Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Dink die Here aan my?

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   Biduur afsluitings

   Artikels
   Hoe om jonk te bly
   Wat beteken dit om werklik ryk te wees?

   Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resep
   Goue gedagtes

   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 September 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Biduur afsluitings]

Gemeentenuus

Bybeloorhandiging

Die datum 28 Julie is 'n baie belangrike hoogtepunt vir ons gemeente. Hoekom? Die Afrikaanse Bybel vir Dowes (ABD) is nog 'n ent nader aan klaar! Matteus tot Johannes is uiteindelik vrygestel. Hierdie besondere eksemplare is oorhandig deur. Prof. J.P. Oberholzer, Voorsitter van die Vertalingskomitee van die ABD het die pragtigste skrifvoorlesing gedoen, hy het al so baie geleer uit dowes se agtergrond, kultuur en kennis dat hy die Skriflesing so maklik en duidelik oorgedra het. Die kerk was stampvol om hierdie pragtige geleentheid by te woon. Ons sê veral dankie vir al die lede van die Bestuur van die Instituut vir Dowes (Vertalingskomitee) wat so hard gewerk het om een van hierdie eksemplare vir dowes se taal maklik verstaanbaar te maak. Ook aan ons leraar, Ds. R. Hough wat so baie moeite en tyd afstaan om ook met hierdie Bybel se vertaling te help. Ons sê veral ook dankie aan ons Hemelse Vader wat ook moontlik gemaak het om hierdie Bybels bekend te stel, sonder Sy hulp sou hierdie geleentheid nooit aangebreek het nie. Ons het na die oorhandiging en die kerdiens almal heerlik koek en tee gehad.


Kom ons sing saam …..

Ons sing spesiaal hierdie lied om vir die Here dankie te sê vir sy groot genade.

ONS IS ALMAL HIER TESAAM

Ons is almal hier tesaam
vergader in Sy Naam
verheerlik Hom
Tot die dood was Hy getrou
en daardeur is ons nou Sy eiendom

Laat ons maak soos Hy ons sê
Mekaar steeds lief te hê
en Hom bo alles eer
Loof Hom, Christus die Heer

Hy is my geregtigheid,
ek staan volmaak in Hom
verheerlik Hom (x3)
die Heer

Loof Hom, Christus die Heer (x2)


Webblaaie / webwerf vir Dowe Fokus en Gemeente vorder goed

Dit is nou al twee maande vandat ons Dowe Fokus en ons kerk se eie webblad op die Internet beskikbaar is.

Ek ontvang elke week 'n verslag van hoeveel mense na ons webblaaie kyk. Ek plaas dit hieronder sodat julle ook kan sien hoe die webwerf vorder.

NG KERK DE LA BAT - GEMEENTE VIR DOWES WEBBLAD
Gemeenteblad: http://ngkdelabat.tripod.com
Totale besoeke = 75 (vanaf 31 Junie 2002)

DOWE FOKUS - WEBBLAD
Webblad: http://dowefokus.tripod.com
Totale Besoeke 191 = (vanaf 1 Junie 2002)

Ons moedig julle aan om meer na die webblaaie te kyk, dit is werklik interessant en die moeite werd om te gaan inloer.


RUSOORD NUUS

Dapper pannekoekbaksters

Die 3de Augustus was 'n ysige dag maar die dapper baksters van Rusoord en die komitee het R1010,00 ingesamel met hul pannekoekverkoping. Weens die koue het ons baie gesukkel om die pannekoeke gaar te kry, want die gasstofies wou nie lekker warm word nie en die wind het die pannekoeke gedurig koud gewaai. Naderhand het die mense wat gewag het, omgedraai. Ons het begin bekommerd raak maar op die ou end was dit vir ons ongelooflik hoe goed die Here vir ons geseën het met 'n goeie verkoping. Baie dankie vir die helpers van Rusoord en komitee.


Donasie van Wynland Dowe klub te Paarl

Die klub het gesluit en hulle het R2 450,00 aan die Rusoord geskenk. Ons komitee is baie dankbaar vir hierdie welkome donasie. Ons sê baie dankie vir die klub asook 'n spesiale dank aan Hannes van Zyl wat aan ons bejaardes gedink het.

Martie Spence, Rusoord komitee Voorsitter


Siekgevalle

Jaco Hanekom van Bellville het op 8 Augustus 'n verskriklike ding oorgekom, maar agterna was hy egter baie dankbaar. Hy was besig om in sy motorhuis se solder reg te pak, toe hy wou afkom van die leer af, het hy sy balans verloor, hy het toe hard met die aarde kennis gemaak, dit was 'n harde slag gewees, hy het erg gebewe van die skok, hy het gedink iets in sy liggaam het gebreek, sy vrou het hom dadelik hospitaal toe gevat om X-straal plate te laat neem, gelukkig was niks gebreek nie, hy het sy rug, bene, arms en voet seergemaak, hy is nou besig om gesond te word, alhoewel die pyn nog sigbaar is, hy is baie dankbaar dat hy nie so erg oorgekom het nie en dat die Here vir hom die wonderwerk gegee het.

Hul jongste seun, Henco was op een oggend baie huilerig gewees, dit het gelyk of hy koorsig was, toe was by die kleuterskool, Jaco se vrou het toe oproep gekry dat sy seun hoë koors het, hulle moes hom dokter toe vat, hy het hom verwys na radioloog en pediater het hom dadelik hospitaal gestuur, omdat hy longontsteking gekry het, hy was drie dae lank in die hospitaal, hy is nou weer beter, hy moenie naby die nat reën en by koue weer kom nie. Hulle is almal dankbaar dat die Here met hulle is.


Sterfgevalle

Trix van Niekerk van Durbanville se oupa was in Junie maand oorlede. Ons bid vir haar familie en mag die Here vir julle vertroosting bring.

Johanna (Jossie) Susanna Louw van Rusoord het sag heengegaan op 4 Augustus 2002. Sy was gebore op 6 April 1917, dus was sy in die ouderdom van 85 jaar. Roudiens was gehou op Woensdag, 7 Augustus 2002. Prop. Neil du Plessis het die roudiens gelei. Jossie was 'n voorbeeld van 'n saggeaarde en baie vriendelike persoon, sy was dus ook baie gelowige mens. Sy het nooit gekla nie, die glimlag op haar gesig was altyd daar, van die familie, vriende en Rusoord mense sal haar nooit vergeet nie. Mag sy daar in die hemele saam met Jesus in Sy arms rus.

(Ons harte gaan uit na haar familie, kinders en vriende met hul groot verlies. Ons bid dat hulle die Here se vertroosting en ondersteuning baie persoonlik sal beleef in hulle rou oor Jossie. Mag God in hierdie moeilike tyding met julle wees en dat julle altyd vir Jossie sal onthou as 'n dierbare en saggeaarde vrou. - Red)


Kamers beskikbaar by Rusoord vir Dowes

Ons het tans enkel kamers oop by Rusoord vir Dowes, waar u gesellig saam met ander Dowes kan bly.

As u belangstel , faks of skakel vir Mev. Suzelle Serfontein by (021) 948 5000 vir meer inligting.


BONNIEVALE - 8 tot 11 Augustus 2002

Klompie vriende het besluit, wat kan 'n mens met langnaweek maak…. hier is dit: Bonnievale wegbreek naweek by 'n gastehuis. Dit was vir ons elkeen besonder baie lekker om bietjie weg te breek van die besige stad af. Die eerste aand het ons lekker worsbraai gehad en lekker tot laataand gekuier. Die heerlike weer het saamgespeel en ons kon ons verlustig in die buitelug lewe, Kallie het spesiaal fietse saamgebring dat ons kan rondry. Deon en Lynn, het hul toekomstige babaseun se klein motorfietsie ook saamgebring (sien op foto 2). Van die mense was ook op 'n klein 'wyntoer', elke aand het ons lekker gesels en speletjies gespeel. Selfs op vrouedag was die vroue lekker bederf, die manne moes potjiekos maak en ons vrouens bedien (ja julle het reg gelees, die manne kan die vrouens behoorlik bederf). Elkeen moes ook klein pakkie onder R10 saambring en dit onder mekaar uitdeel en ons het ook vasvra kompetisies gehad. Ons sal dit graag weer wil doen in die toekoms, sommer gou-gou.

> Fotos


Ringsitting (1 - 2 September 2002)

Op 1 - 2 September 2002 word die 35ste sitting van die ring van Bellville by N.G.K Bellville-Vallei gehou. Kom ons bid vir al die leraars, verteenwoordigers en die lede van die NG Kerke sodat sake reg besluit kan word en ons kerke van Bellville die Here se naam groter kan maak. Mag hierdie vergadering geseën word en dat God ook op so 'n besondere wyse groot genade gee.


Verwelkoming

Ons gemeente sê vir Ds. Hough baie welkom terug na 'n lang vakansie. Ons hoop Ds. Hough het heerlik uitgerus en dat u baie nuwe planne gemaak het vir ons gemeente. Hy begin amptelik op 8 September 2002, jammer om te sê dat dit op sy verjaarsdag is, ons hoop hy geniet sy verjaarsdag en mag die Here vir dominee baie seëninge gee. Ons is almal dankbaar om vir Ds. Hough in ons gemeente te hê. Ons sê nie altyd genoeg dankie maar ons waardeer u harde werk baie.


Week vir Dowes: 1 - 7 September 2002

Ons vier weer hierdie jaar Week vir Dowes. Ons is dankbaar dat daar so 'n spesiale week is. Nou kan horendes meer bewus word van ons dowes se taal en kultuur. Probeer om daardie week vir familie en vriende gebare te leer sodat hulle ook meer sensitief is vir dowes se behoeftes.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville