Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.

Geestelike voedsel

Ons vat hande met die kerk vir dowes in Kayalitsha

  1. Ons is baie dankbaar vir mooi wat hierdie jaar gebeur het in ons Gemeente.

    Vir baie lank het ons gebid, beplan en probeer, maar ons het nie geslaag daarin om die dinge te doen wat die Here vir ons gevra het om sy Woord ook uit te dra na ander mense nie. En hier teen die einde van die jaar, begin daar dinge gebeur wat baie mooi is. Ons weet dat ons 'n klein gemeente is en dat ons nie baie kan doen nie, maar daar is 'n paar klein dinge, wat baie belangrik is. En ons weet dat dit die Here is wat ons Gemeente help en lei om hierdie dinge te doen.

    Ons het begin skakel met die swart dowes in Kayelitsha, en ons het klaar gesels met Richard, hulle dowe prediker, sodat hy volgende jaar kan gaan leer en die Bybel beter kan verstaan, sodat hy beter vir hulle kan preek.

    RICHARD DYABUZA SE GETUIENIS (vertaal):

    Richard is doof, hy was in die Effata skool vir dowes in Effata.

    Hy sê:

    Ek was 'n baie hardkoppige kind want my ouers het nie omgegee vir my nie. Ek kon hulle nie hoor nie, en hulle kon nie kommunikeer met my nie. Toe ek groot word, het ek begin drink, ek het baie gedrink, net soos my ouers, hulle het ook baie gedrink. In 1989 het ek 'n dowe vrou ontmoet wat gelowig was. Sy het vir my vertel dat Jesus lief is vir my. Sy het gesê dat die Here nie hou van my sondes nie, dat Hy nie tevrede is met die dinge wat ek doen nie. Sy het my na die kerk vir dowes gebring, en toe het ek vir Jesus ontmoet en ek het Hom aangeneem. Jesus is nou my Here en my Verlosser, Hy het vir my gesterf aan die kruis en Hy het al my sondes en slegte dinge weggeneem. Ek het toe opgehou om te drink en ek het begin om die Goeie Nuus oor Jesus se liefde te vertel vir ander mense.

    (Baie welkom, Richard, mag jy elke dag Godsliefde ervaar en dat jy die goeie boodskap sal uitdra, ons gebede is dat die Here jou sal elke dag sal gebruik om sy liggie te kan wees - Red)


    Ons gemeente en die Christian Fellowship for the Deaf (swart dowes in Kayelitsha)

    Afgevaardigdes van ons kerke het n paar informele samesprekings gehou waarop daar besluit is dat ons mekaar se hande gaan vat en vir mekaar gaan bid en ook samekomste gaan reel waarby altwee kerke betrokke sal wees.

    Ons gemeente het reeds twee maal afgevaardigdes na Notluthando gestuur waar die Christian Fellowship for the Deaf hulle eredienste hou, en die Christian Fellowship for the Deaf het hulle een erediens afgestel om by die De la Bat Gemeente te kom kerk hou. Ons wil dit n maandelikse instelling maak, dat ons mekaar se eredienste bywoon en kan leer by mekaar.

    Die De la Bat Gemeente het ook onderneem om vir Richard, wat leraar is van die Christian Fellowship, te ondersteun met sy studies. Ons is gewillig om vir hom te help op finansiële gebied asook om behulpsaam te wees met ander aspekte wat sy studies raak. Hy is gevra om uit te vind wat die koste verbonde aan die studie is, en om dit voor te lê aan die De la Bat Gemeente.


  2. Sending by Mitchellsplain

    Ons het geslaag daarin om te begin om dowes by Mitchellsplain te begin besoek, en ons beplan om elke maand 'n kerkdiens daar te hou. Daar is 'n paar van hulle wat bekommerd is dat ons nie weer sal kom nie. Tony Salie sê daar is sover net 6 dowes waarvan ons weet, en 'n vrou by wie se huis ons kan bymekaar kom. Die kerkraad vra vir Tony om te reël dat ons kan bymekaarkom - ons sal vir die vrou betaal vir die gebruik van die huis en 'n koppie tee, sy moet die dowes nooi. Naomi, Nicolene, Anton en Tony Salie het toe na die dowes se huis gegaan. Die mense was baie vriendelik gewees. Ons besef dat daar baie dinge gedoen moet word en dat daardie dowes groot behoefte het om van God se woorde te hoor. Neil du Plessis sê: "Vir die toekoms sal ons moet dink aan opleiding." Ds sê van die sending kommissie se mense sal ook moet begin preek om hulle voor te berei vir die werk wat hulle gaan doen. Almal moet asseblief hard probeer om name en adresse van dowes in die hande te kry sodat ons hulle kan nooi na die diens wat ons wil begin.


  3. Barrydale - besoek

    Jaco Hanekom en Ds. Hough het weer by Barrydale se dowes gaan besoek en vir hulle gepreek. Hulle is min dowes, en hulle kry baie min van God se woorde.


  4. Sending na Zimbabwe?

    Ds. Hough vra dat die sendingkommissie moet bid en vir die Here vra of Hy ons wil stuur na Zimbabwe volgende jaar. Ons moet eers konsentreer om die dowe mense na aan ons te bereik, en wanneer die tyd reg is, kan ons verder gaan besoek. Marisa sal meer inligting kry by Connie Burger, sy was tot in Kenia en het baie ondervinding en ken baie mense wat met dowes werk daar.


  5. Uitreikdag op 3 November 2002

    Ons gemeente het op Sondag 3 November uitgegaan om kerk te gaan hou by ander mense en dowes en by die hospitaal en tronk:

    Jeugwyk 2 het by Tygerberg Hospitaal besoek by kinderafdeling. Igma, Marisa, Hein, Nicolene, Truter, Niel de Vaal en Coreza van Zyl was almal saam. Ons het seep, waslappe, koeldranke, tandepasta ens vir die ouers wat nie kan bekostig om hul kinders te versorg nie, geskenk. Ons het persoonlik elke kind van baba's tot 6 jaar oud besoek. Verskillende siektes soos infeksies, gebreekte liggaamsdele, Tuberklose, waterpokkies, vigs, velprobleme en ondervoede kinders. Ons het vir hulle koekies uitgedeel, dit was goed om te sien dat hulle gesiggies verhelder het en dat hulle dankbaar is. Dit was vir ons wonderlik om Jesus se liefde so met hulle te deel. Ons moet baie bid vir daardie kinders vir hulle genesing. Volgende nuusbrief sal ons die res van die gemeente se uitreiking plaas.

    Ons kan net sê: "Prys die Here, want Hy is goed en getrou. Ds. Rocco Hough.


    Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville