Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus]
[Bybel Lees-program]
[Bettie Theubes - Besoek aan Kilimanjaro]

Gemeentenuus

Bettie Teubes besoek by Kilimanjaro

Ons het geland op Kilimanjaro en is vandaar per bus na Moshi - een en 'n halwe uur se ry soontoe. Geleë suid van die ewenaar in Tanzanië is die berg 19 340 voet hoog enn Afrika se hoogste berg. Ek het die Machame Roete gestap. Ons is per kombi na die Machame hek. Daar het die draers ons goed soos kos en rugsakke verdeel. Ons was net drie stappers - ek en 'n Australiese paar Troy en Alex Newman. Ons het deur die tropiese woud gestap en die voetpad was maar baie modderig en vol water. Na vyf uur se stap het ons in tente by Machame Hut oornag.

Die volgende dag het ons na Shira hut gestap. Dit is 'n redelike maklike roete. Ons het opwaarts gestap na Shira Cathedral. Daar is rotes en ons het tussen die rotes tente opgeslaan. Die toilette daar lyk maar treurig. Die een se deur was af en die ander een se deur moet jy oplig om dit toe te maak. Na ons op Shira oornag het., is ons na Barranco. Dit was 'n harde, moeisame staptog. Ons het verby Lava Toring gestap en afgeloop in 'n vallei waar ons middagete genuttig het. Daarvandaan was dit 'n steil stap. Vir die eerste ruk het ons geklim (soos bergklim) met 'n afgrond onder ons. Mapstieks! Vir my ouderdom kan ek nog hier rots vat en daar raakvat. Ek het dit gemaak tot heel bo. Toe is dit 'n voetpad na onder en weer effens boontoe. Dit was 'n eindelose voetpad wat weer na onder gedaal het waar ons oornag het. Toe was dit taamlik steil na Barafu en weer 'n effense daling. Daarna het ons geloop die hoogte uit. Omdat ek gou klaar was, het die gids, Wilson, gesê ek kan maar solank begin loop. Ek het drie Spaanse stappers teengekom en hulle het 'n bietjie met my gesels. Ons het almal stadig boontoe gebeur. Eindelik was ons op die berg by Barafu. Dit was die laaste nag vir die staptog na die top van Kilimanjaro.

Die gids het my laat verstaan omdat ek 66 jaar oud is moet ek reeds voor 10 uur Woensdagaand begin stap na die kruin. Die ander het die nag om 12 uur eers begin stap. Al was die voetpad steil, het ek elke oomblik dit geniet om boontoe te beur. Later toe voel ek het lank genoeg vorentoe gekyk, het ek afgekyk om te sien of dit al 12 uur was. Ek het weer en weer gekyk. Eindeli kon ek sien die mense het al begin stap met hulle kopligte. Ek het twee maal bergsiekaanvalle gekry. Ek het doodstil gesit tot ek beter gevoel het. Toe ek die tweede maal aanval kry, het die gids vir my gevra of ons moet afklim, maar ek het hom gesê ek wil boontoe stap. Eindelik het die voorste stappers my ingehaal. Dit was vir my pragtig toe die stappers met hulle kopligte by my verby geloop het. Ek het na sewe uur die Donderdagoggend Stellapunt bereik en kon sien hoe die son opkom. Toe het ek links gestap tot ek by die hoogste piek gekom het. Dit is Uhuriu piek. Die hoogste piek in Afrika. Dit was vir my te goed om waar te wees om die hoogste piek van Afrika te bereik. Die uitsig was pragtig en asemrowend. Toe ek afloop kon ek toe die voetpad sien waarlangs ek boontoe geloop het en dit was 'n steil voetpad. Gelukkig het ek in die nag geloop!!! Dieselfde dag het ek nog verder afgeloop na die Kadia kamp. Dit is sewe myl van Barafu af. Dit is 'n nuwe kamp wat op 10 September 2001 geopen het. Die volgende dag was die laaste staptog weer deur die tropiese woud. Die voetpad was weer modderig en vol water. Boonop het ek ook gegly en was vol modder. Ek het maar baie gehawend gelyk toe ek by die hotel gekom het - die ene modder. Die volgende dag is ek per vliegtuig na Zanzibar. Dit is 'n tropiese eilang met wuiwende palmbome en plante. Zanzibar is bekend vir sy speserye. Die eerste aand het ek in 'n stokou hotel oornag met 'n hoë bed en muskietnet. 75% van die stad, Stone Town, se geboue het verf nodig. Die ou geboue dateer uit die tyd toe die Sultans nog geregeer het. In 1964 was daar 'n revolusie. Die Sultan het gevlug en woon tans in Engeland. Sy seun is nou president van Tanzanië, maar hy woon nie meer in die paleis nie. Die paleis is nou 'n museum. Die laaste sultan was 'n groot geboude man terwyl sy seun skraal gebou is. Toe die sultan gevlug het, het van sy volgelinge na Oman gevlug.

Die volgende dag is ek na 'n strandoord, Mapensie. Dit is 'n uur se ry van die stad af - eers teerpad en toe grondpad. Die grondpad is maar in 'n baie swak toestand en die bussie het omtrent geskud. Dit was aangenaam daar, maar ek het die mense en hulle kultuur van die stad gemis. Die vrugtemark bestaan al van 1904 af. Zanzibar bestaan uit 'n paar eilande - die vernaamste is Unguja en Pemba. Unguja is beter bekend as Zanzibar Town of Zanzibar City. Die eiland is deel van die Republiek van Tanzanië. Die Anglikaanse Katedraal is in 1873 gebou en daar word gesê dat die altaar op die plek gebou is waar die slawemark was. Die oudste apteek se hoeksteen is in 1887 gelê en die gebou is in 1894 voltooi. Die gebou is onlangs gerestoureer. Dit is nou 'n kultuur sentrum. Die sendeling dokter, David Livingstone, se kruis is in die katedraal. Stone Town huisves 51 moskees, 6 hindu temples en 2 Christelike kerke (die Anglikaanse Kerk en die Roomse Katolieke kerk, St. Joseph's Katolieke Katedraal). Die St. Joseph Katedraal is gebou deur Franse sendelinge. Tanzanië se taal is Zwahili.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville