Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Gebede
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Kennisgewings
 Nuwe beplanning vir Instituut
 Gebaretaal as amptelike taal
 Basaarnuus
 'n Tikkie humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 Goue gedagtes



 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 April 2002





Gemeentenuus

[Jeugwyk] [Wyk 6] [Wyk 7B] [Nuus uit ander wyke]

Wyk 6

Cecilia Lotz se kleinkind is Sondag, 3 Maart 2002 gedoop. Dit is die eerste kind van haar seun Wynand en sy vrou. Cecilia bly by hulle in 'n Ouma woonstelletjie en geniet die kleinkind baie.

Dirkie Smit se arm is nog steeds in verband na die groot ongeluk wat hy gehad het. Daar is penne in die hand en dit word aan die begin van April verwyder. Dirkie is nog steeds werkloos en finansieel gaan dit baie swaar met hulle. Hulle seuntjie is baie gelukkig by die Skool vir Dowes op Worcester. Bid asseblief vir hulle dat Dirkie se arm heeltemal sal herstel en dat hy weer 'n goeie werk sal kry, om hulle finansieel weer op die been te bring.

Nico Smit is ook nog steeds werkloos en ons bid dat die Here vir hom ook spoedig weer 'n werk sal voorsien. Nico sukkel ook met sy gesondheid en het suikersiekte. Ons vertrou dat dit spoedig baie beter sal gaan met hom. Susan, sy vrou, het reeds 8 jaar gelede haar bestuurslisensie gekry, maar nooit die vrymoedigheid gehad om te bestuur nie. Een Sondag, toe Nico weg was, het Susan die bul by die horings gepak en na haar ouers op Franschhoek gery. Almal was baie verbaas toe Susan op eie houtjie daar aangery gekom het. Dit het haar soveel selfvertroue gegee, dat Susan nou die wêreld vol ry. Susan, ons is bly saam met jou dat jy nou so lekker kan bestuur. Susan het ook intussen 'n verandering by haar werk gemaak. Sy is nou nie meer 'n tikster nie, maar 'n administratiewe klerk. Sy geniet die verandering baie. Ons hoop dat hierdie verandering sommer baie voorspoed vir Susan sal inhou.

Deon Dippenaar se gesondheid ry op die oombik baie wipplank en dit gaan nie te goed met hom nie. Hy swel baie as gevolg van die water en sy hart is baie swak. Ook bly hy maar baie moeg en eet baie swak. Ons bid dat die Here vir Hanna krag sal gee om hom elke dag getrou te versorg en te ondersteun.

Kallie en Ria Behm van Brackenfell was vir 1 week vinnig na Namibia toe. 'n Ou Oom en Tante by wie hulle altyd in Namibia gaan kuier het, is vermoor. Die begrafnis was op Woensdag 27 Februarie op Okahandja. Die oumense het alleen op 'n plaas 160 km noordoos van Okahandja gewoon. Ons was baie hartseer om van hulle tragiese moord te hoor. Hulle is met 'n houtpaal (dropper) doodgekap. Die moordenaars is nog nie gevang nie. Ons het die geleentheid gebruik om sommer vinnig by 'n paar vriende in Namibia te kuier en het dit baie geniet. Namibia is op die oomblik baie mooi groen, want dit het baie goed gereën. Kallie het sommer baie heimwee na sy land gehad!

Kallie is weer herkies as diaken by De La Bat gemeente, mag God vir jou hierdie spesiale werk ryklik sal seën in alles wat jy doen. Baie geluk en mag jy ook God se spesiale instrument wees. - Red

Juanita Carstens van Stellenbosch het op 1 Maart 'n operasie gehad om galstene te verwyder. Daar was 21 galstene gewees. Ons bid haar 'n spoedige herstel toe en hoop sy is gou weer op die been. Intussen het sy weer begin werk en dank God dat Hy tydens by haar operasie was en deurentyd geseën het.

WYLE CISCA CILLIERS

'n Paar jaar gelede het ek 'n wonderlike oomblik beleef wat my altyd na aan die hart sal lê. Ek het vir Cisca by die Karl Bremer Hospitaal besoek terwyl sy siek was. Daar was nog arm siek pasiënte saam met haar in die saal. Deon Dippenaar het vir haar 'n lekker pakkie suiglekkers van haar dogter gebring. Sy het dit oopgemaak en dadelik met die ander pasiënte gedeel - sy het net een vir haarself oorgehou.

Ek het vir Cisca altyd geken as 'n baie vrygewige persoon wat omgee vir straatkinders en bedelaars - sy het haar altyd oor hulle ontferm.

By ons Bybelstudie het sy pragtige gebede gedoen, dit het uit die hart gekom. Sy was 'n voorbeeld vir die ander. Ek sal haar teenwoordigheid by die kerk en Bybelstudie mis. Sy het vir my 'n foto van haar en Stefi gegee wat 'n paar jaar gelede tydens die ete vir die bejaardes geneem is en gevra dat ek haar altyd moet onthou. Die foto is ingesluit.

Ingestuur deur Valerie Swartz

Hulle selnommers is soos volg:

Valerie Swartz: 083 387 6498 / Winston Swartz: 083 387 6499

Cisca en Stefi Cilliers

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville