Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


[Gemeentenuus]
[Bybel Lees-program]
[Bettie Theubes - Besoek aan Kilimanjaro]

Gemeentenuus

Dankofferfees

Dit is Oktober, die tiende maand van die jaar, dus gee ons ons tiende vir die Here. Op 27 Oktober 2002 is daar 'n dankofferfeesdiens by ons kerk. Kry jou dankoffer-koevertjie by jou wykleier (diaken of ouderling). Ons gee ons tiende om vir die Here dankie te sê vir sy groot genade en al die voorsieninge wat Hy vir ons gee. Kommunikasie komissie het ook gereël, na die diens sal daar Dankofferfees-ete gehou word. Volwassenes R15, Kinders R8. Kaartjies sal by elke wykleier beskikbaar wees en kan ook by Tony Salie gekontak word. Kom ondersteun die kerk asseblief. Die ete sal in die middag om 12 uur begin.


Sterfgevalle

  • Hester Heyreman (Freddie se vrou) van Vredenburg is op 21 September 2002 oorlede. Die begrafnis was op Vredenburg gehou en Ds. Hough het die Begrafnisdiens gelei.
  • Hester du Preez van Rusoord is op 7 Augustus oorlede. Sy het lank Alzheimer siekte gehad, sy was lank by die versorgingsoord. Ons sal haar altyd onthou met 'n vriendelike oop gesig. Ons almal sal jou baie mis.
  • Marie en Willie van Rheeder se seun, Jaco is op 29 Augustus 2002 oorlede. Ds. Marius Breytenbach van Kleinmond het die roudiens waargeneem.

(Ons harte gaan uit na al hierdie familie, kinders en vriende met hul groot verlies. Ons bid dat hulle die Here se vertroosting en ondersteuning baie persoonlik sal beleef in hulle rou oor almal. Mag God in hierdie moeilike tyding met julle wees - Red)


Siekgevalle

Daar is 'n paar van ons dowes wat siek is, drie van hulle in die Fairheaven versorgingsoord in Parow.
Hulle is Eric Bergh, Annie Boldwin en Thora Dalton. Die maatskaplike werker mev. Serfontein en ek het hulle verlede week besoek, en dit gaan goed, maar hulle is baie alleen. Bid asseblief vir hulle en as julle kan, gaan kuier vir hulle.

Pierre van Zyl was besig om met die saagmasjien te werk en dié het sy vingers lelik raakgesny, toe moes hy dringend by die hospitaal uitkom, hopelik is sy vingers al beter en hy is nou lekker met vakansie, arme hy moet die verbandjies dra.


Geboorte

Deon en Lynn Thirion se verhaal van vreugde gaan verder en verder, en hulle het 'n baba bestel wat afgelewer word op 1 Oktober. Ons bid dat die mannetjie gesond sal wees en dat alles goed sal gaan met die operasie en dat hy net so opgewonde sal wees oor sy 4-wiel motorfiets soos sy pa. Hulle het nou net gebel van die hospitaal af en die Here was vir hulle baie goed. Hulle (eerste) seun Josh is gebore en hy weeg 3,385kg. en hy is 50cm. lank. Die dokter sê hy gaan beslis 'n rugbyspeler wees, want hy het baie vasgetrap toe hy moes uitkom. Baie geluk julle twee, mag die Here vir julle baie seën en gee dat hy vir julle net vreugde sal gee en dat hy van kleins af lief sal wees vir die Here. Hopelik een van die maand kom die babafoto's.


Nuus van oral oor

  • Stellenberg gemeente en Noluthando het op 29 September by ons kerk kom besoek, dit was lekker om vir hulle daar te hê sodat ons as een liggaam die Here loof. Noluthando se jeug het ook kom sing en van ons jeuglede het ook lofprysing gedoen.
  • Baie welkom vir al die nuwe inwoners van Rusoord - ons almal hoop julle sal baie gelukkig daar woon.
  • Ds. Hough en Jaco Hanekom het op 23 September na Barrydale toe gery, Ds. Hough het toe gepreek by die dowes en ook by Oudtshoorn. Daarna was hulle Oudtshoorn toe om meer inligting te kry om volgende jaar by KNKK 'n stalletjie te huur. Hulle is hard besig met beplanning en voorbereiding. Kom ons bid dat al die beplanning reg sal verloop.
  • Op 26 September was daar 'n biduurafsluiting gewees, dit was lekker om weer vrae te vra wat ons nie verstaan nie, dit is wonderlik om ook geestelik te kan groei. Daarna was daar lekker pannekoek gewees, nogal net reg vir 'n reënerige aand.
  • Die pannekoekbaksters van Rusoord is nog nie besig om lam te word nie. Ons onlangse fondsinsameling was R820,00. Hulle het toe weer op 28 September verkoping gehou en hulle het oor die R900,00 ingesamel. Ons dank die Here hoe Hy ons geseën het met ons harde werk en BAIE geduld.
  • Wyk 7 van Wellington het op 28 September op Stokkiesdraaifees verkoping gehad. Alhoewel die weer nie goed saamgespeel het nie, was die verkope redelik goed.
  • Op 6 Oktober, Sending en Evangelisasie kommissie - Naomi Lambrechts en Nicolene du Plessis, Tony Salie en paar lede sal op daardie dag Mitchellsplain toe gaan en 4 dowes gaan ontmoet by 'n huis. Daar is so baie dowes in daardie omtrek wat nooit van God gehoor het of selfs nie 'n kerk het nie. Ons gaan daar meer inligting uitruil en ons gaan begin om uit te reik sodat hulle ook ons Hemelse Vader kan leer ken. Bid asseblief vir ons sodat ons meer dowes kan betrek om ook die goeie boodskap te kan ontvang.


Leukemielyer soek dringend beenmurgskenker

Trudie van Heerden van Worcester is weer onlangs na Constantia Hospitaal opgeneem, sy moet vir 2 weke weer chemoterapie behandeling ontvang. Sy het bloedkanker. Sy wag al 1 jaar en 6 maande vir 'n beenmurgskenker. As daar iemand is wie se hart wawyd oop is om bloed te gaan toets en bereid is om te kyk of u die geskikte skenker is. Miskien moet ons as gemeente een dag reël dat die patoloog moet kom om ons bloed te toets. Kom ons dink aan Trudie in hierdie moeilike tyding en dit is nie altyd vir haar maklik om positief te bly nie. Mag God ook ons almal se gebede hoor en verhoor.

Worcester se De la Bat gemeente het op Erfernisdag 'n pretstap gereël om vir Trudie se trustfonds te ondersteun. Die dag was 'n sukses gewees, ons dank ook vir die Here vir sy voorsieninge.


Wyk 6 se wyksete

PAAR LESERS DEEL HOE LEKKER DIT WAS:

Francina en Hannes Selzer
Saterdagaand, die 21ste September 2002 was dit weer die wyk se gebruiklike wyksete ter afsluiting van die 3de kwartaal. Ons was omtrent 18 siele wat bymekaar gekom het by Dannie en Marie Jonck van Gordonsbaai waar Potjiekos voorgesit was. Die wind wou-wou ons net wegwaai, maar 'n boer maak mos 'n plan. Die 3 soorte potjies het binne in die huis ongehinderd en rustig op 3 gasstofies gestaan en prut. Die 2 baaskokke van die aand was Dannie Jonck en Winston Swartz en die baasbakster van 2 verskillende soorte poedings was Rosa van der Westhuizen. En o ja, die tuisgebakte brood was skaars gesny en op die tafel neergesit toe gou-gou daaraan weggelê is terwyl die potjies nog geprut het. Alles en alles was regtig liplek-lekker !! En daarna was dit mimiek en grappe vertel. Elkeen moes noodgedwonge óf sy maag óf sy kakebeen vashou soos ons geskater het van die lag! Ná koffie het ons almal traag opgestaan om huiswaarts te keer. Ek glo daar was glimlagte op vele slapende gesigte deur daardie nag. Baie dankie aan Dannie en Marie vir jul gasvryheid. Ons het dit baie geniet.

Valerie en Winston Swartz
Op 21 September het Wyk 6 'n kwarteinde byeenkoms gehad by Dannie en Marie Jonck se huis in Gordonsbaai. Dannie en Winston het drie potte 'potjiekos' gemaak. Hulle het 'n vark-, hoender-, en skaappotjie gemaak. Hulle was almal smullekker. Die wind was so erg dat hulle die kos op die gas binne-in die huis moet maak. Ons is almal baie gelukkig dat ons groep Wyk 6 kon bymekaar gekom het om die Here te prys en terselfde tyd 'n lekker aand saam te kon geniet.


Iets om mee te begin

Tony Salie skrywe dat ek die drukkery by my werk van 1 Oktober 2002 huur, daarvoor dank ek die Here vir daardie voorreg om op my eie in te gaan. Indien daar enige leser wie se familie enige drukwerk benodig om net vir my te skakel by (w) (021) 952 2151 en faks (021) 952 5806, vra vir Tony of tel/faks (021) 909 3400

Ek spesialiseer in die druk van:

  • Uitnodigingskaarte
  • Sertifikate
  • Kwitansieboeke
  • Druk op koeverte
  • Memo blad
  • Briefhoofde
  • Besigheidskaartjies
  • Flyers
  • Komplementstrokie
  • Nuusbriewe ens.

Ek soek ook persone wat grafiese ontwerp kan doen om met my te kontak. Hulle moet hul eie rekenaar en laserdrukker hê.

Dankie,
Tony


Anton Heydenrych van Kraaifontein het sy eie besigheid oopgemaak. Hy doen sweiswerk by die huis. Johan van Zyl was die eerste kliënt wat my gevra het om iets te maak. As enigiemand wil meer besonderhede wil hê wat ek enigiets moet maak, kontak my gerus, my selnommer is 083 712 4800 of faks vir my by die huis - dit is (021) 988 1884.


Hulp aan Noluthando kerk vir Dowes

'n Paar van ons kerkraadslede het Sondag die 15e September na kerk gaan besoek aflê by die kerk vir Dowes in Kayelitsha, by die Noluthando skool. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle daar aanbid. Daar was omtrent 25 volwasse Xhosa Dowes en ons het hulle uitgenooi om ook na ons kerk te kom. Hulle het 'n dowe leier, sy naam is Richard, maar die probleem is dat hy nie verder geleer het nie en dat hy nie die Bybel goed genoeg verstaan soos wat 'n predikant dit moet verstaan nie. Ons kerkraad het besluit dat ons hom gaan help om te studeer, om die Bybel beter te verstaan en om die mense beter te kan leer hoe hulle die Here moet dien. Hulle het toe op Sondag 29 September by ons kom kuier en saam met ons kerk gehou. Hulle jongmense en jongmense het gesing en dit was wonderlik om ook so die gemeenskap van die gelowiges kon hê. Ons het besluit dat ons weer vir hulle gaan kuier. Ons beplan om op Sondag 20 Oktober na kerk vir hulle te gaan besoek. Almal wat wil saamgaan, moet reg wees net na kerk, probeer om julle eie vervoer te kry, anders sal ons probeer om vir 'n paar mense vervoer te gee. Hulle gaan weer by ons kom besoek op Sondag 1 Desember.


Al ons lidmate gaan preek

Ons luister elke Sondag na die Woord van God, en ons weet ons moet dit uitdra en vir ander mense vertel, maar ons kry nie altyd die geleentheid nie, of ons wil, maar ons weet nie hoe nie. Daarom het die kerkraad besluit dat ons op Sondag 3 November vir al ons lidmate die geleentheid gaan gee om nie net te luister in die kerk nie, maar om self kerk te hou.

Ons gaan uitvind waar is daar dowes of ander mense wat gewoonlik nie kerk toe gaan nie, As hulle nie na die kerk toe kom nie, dan gaan die kerk na hulle toe. Ons gaan vir elke lidmaat 'n papier gee met 'n kort boodskap op. Die lidmaat kan die mense gaan besoek en vra saam met hulle te bid, en dan kan hy of sy die briefie lees, of miskien gesels oor die Here. Al die besoeke sal nie dieselfde wees nie. Party mense sal bly wees as iemand hulle kom besoek, en hulle sal lank wil gesels, ander mense sal skuldig voel en miskien nie baie vriendelik wees nie. Dit maak nie saak nie, ons gaan op daardie Sondag nie net een kerkdiens hou nie, maar een honderd. Kom ons bid vir daardie dag, en kom ons vra vir almal om saam te dink hoe gaan dit die beste wees. Ons gaan die volgende paar bidure en Bybelstudies gebruik om ons lidmate gereed te maak vir so 'n uitreik. Mense wat nie vir ander lidmate wil besoek nie, kan vir mense in die hospitaal gaan besoek of mense in die tronk.


Ds. Hough se lekker verjaarsdag

Dit was vir my baie lekker om op 8 September te kon verjaarsdag hou saam met die gemeente. Ons het kerk gehou en die jongmense het baie mooi vir my gesing en die Here se seën gebid op my werk. Dit was wonderlik. Toe hou ons 'n lekker kerkraadsvergadering en toe begin die partytjie - 'n lekker potjie wat ons saam geëet het. Johann van Zyl en Rentia was die hoofde van die kookspan, en baie mense het gesê dat hulle nog nooit so lekker potjie geëet het nie.


Ds. Hough se haresny

As 'n mens 'n belofte maak, dan moet jy dit hou. Maak nie saak of ander mense dink jy is dom nie. Net na die basaar het die kerkraad vir my uitgedaag om my hare af te sny as ons basaar meer as R 60 000 sal insamel. Ek het ja gesê, maar op die voorwaarde dat as ons volgende jaar nie R 60 000 insamel met die basaar nie, dat die hele kerkraad hulle hare sal afsny, en dat die vrouens hulle hare bloedrooi sal kleur. Die kerkraad het ja gesê en toe soek ons 'n goeie geleentheid. Die tyd loop aan en my hare moet weer mooi wees vir al die troues wat ek moet hou in Desember, daarom waai my hare hierdie week. Ons sal volgende maand foto's daarvan in die Nuusbrief plaas.


Biduur-afsluiting

Daar het 'n baie mooi ding gebeur in ons gemeente hierdie jaar. Ons het bewus geword dat die Here spesiaal vir ons geroep het om sy boodskap uit te dra, en dat Hy vir ons wil gebruik, ja ons De la Bat gemeente en al ons lidmate. Ons het gedink dit sal goed werk as ons van nou af elke laaste Woensdag van die maand die wyksbiduur gebruik om ons lidmate te leer hoe om hierdie werk te doen. Maar daar het nie baie mense gekom nie. Toe het die dagbestuur van die kerkraad gedink dit sal beter wees, as ons die bidure self gebruik om die lidmate te leer en om vir hulle elke Woensdagaand in hulle wyke te leer wat die Here vir hulle vra, ook vir hulle sendigwerk. Daarom gaan ons weer net 4 maal per jaar op 'n Woensdagaand by die kerk bymekaarkom, en dit is aan die einde van elke kwartaal waar ons die bidure saam afsluit. Die ander Woensdagaande, ook die laaste een van elke maand, is gewone wysksbidure soos wat dit op die kerkprogram geskryf is.


Kantoorure

Die dagbestuur het vir baie lidmate gevra watter tye vir hulle die beste pas vir die kerkkantoor. Ons het ook gekyk na die veiligheid van die skriba en maatskaplike werker wat party aande in die donker moet loop na hulle motors, en toe het ons besef dat daar baie meer mense op 'n Sondag na die kantoor kom as op 'n Dinsdag-aand. Daar is omtrent net 3 persone wat gereeld saans na die kantoor kom. Nou het die dagbestuur besluit dat die kantoor elke Sondag moet oop wees tot 11:00 uur, en Dinsdag-aande van 17:00 uur tot 18:00 uur. As daar iemand is wat later wil kom, laat weet vir ds. Hough asb.


Nuusbrief

Ons kerkraad is bekommerd omdat daar baie van ons lidmate is wat nie die Nuusbrief elke maand kry nie. Ons vra vir almal om lekker te lees, maar om ook te bid vir die werk van die Nuusbrief en om dit te ondersteun waar julle kan. Daar is baie dinge wat met elkeen gebeur wat die ander lidmate en lesers graag wil hoor, maar as julle dit nie skryf en vir die Nuusbrief stuur nie, weet die ander nie daarvan nie.


Woekergeld

Ons gemeente wou eers 'n tweede basaar hou hierdie jaar, maar ons het toe besluit dat dit beter sal wees as ons nie 'n basaar hou nie, maar dat ons vir die wyke vra hard te werk aan hulle insamelings van woekergeld. Party lidmate wil op hulle eie iets doen om self te woeker, en ons is dankbaar vir elkeen wat dit doen.


Rusoord se leningskuld

Ons het baie goeie nuus gekry oor die skuld van ons Rusoord. Die voorste deel is 8 jaar gelede gebou @ R 780 000, en die Here was vir ons so goed, dat ons van daardie dag af nog niks afbetaal het van die geld wat ons geleen het nie, ook niks rente nie. Die rente het meer en meer geword, en die geld wat ons geskuld het, was in die begin van hierdie jaar omtrent R 1,6 miljoen. Nou het ons 'n brief van die staat gekry, wat sê dat hulle al daardie geld afskryf, en dat ons niks meer vir hulle skuld nie. Die enigste skuld wat ons het, is R 60 000 wat ons moes leen toe die Rusoord klaar gebou moes word. Kom ons dank die Here vir sy goot liefde vir ons, en ons dink aan planne om die R 60 000 af te betaal.


Ds. Hough soek Beltel

Hy het versoek of daar iemand nog van die ou rekenaar, Beltel het wat nooit gebruik nie. As daar iemand wat Beltel beskikbaar het, wat graag wil verkoop of weggee, dit kan 'n goeie toestand of dalk bietjie stukkend wees, sal hy waardeer as iemand vir hom kan kontak. Tel: (021) 948 6631


Johannes Brink se 40 ste verjaarsdag

Naomi en Johan van Zyl en vriende het besluit om vir Johannes Brink 'n verrassings- partytjie te hou. Ons het hoenderbraai by Johan van Zyl se huis gehou. Vriende van ver van Vredendal het spesiaal afgekom om die liefde te deel. Ons glo en weet dat Johannes 'n groot verrassing was en dat hy dit baie waardeer het. Almal het lekker gesellig verkeer en baie gelag. Hy is vir ons spesiaal en bid dat die Here vir hom baie seëninge sal gee en dat God hom as 'n instrument sal gebruik.

>> Fotos


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville