewaar vir ons met heerlike vakansie.
Mooi bly met die liefde en genade van Bo. Baie liefdegroete aan jul almal."

Andries en Maria Janse van Nieuwenhuizen (Witbank) - Baie dankie vir faks om te laat weet oor julle seun, Fanie-hul se seuntjie se geboorte. Ons is baie bly saam met julle oor welgeskape kleinseuntjie - ja, 'n regte bulletjie wat 4,19 kg weeg!
Maria skryf o.a.: "...Joe (jongste seun) is by P.E. vir 2 weke. Hy sal môre (23/11) terugkom. Hy kon nie 'n werk daar kry nie.
Ek is so vol van blydskap oor Fanie en Sandra se babaseuntjie. Ons sal môre vroeg eers vir Andries se pa en sy rou optel en na Nelspruit gaan. In die aand sal ons weer terugkom, want Pa wil kerk toe gaan.
Ons was laas Donderdag by Charlotte (Bamberger van Bronkhorstspruit) en Helena (van Niekerk, Schweizer Reneke) was daar. Ons het lekker gesels en dit gaan goed met hulle twee. Gee baie groete aan almal. Met liefde." (Baie dankie vir 2de faks vandag (24/11) en ons is so geskok om van Kobus Greyling se ernstige motorongeluk te verneem. Ongelukkig was koerantberig met foto so donker en onduidelik ontvang.
Maria skryf dat hulle lekker by Fanie-hul gekuier het en Baba Dandré pragtig is en lyk soos Fanie toe hy klein was!

Jannie en Jessie Oosthuizen (Danabaai) - Ai, sowaar! So bly om uit die bloute faks van julle te kry. Baie dankie, maar ek wag nog vir julle posadres! Stuur dit vir ons, sodat ons Effata na regte adres kan pos!
Jessie skryf: "Uiteindelik maak ek 'n punt daarvan om vir julle te faks. Met ons gesondheid taamlik goed. Jannie lyk baie beter as daarbo. Maar hy kry nog steeds behandeling. Die stres hier is ook baie minder. Alles hier is baie vreedsaam en rustig en ons bly ook baie lekker. Om die waarheid te sê, gaan ons nooit weer terug nie.
Die kinders is wonderlik goed vir ons en hulle is baie hulpvaardig.
John en Olivia se kinders, Levia, Marius, Rosanne en die tweeling is ook hier om te kuier. Hulle gaan DV Sondag weer terug. Maar hulle sal die 26ste Desember hierheen verhuis. ..."(Arme John en Olivia gaan hulle Tweeling-kleindogtertjies mis as hulle na Danabaai verhuis! - Petro)

Christo Smit (Lewensruimte, Worcester) - Baie dankie vir brief, kerskaartjie en vandag (24/11) se faks! Dit gaan nog goed met hom, asook almal by Lewensruimte. Hy werk nog lekker by houtwerkafdeling en help vir Gregory Hoy om baie wynrakke vas te maak en in bokse te sit. Daar is altesame 500 wynrakke om te verpak om later by die binneland in Suid-Afrika te verkoop. Daar is nog 3 nuwe inwoners - Jaco Wienand (bly in Sonop en help vir Koekoe van Belkum met kerse maak), Marco van Lis (bly in Swart Kat en werk by die sandblasing), Alida van Heerden (bly in Marietjie en werk lekker by die kunsterapie. Sy verf die houtblokkies en brei ook.). Daar is ook 2 nuwe personeellede, Suster Gibs en Suster Philander. Ds Mia Potgieter en Herman Lintvelt sal DV op 14 Desember in die huwelik tree op Worcester. Hy vertel ook oor 9 kinders wat op 3 November hulle geloofsbelydenis afgelê het. Jurie en Marietta Strydom se dogter is Madelie; Pieter en Mandie Pienaar se dogter is Magda. Worcester-De la Bat gemeente het van 8 tot 10 November gemeentekamp by Kleinmond gehou. Daar was 30 mense by die kamp en hulle het baie by die see geniet. Hy vertel ook oor Philip Dobson se hartaanval en hy moenie by hom gaan kuier nie, want hy bly in 'n privaat-kamer. Hy hoop dat hy nou baie beter is en hy bid baie vir hom. Donderdagnamiddag, 21 November was 13 inwoners en 4 personeellede per kombi na Robertson Kinderhuis waar hulle Kersgeskenke vir die kinders gegee het, asook klere en kos. Worcester-De la Bat Gemeente sal DV op Vrydagaand, 29 November vanaf 18h00 'n jaareinde funksie by die ou Nasorg Klubsaal hou - R10 kaartjie vir Potjiekos en rys, poeding en koeldrank. Daar sal DV op Sondag, 1 Desember om 19h00 Kerskonsert en Kersspel by die Badenhorst se saal gehou word. By Lewensruimte sal die werkswinkel op 13 Desember om 10h00 sluit vir 5 weke se Kersvakansie. Die werkswinkel sal op 22 Januarie 2003 heropen. Christo sal Vrydagmiddag, 13 Desember per Transkaroo trein na Pretoria vertrek om by sy Pa, tannie Annatjie en familie te kuier. (Baie dankie vir jou Kersgroete wat apart geplaas word. Jy moet lekker kuier en alles geniet. - PP)

Liza Beyleveld Nuus kom van my dogter se selfoon sms. In Kuruman is dit baie warm. Hier bly van Woensdag af. 'n Amerikaanse meisie bly by my dogter. Sy bly in een van die swarte statte al vir 18 maande. Sy leer die swart onderwyseres om reg klas te gee. Sy het nou baie siek geword en nou kyk my dogter na haar. Sy het erg diarree. My dogter het haar dokter toe gevat, maar sy vat maar lank om gesond te word. Sy het nie medies nie en as sy nie nou begin draai nie, sal sy hospitaal toe moet gaan. My dogter hou haar skool vir Engelse kinders.

Gebed: Dank my Vader! O My God! Het U groot liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees, wat Hy vir ons gegee het. Met vriendelike groete in naam van Jesus.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville