Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Dink die Here aan my?

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   Biduur afsluitings

   Artikels
   Hoe om jonk te bly
   Wat beteken dit om werklik ryk te wees?

   Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resep
   Goue gedagtes

   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 September 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Geestelike voedsel

Psalm 40:1 - 6

2 "Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. 3 Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. 4 Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelę, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom eer toebring, hulle sal op die Herevertrou! 5 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie. 6 Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem."

Boodskap

Daar is baie alleenmense in die węreld, en soms is dit 'n las wat glad nie lekker is nie. Dalk voel jy ook daar is niemand wat sal verstaan hoe ongelukkig jy by die werk is nie en hoe alleen jy is nie.

Die Bybel gee ons in elke lewens-omstandighede hoop en bemoediging. Toe Dawid 'n eensame vlugteling was, het hy gesę: niemand gee vir my om nie (Ps. 142:5). Selfs Jesus het alleenwees geken toe Hy in Getsemane geworstel het. Hy het baie lank gebid. Hy was ook baie bang gewees en dis waarom Hy van God verlate gevoel het. Ja, Hy het ook geweet dat Hy gekruisig gaan word en dat Hy sal sterwe, maar Hy het egter geleer om in God se wil te berus. Ook Dawid het vroeg reeds die les geleer om aan God vas te hou: U dink altyd aan ons (Ps.40:6).

Ander mense dink dalk nie aan jou nie. Jy voel of jy heeltemal alleen is, maar die Koning van die Skepping dink altyd aan jou! Hiervoor kan ons op Hom vertrou en nuwe moed skep. Julle moet net op God vertrou dat God by jou is wanneer jy eensaam is of jy glad nie gelukkig by die werk is nie, dan sal jy uitvind dat Hy jou nooit in die steek sal laat nie. Word bewus van Sy lewende teenwoordigheid, dan sal jy nooit weer alleen wees nie. Hy het belowe: "En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinde van die węreld." (Matt. 28:20)

Amen.

Hein van der Merwe se preek op 18 Augustus 2002

Vir nog preke, besoek gerus http://ngkdelabat.tripod.com/preke.htm


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville