Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


Lekker leeshoekie van grappies, gediggies, staaltjies ens.


DIE ONSELFSUGTIGE VROU

Tien mans en een vrou hang aan 'n lang tou wat onder 'n helikopter hang. Ongelukkig was die tou nie sterk genoeg om hulle almal te dra nie. Toe het hulle besluit dat een van hulle die tou moet los, anders gaan die tou breek.

Almal het stilgebly, totdat 'n vrou begin praat het. Sy het gesê dat sy bereid is om die tou te los, want as vrou is sy gewoond daaraan om altyd alles op te offer vir haar man en kinders of vir enige ander man, sonder om iets terug te verwag.

Nadat sy gepraat het, het al tien mans hul hande geklap!

Wat het toe gebeur? Beantwoord asseblief in volgende maand se nuusbrief.


ROKER SE SKULD

Ek het een aand rys gekook en ons het lekker geëet. Die volgende aand wou ek weer rys kook. Terwyl ek die rys afgespoel het, het ek op 'n platgedrukte sigaretstompie afgekom wat binne-in die sak was! Ek het toe vir die fabriek in Epping laat weet en hulle het toe vir my 'n ander pak rys by my werk afgelewer. Dit wys 'n mens dat jy altyd moet oplet wat binne in die verpakking is voor jy dit kook/eet.


GEVAARLIKE KERK

'n Mamma kyk by die venster uit en sien vir Jannie kerk speel met hulle drie klein katjies. Hy maak hulle in 'n ry sit en preek vir hulle. Toe gaan sy aan met haar werk. 'n Rukkie later hoor sy 'n geraas in die agterplaas, en sien Jannie is besig om die katjies onder die water te druk, elkeen drie maal. Sy maak die venster oop en sê: "Jannie, hou dadelik op! Jy sal die katjies versuip!" Jannie kyk op en antwoord heeltemal tevrede: "Hulle moes daaraan gedink het en gevra het watter kerk ek is voor hulle by my kerk aangesluit het!"


GEBED WEN DIE SLOT

Die Sondagskoolonderwyser sukkel om die slot oop te kry van die kas waarin die Sondagskool boeke is. Dit is 'n kombinasieslot wat met 'n klomp nommers werk.

Sy kon nie al die nommers onthou nie en later gaan soek sy hulp by die dominee. Hy kom na die kas toe en begin die knop draai. Na die eerste twee nommers kan sy sien dat hy ook die nommers vergeet het. Hy kyk toe boontoe en sy lippe roer effens. Toe draai hy die laaste nommers en die slot spring oop. Die onderwyseres was baie verbaas en sê: "Sjoe, jy het darem 'n wonderlike gebedslewe, dominee!" "Ag, dis eintlik niks nie," antwoord hy. "Die nommer van die kombinasie is op die plafon vasgeplak."


VLOEKWOORDE

Die juffrou vang die seuntjie terwyl hy lelik praat."Jeffrey," sê sy, "jy moenie so lelik praat nie. Waar leer jy dit?" My pa het so gesê," antwoord hy. "Ag, dit maak seker nie saak nie, want jy weet tog nie wat dit beteken nie." "Ek weet tog, Juffrou," help Jeffrey haar reg. "Dit beteken die kar wil nie vat nie."


OEPS

My vrou het 'n paar mense vir ete oorgenooi. Aan tafel draai sy na ons sesjarige dogtertjie en vra haar of sy wil bid en die seën wil vra. "Ek weet nie wat om te sê nie, Mamma," antwoord sy. "Ag, sê maar net wat jy by Mamma gehoor het en sê dit," sê my vrou. Ons dogtertjie maak haar oë toe en sê: "Liewe Here, waarom het ek tog so baie mense genooi?"


DIE REGTE WOORD

'n Leraar was besig met huisbesoek met sy fiets, toe hy 'n seuntjie raaksien wat op die sypaadjie 'n grassnyer probeer verkoop. "Hoeveel wil jy vir die grassnyer hê?" vra hy. "Ek soek net genoeg geld om 'n fiets vir my te koop," antwoord die seuntjie. Die dominee dink 'n bietjie en vra: "Sal jy my fiets neem in ruil vir die grassnyer?" Die seuntjie wou eers met die fiets 'n draai ry, maar toe hy terugkom is hy gereed om die knoop deur te hak. Die leraar neem die grassnyer en begin die aansitter se tou trek, maar sonder sukses. Hy roep toe die seuntjie nader en sê: "Maar hierdie grassnyer kan dan nie loop nie." Die seuntjie sê die geheim is dat jy eers moet vloek voor hy vat. Die leraar sê toe dat hy nie vloek nie. "Ek is al so lank gered dat ek nie eens meer onthou hoe om te vloek nie." Die seuntjie glimlag tevrede en sê: "Hou maar net aan om aan die tou te trek. Oom sal gou genoeg onthou."


HEMEL TOE

Die dominee het elke week 'n kinderboodskappie as deel van die diens gehad. Die kinders het om hom voor die kansel kom sit, en hy het toe met hulle oor die hemel gesels. Aan die einde van sy praatjie vra hy: "Wie van julle wil hemel toe gaan?" "Ek wil!" roep een van die dogtertjies uit. "En wat moet jy eers doen om daar te kom?" vra die leraar. "Doodgaan!" roep een van die seuntjies.


LINKS?

Klein Bobby het die naweek by sy ouma gaan kuier. Dit het oornag gesneeu en Ouma besluit om die seuntjie die Saterdagoggend na die park te neem. Alles was pragtig en spierwit. Sy ouma merk toe op: "Dit lyk presies soos 'n skildery! Weet jy dat God hierdie prent spesiaal vir jou geskilder het?" Bobby sê: "Ja. Hy het , en Hy het dit met sy linkerhand gedoen." Ouma kon nie die kloutjie by die oor kry nie, en vra toe: "Hoekom sê jy dat God dit met sy linkerhand gedoen het?" "Wel," verduidelik Bobby, "Ons het laasweek by die Sondagskool geleer dat Jesus op God se regterhand sit."


DIE SKOOLRAPPORT

Die seuntjie het nie baie goed op skool gedoen nie. Eendag kom staan hy langs die juffrou en sê: "Ek wil nie vir Juffrou laat skrik nie, maar my pa het gesê as my punte nie verbeter nie, gaan iemand 'n goeie pak slae kry!"


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville