Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Die krag van gebed
   Kom ons bid...

  Gemeente nuus
   Gemeente nuus
   Malawi-uitreik
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Egpare moet mekaar waardeer
   Aan my vriende
   Potskuur

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Resep van die maand
   Goue gedagtes

  Briewe
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Ontvang Dowe Fokus deur die pos

Volgende sperdatum:
22 Julie 2002





Humor vir die Maand




Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees. Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag. "Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag." Antwoord oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beterne oupa?!"




Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en se " Moenie vir my betaal nie - ek is nog onder ses!"




'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin. Uiteindelik fluister sy vir haar ma: "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?"




Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik. "Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy ". . . dit laat my tande hoes!"




LEKKERDER AS DIE HEMEL
Dit was altyd lekker om na kerk by Ouma se huis bymekaar te kom. Ons kinders en sommige kleinkinders was eendag saam. Die gesprek gaan toe oor hoe dit in die hemel lyk en hoe wonderlik dit sal wees. Die grootmense bly 'n rukkie stil, en voor Ouma iets kon sê, praat die vierjarige Tommy. "Wel, julle kan maar almal hemel toe gaan as julle wil. Ek bly net hier by Ouma!"



Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville