Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





Nuwe beplanning vir Instituut vir Dowes
op Worcester

Die Instituut vir Dowes op Worcester is die afgelope 120 jaar besig met dienslewering aan Dowes op verskillende vlakke: Skool en vak-opleiding (in die De La Batskool), Geestelike Sorg (in twee gemeentes), die Versorging van Meervoudig Gestremde Dowe persone binne 'n terapeutiese program (in Lewensruimte vir Dowes) en die bevordering van Dowe Kultuur (Afdeling Dowe Kultuursake).

Geld en middelle om met hierdie dienslewering aan Dowes voort te gaan raak egter nou al minder en hierdie werk sal binne kort nie meer moontlik wees as daar nie nuwe planne gemaak word nie.

Na intensiewe navorsing en strategiese beplanning is besluit dat die Instituut ook opleiding van volwassenes sal moet doen om te oorleef. Hierdie opleiding sal vir volwasse Dowes wees (VBOO vir LSO*; en VOO**) asook vir alle persone wat diens aan Dowes lewer (onderswysers, sendelinge en predikante, sorgwerkers en ander terapeutiese sorgwerkers). Hierdie nuwe afdeling se naam is IDIA (Instituut vir Dowes Inisiatief Afrika).

Die Uitvoerende Direkteur van die Instituut (mnr DP de Villiers) en die Direkteur van Lewensruimte vir Dowes (ds AL Smit) sal 'n groot deel van hulle tyd gebruik om IDIA aan die gang te kry. Om hulle met hulle werk te help, is besluit dat die Instituut 'n jong predikant sal aanstel wat hulle sal help met die werk wat hulle reeds doen. Ds Mia Potgieter is vir hierdie belangrike werk deur die Worcester-De La Batgemeente beroep met spesiale opdrag: Lewensruimte vir Dowes. Haar pos word deur die Idia-afdeling betaal.

Daar is besluit dat ds Potgieter van die jeugwerk in die gemeente sal doen, waarvoor ds Viljoen dan sekere werk in die Instituut sal doen. Die gemeente het dus nog steeds net die uitgawes en dienste van een predikant. Ons vertrou dat IDIA sal slaag, sodat die Instituut nog lank in staat sal wees om diens te lewer aan die Dowes. * VBOO vir LSO (Engels: ABET for LSEN): Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoetes. ** VOO: Volwasse Onderwys en Opleiding

Saamgestel deur SW Viljoen 15-03-2002

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville