Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


[Gemeentenuus]
[Bybel Lees-program]
[Bettie Theubes - Besoek aan Kilimanjaro]

Gemeentenuus

Bybel-lees program

Ons dowes het baie lank gewag vir ons eie Bybel, een wat ons kan verstaan en een wat geskryf is vir ons eie mense. Ons is nou al amper 70% klaar met die vertaling en dit lyk of die hele Bybel vir Dowes omtrent oor 3 jaar kan klaar wees. Die derde klein deel van die Bybel vir dowes het verlede maand verskyn, dit is die Vier Evangelies, en baie mense is regtig opgewonde daaroor (ook baie horendes). Nou wil ons begin om ons lidmate te help met die lees van die Bybel. Want ons kan nou die woorde verstaan, maar die boodskap self is partymaal ook baie moeilik. Daarom het ons besluit om 'n program uit te werk, met 'n kort stukkie vir elke dag. Die mense wat meer wil lees, kan op 'n ander plek ook lees, maar as ons almal saam lees aan die Bybelgedeelte vir elke week, dan kan ons dit bespreek in die bidure of by die kerk, en as daar probleme is, dan kan ons dit vir almal verduidelik. Die Bybelleesprogram begin op Maandag 28 Oktober. Ons gaan begin lees uit Matteus en ons vra dat almal solank 'n Bybelboek vir dowes (Matteus tot Johannes) koop. Dit kos net R15,00 (baie minder as een bioskoop kaartjie).

Bybel-lees program vir einde Oktober en begin November

Matteus 1:1-1:17 vertel wie was Jesus se familie, sy voorouers. Dit was belangrik vir die Jode om te weet dat Jesus 'n Jood was, en dat Hy uit die familie van koning Dawid was.
Lees die name as u wil, of begin by vers 18

Maandag 28 Okt     Matteus 1:18 tot 1:25
Dinsdag   29 Okt &   Matteus 2:1 tot 2:6
Woensdag 30 Okt    Matteus 2:7 tot 2:12
Donderdag 31 Okt    Matteus 2:13 tot 2:15
Vrydag 1 Nov       Matteus 2:16 tot 2:18
Saterdag 2 Nov     Lees op 'n ander plek in die Bybel
Sondag 3 Nov       Bid lank en maak jouself gereed om die Here te ontmoet in die kerk.
Maandag 4 Nov     Matteus 2:19 tot 2:23
Dinsdag 5 Nov     Matteus 3:1 tot 3:6
Woensdag 6 Nov     Matteus 3:7 tot 3:12
Donderdag 7 Nov     Matteus 3:13 tot 3:17
Vrydag 8 Nov       Matteus 4:1 tot 4:7
Saterdag 9 Nov     Lees op 'n ander plek in die Bybel
Sondag 10 Nov     Bid lank en maak jouself gereed om die Here te ontmoet in die kerk.

…..word vervolg in November Nuusbrief.

Skryf neer wat vir jou baie mooi is, en ook as daar probleme is. Faks vir my of bring dit na die biduur, sodat ons lekker daaroor kan gesels.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville