Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Dink die Here aan my?

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   Biduur afsluitings

   Artikels
   Hoe om jonk te bly
   Wat beteken dit om werklik ryk te wees?

   Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resep
   Goue gedagtes

   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 September 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Biduur afsluitings]

Gemeentenuus

BIDUUR AFSLUITINGS BY NGK DE LA BAT

Die laaste Woensdag van elke maand om 7 uur word daar biduurafsluiting in die kerk gehou. Wat gebeur by hierdie bidure?

Ons gesels saam oor die doel van ons kerk, die verantwoordelikheid van ons lidmate en waar ons gemeente moet betrokke wees in die wêreld. Hierdie bidure is baie belangrik. Hoekom? Ons is die liggaam van Christus op aarde. Die Here wil vir ons gebruik om Sy liefde en genade te verkondig. Ons mag nie stilbly en rus nie. Nee! Daar is baie werk wat gedoen moet word bv. siekes besoek, armes versorg en vir Dowes getuig wat nog nooit van God gehoor het nie.

Waaroor het ons al gesels?

Voordat 'n kerk kan begin werk is dit baie belangrik dat daar goeie beplanning sal wees. Ons moet luister na dit wat God graag wil hê ons moet doen.

A. Daarom het ons eerste biduur gegaan oor:

DIE DOEL VAN ONS GEMEENTE

Ons het saam besluit dat daar drie belangrike doelwitte is in 'n gemeente:
(1) God moet verheerlik word

Wat beteken verheerliking van God?

- ons moet God erken as die Here (as Hoof van ons lewens)
- ons doen dit deur as gelowiges saam te kom by die kerk en Hom te loof en prys
- ons moet ook die goeie boodskap in die wêreld indra

(2) Ons lidmate moet opgebou word
- ons moet lidmate help om te sien watter talente God vir elkeen gegee het en hulle oplei om te kan werk in die kerk…
- Dink bietjie watter talente het God vir jou gegee. Gebruik jy dit? (3) Die boodskap van Jesus se liefde en genade moet uitgebou word
- Dit help nie ons kom net Sondae kerk toe, maar in die week doen ons niks nie! Dan beteken ons kerk eintlik niks nie!
- Gevaar: as ons net vir mekaar sorg raak ons warm en help ons nie die mense daar buite nie!
- Ons moet begin om Jesus se liefde te deel met mense om ons! - Kan julle dink aan nog dinge wat ons kerk kan doen?


B. Die tweede biduur het gegaan oor:

DIE BELANGRIKHEID VAN GEBED

Wanneer 'n kerk hard werk vir die Here, maar daardie kerk bid nie, dan volg die mense elkeen hulle eie planne en nie God se plan nie. Daarom is dit belangrik dat ons lidmate sal bid vir die kerk en die belangrike werk wat gedoen word.

Dink mooi vir 'n paar oomblikke: Bid jy gereeld vir die dominee, kerkraad, die kommissies en die ander lidmate? Bid gereeld vir ons kerk sodat ons leiers die regte besluite maak en God eer.

Ons vra mooi dat die lidmate hierdie biduurgeleenthede getrou sal bywoon. Dit is die geleentheid wat die Here ons gee om saam te dink en te beplan. Wanneer ons so saam kom, dan vorm ons lidmate 'n wonderlike eenheid en word God se naam verheerlik!

Sien julle by die volgende biduurafsluiting!

Neil du Plessis


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville