VERKOPE BY BASAAR
WYK 1: SOSATIES EN ROOMYS
WYK 2: HAMBURGERGS
WYK 3: HOTDOGS
WYK 4: PANNEKOEK EN KERRIE-MAALVLEIS+VETKOEK
WYK 5: POEDING
WYK 6: KOELDRANK, KOFFIE EN TEE, KERRIE-MAALVLEIS+RYS
WYK 7A: WORS EN GROENTE (HET 3 TAFELS NODIG)
WYK 7B: KOEKSISTERS EN GEMMERBIER
WYK 8: MISKIEN VIS, MAAR IS NOG NIE SEKER NIE
LEIER VAN TAFELS:
WYK 1: JACO HANEKOM
WYK 2: ANTON HEYDENRYCH
WYK 3: WYKIE GOUS
WYK 4: RHONA OLIVIER
WYK 5: MANSIE DU PLESSIS
WYK 6: NAOMI LAMBRECHTS
WYK 7: HANNES VAN ZYL (GROENTE EN WORS)
WYK 8: MISKIEN SAL HULLE VIS GEE SODAT ONS SELF KAN VERKOOP.
WIT OLIFANT: MARTIE SPENCE
HOUTWERK: ERNST BLIGNAUT
GROOT-KOEKE EN TERTE: JOHANNA KRITZINGER
BESKUIT, KOEKIES EN BROOD: ZITA DU PLESSIS EN HELET BURGER
KOLWYNTJIES, LEKKERS EN KONFYT: NICKY DU PLESSIS
SLAAI: MARTIE SPENCE SAL IEMAND SOEK OM DIE VERANTWOORDELIKHEID TE NEEM.
As julle graag koeke, terte, beskuit, slaaie ens. vir basaar wil skenk, moet julle self met die leier van tafels kontak wat julle graag iets wil gee. Die belangrikste van alles dat ons almal lekker en ooi moet saamwerk. Julle moet asseblief elke dag bid dat die Here ons ryklik sal seën dat die basaar goed sal afloop. As julle graag nog enige idees vir my wil gee, kan julle gerus met my kontak.
Hein van der Merwe, Basaar Voorsitter
WIT OLIFANT BENODIG
Wit olifant benodig dringend ou artikels soos ornamente, speelgoed, kombuisware, juweliersware, glase, gereedskap, portrette ens. Kyk asseblief in julle kaste, laaie en motorhuise waar daar onnodige ongebruikte goed rondlê. Skenk dit asb vir ons belangrike basaar. Onthou, sorg dat die elektriese ware in werkende toestand is voor u dit weggee. Lewer dit asb. by die kerkkantoor of by Martie Spence, St. Andrewstraat 27, Oakdale, Bellville, faksnommer is 919 1462.
Groot asseblief aan elke leser wie nie kan bak vir die basaar nie. Voorsien asseblief droë bestanddele en eiers sodat die wat ons bak, meer produkte kan maak. Baie dankie vir u bydrae.
Ingestuur deur Martie Spence
GROOT GUNSIE VANAF ZITA DU PLESSIS
Kerkbasaar: Leier van klein koekies, enige brood en beskuit - Zita du Plessis
Ek wil groot guns vra of iemand lekker boerbeskuite en plaasbrode vir my tafel kan sorg. Baie mense soek altyd na ou dae se lekker eetgoed. Ek sal bly wees as julle vir my iets kan bak. Kom kontak met my as julle nog iets wil vra - faks no: 8728256 of selfoon no. (082) 4539072 (sms alleenlik) Baie dankie vir samewerking.