GEBEDE
Luistergebed
1. MAAK JOUSELF RUSTIG
- Gaan sit alleen op 'n rustige plek (in jou kamer of buite)
- Ontspan jou spiere en haal diep asem
- Wat neem jy alles waar ? (Wat hoor, voel, ruik en sien jy?)
2. DINK AAN GOD
- Dink aan alles wat die afgelope tyd met jou gebeur het: goeie dinge, gewone dinge en slegte
en swaar dinge
- Dink nou daaraan dat die Here die hele tyd by jou teenwoordig was en alles saam met jou
beleef het - al het jy nie aan Hom gedink nie
- Praat nou met die Here oor alles wat met jou gebeur het
3. DINK OOR 'N BYBELGEDEELTE
- Lees die Bybelgedeelte wat vir jou gegee word 'n paar keer rustig deur. Moenie haastig wees nie
- Herhaal sekere woorde of sinne wat vir jou getref het en uitstaan. Dink daaroor na
- Dink dan oor die vrae wat in die week se dagstukkies gevra word
4. SLUIT AF
- As 'n mens sien hoe groot, almagtig en genadig die Here teenoor ons as nietige mense
is wat maar sukkel om te glo, kan ons nie anders as om te reageer nie - ons aanbid en loof die Here en sê
vir Hom dankie.
Kantoorgebed
Baie dankie Here, dat wanneer ek wil gek word as die foon so lui en ek dink ek nou my
breekpunt bereik het, dan voel ek skielik 'n stroompie in my binneste bruis, en ek
antwoord die foon sonder moeite - en wat meer is, ek is nog boonop vriendelik met die
mense!! Dankie Here, dat wanneer almal gelyk in my kantoor instorm en al die ontmoontlike
soek en ek voel ek kan sommer net aan die skree gaan totdat almal weg is, dan voel ek
skielik 'n koel windjie om my waai, en ek het skielik die kalmte om almal te help -
en wat meer is, ek vra vir hulle of daar NOG iets is waarmee ek kan help!!
Baie dankie Here, dat wanneer die papiere op my tafel ophoop en my moed sommer in my
skoene sak en ek wonder wat sal gebeur as ek die hele spul in die snippermandjie gooi,
dan voel ek skielik hoe die warm sonstrale in my deurbreek en ek deur al die filing draf -
en wat meer is, ek sing terwyl ek file!!
Dankie Here, dat wanneer almal om my buierig, nors en sommer onredelik is en ek voel ek
wil myself in die badkamer toesluit tot die dag verby is, dan voel ek skielik 'n
dankbaarheid in my gemoed dat ek nog kan glimlag terwyl almal frons - en wat meer is,
kort voor lank glimlag hulle almal terug!! Baie dankie Here, dat wanneer die swaarmoedigheid
oor my toesak en ek my lot so swaar moet dra, en ek voel of ek al een is in hierdie hele
departement wat werk, dan voel ek skielik hoe my arms sterk word en hoe maklik ek werk,
sonder om te kla - en wat meer is, ek begin hou van wat ek doen!!
Dankie Here, dat wanneer ek voel ek op my einde is, my kragte alles klaar is, my moed
gebreek en my glimlag vergeet, en ek voel dat ek aan die huil wil gaan en nooit weer
ophou nie, dan voel ek skielik 'n kalmte oor my toesak, en dan is my dag verby, en ek kan
huis toe gaan, want U het my deur hierdie dag gehelp....
AMEN!!!!!!