Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


Belangrike Lewensles


Toe 'n jong vrou eendag by haar ma huil en moedeloos haar lewe beskryf asof sy net wil handoek ingooi, neem haar ma haar sonder 'n woord kombuis toe. Daar neem sy drie kastrolle en vul elk met water. In die eerste plaas sy 'n paar wortels, in die tweede 'n paar eiers en in die derde gemaalde koffiebone. Toe sit sy dit op die stoof en laat dit kook.

Twintig minute later skakel sy die plate af. Sy haal; die wortels uit in 'n bakkie, toe die eiers en laaste die heerlike geurige koffie en vra haar dogter: "Wat sien jy?".

"Wortels, eiers en koffie" antwoord sy.

Die ma laat haar voel aan die wortels. Dit was sag gekook. Sy dop 'n eier af en laat haar voel aan die klipharde eier. Daar na skink sy vir haar van die heerlike geurige koffie.

"Elk van die drie het dieselfde krisis deurstaan- KOKENDE WATER", verduidelik haar ma. "Maar elkeen het verskillend gereageer. Die wortel is hard en onverbiddelik in die water in, maar dit het sag en swak daar uit gekom. Die eier was broos en sag. Die dun dop het die vloeibare inhoud beskerm. Maar die kookwater het die binnekant verhard. Die gemaalde koffiebone het uniek gereageer. In plaas daarvan dat dit verander het, het dit die kookwater waarin dit was, verander.

"Watter een is jy?" vra sy die dogter. "As krisis en pyn aan jou deur klop, hoe reageer jy? Is jy 'n wortel, 'n eier of 'n koffieboon?".

Baie mense swig onder die druk van krisisse en word kragteloos. Ander lyk oënskynlik maar nog net dieselfde van buite, maar binnekant is dit kliphard. Sal dit nie wonderlik wees as ons almal soos die koffiebone kon reageer nie.



MAG JY "N PERMANENTE KOFFIEBONE-EFFEK Hê IN 'N KOOKWATERWêRELD




Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville