![]() |
|
Van die Redaktrise Geestelike Voedsel Gemeente nuus Artikels Gereeld Briewe Redaksie
Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier
hier
Ontvang Dowe Fokus deur die pos
Volgende sperdatum: |
Jeugontspanning
Op 8 Junie, 2 uur in die middag was daar jeugontspanning gewees. Die jeug het
besluit om daardie dag net lekker saam te kuier. By die kerk het ons op die
groot skerm rugby tussen die Springbokke en Wallis gekyk (Natuurlik het die
Springbokke gewen!!!). Daarna het ons heerlik saam pannekoeke gebak, elkeen
moes net vir hulself bak, maar op die ou end moet die manne net vir die vrouens
dankie sê, want hulle het vir al die manne lekker pannekoeke gebak. Ons het
heerlik saam gekuier tot laataand. Dit was lekker gewees terwyl die koue
wintersdae ons tref.
Op 8 Junie 2002 het ek 'n Avroy Shlain partytjie gereël, ek het 20 dowes
(net vrouens) genooi om na die soorte gesigbehandelings en grimering te luister.
Ons het vir hulle vertel dat skoonheid belangrik is in vrouens se lewens, van
binne en van buite af. Daarom moet ons gereeld gesond eet en reg leef, goeie
oefeninge doen. Ons moet ook goeie velsorgroetine hê, daarom is dit ook
belangrik om goeie velsorgprodukte te gebruik. Grimering is net so belangrik
vir die vrouens om mooi te kan lyk. Om mooi te kan lyk, voel hulle positief
oor hulle lewe en voel goed oor hoe hulle lyk. Ons het lekker ontbyt-ete gehad,
daar was baie gelukkige trekkings gewees, almal het lekker saamgekuier, laat
huistoe gegaan en die dag vreeslik geniet. Ek verkoop tans Avroy Shlain produkte,
as julle iets wil weet oor skoonheid en die produkte, is u baie welkom om my te
kontak. My nommer is (021) 949 4875 (faks) en sms 082 339 6382. Die Here het nie
verniet vrouens geskape nie, hulle bly die mooiste skepsels op die aarde. As jy
ook mooi wil lyk en positief voel oor jouself, kom maak gerus 'n draai by my.
Jy sal met 'n nuwer voorkoms en lewensuitkyk uitstap.
Ek soek graag 'n tweedehandse baba-monitor. Dit is 'n tipe alarm, wanneer die
baba huil, gaan die liggie aan en af sodat sy kan sien dat die baba huil. As
daar iemand is wat dit nooit gebruik of weet van iemand wat so 'n alarm het,
kontak asb vir Anza Marais by faks: (021) 555 2907 of sms 082 453 7745.
Louis Lourens van Gordonsbaai -
Op 8 Junie 2002 het my man, Louis nie lekker gevoel nie. Hy was baie koorsig gewees en baie opgegooi. Ek het ook verkoue en hoes gehad. Ek wou probeer om heerlike ontbyt vir hom te gee, maar Louis kon nie eet nie. Hy het drie dae geen water gedrink nie. Dinsdag, 11 Junie 2002 het Dannie en Marie Jonck vir Louis hospitaal toe geneem. My man het niks krag gehad nie, hy was baie swak. Die dokter het vir hom ondersoek, bloed getoets, nog ander dinge ondersoek. Die dokter vermoed Louis het virus griep gehad. Donderdag, 13 Junie 2002 was my man nog nie beter nie, Dannie Jonck het weer vir hom dokter toe geneem. Die suster het sy bloed getoets. Sy het gesê dat sy bloed baie laag was. Die suster het voeding (water) drup in sy arm gesit. Die dokter het gesê dat Louis hospitaal toe moet gaan. Ons het vir hom geneem na hospitaal en heeldag by hom gebly. My man se krag was heeltemal pap en net gelê op die bed. Die suster het nog drie liter voeding water vir hom gegee. Later het ons vir Louis huistoe geneem. Op 18 Junie het ek en my man weer hospitaal toe gegaan, want ons moet wag vir die dokter se uitslae van sy bloed. Toe sê die dokters, hulle kon nie vasstel wat fout was met hom nie. Die dokter sê, hy het nie normale bloed nie. Louis het nog vyf klein botteltjies van sy bloed laat uittrek, en dit gestuur na Tygerberg hospitaal. Ons het heeldag lank gewag in hospitaal, want ons moes hoor van sy uitslae van sy bloedtoetse. Die suster het gesê dat my man moet oornag in hospitaal. Hulle moet baie dinge toets uit sy pols, nog ander. Die dokter het vir ons gesê, die afspraak is 25 Junie en daarna 27 Junie na Tygerberg Hospitaal. Hulle gaan nog vir hom ondersoek. Ons families, kinders en vriende en ons gemeente moet vir hom baie bid om te bevestig wat die dokters sê wat fout is met hom.
Deon Dippenaar van Bellville -
Hy het weer siek geword en hy is toe opgeneem in Panorama Hospitaal, hy is
intussen weer ontslaan en gaan nou versorg word by Kuilsrivier Ouetehuis, omdat
dit moeilik is om hom by die huis te versorg. Ons dink baie spesiaal aan sy
vrou, Hanna en ook aan sy kinders. Kom ons bid vir sy gesondheid en vir sy gesin
in hierdie tyd.
Theuns Kruger van Rusoord -
Hy is op 9 Junie 2002, 6 uur in die oggend by Louis Leipoldt aan 'n hartaanval
oorlede. Hy sou in Oktober maand 86 jaar oud geword het.
Mej. Elna du Toit, Oud onderwyseres (Sub A - graad 2 klas) -
Sy is op 19 Junie 2002 by Panorama Hospitaal om 9 uur in die aand oorlede, sy
het borskanker gehad, sy het vir 'n rukkie chemoterapie ontvang, beter gegaan,
maar die laaste tydjie het sy baie agteruitgegaan. Sy is op 22 Junie begrawe.
Van al die skoolkinders en oudskoliere en ander vriende wat baie naby aan haar
was, sal haar altyd onthou dat sy 'n baie goeie mens was en vol liefde was.
Sy het baie gedoen vir die dowes. Sy was ook daarby betrokke saam met WP rugby,
sy het die skoolkinders ook baie geleer van rugby en kon hul rugbyhelde ontmoet.
Neem jouself in stilte van 1 minuut en dink aan haar familie en vriende wat
in hierdie moeilike tyding beleef.
Willie Mouton van Parow -
Hy is op 20 Junie 2002 oorlede. William beter bekend as Willie is gebore in 1944
op Clanwilliam. Hy het daar groot geword en nadat uitgevind is dat hy gehoorprobleem
het, het hy na De La Bat Skool vir dowes gegaan. Nadat hy skoolopleiding
voltooi het, het hy aangesluit by die Weermag en vir die volgende 33 jaar
van sy lewe tot en met sy dood het hy vir die weermag gewerk. Hy is 1974
getroud met Benita en sy 3 kinders is uit die huwelik gebore. Willie sal altyd
onthou word vir die sagte mens wat hy was. Hy was 'n baie hardwerkende man
en baie lief om skrynwerk te doen. Sy vriende en familie sal hom onthou as
iemand wat baie vrygewig was en graag sy naaste gehelp het waar hy kon.
Begrafnis: 26 Julie 2002. Prop Neil du Plessis
het die diens gelei
Wilma Alexander se moeder -
Sy is oorlede en was op die 8ste Junie op Stellenbosch begrawe. U onthou nog
dat een van die tweelingbaba van Wilma en Eugene 2 jaar gelede gesterf het.
Een van die tweeling is gesond en dit gaan nog baie goed met die kindjie.
Els en Ettienne Heugh se pa -
Op 3 Junie 2002 die oggend het Els en Ettienne Heugh se pa op pad werk toe 'n
massiewe hartaanval in sy motor gehad naby Kuilsrivier stasie en toe teen 'n
lamppaal gebots. Die gesondheidswerkers kon hom nie bybring nie en hy het
gesterf, Els se pa is op die 8ste Junie 2002 uit die VGK Eersterivier waar
sy pa 'n ouderling was, begrawe.
(Namens ons gemeente en lesers, ons innige meegevoel met familie en vriende wat
geliefdes aan die dood afgestaan het. Mag God in hierdie moeilike tyding met
julle wees. Hy sal julle troos. Ons harte gaan na julle uit en ons dink in
hierdie tyd saam met julle - Red)
Magda Spence van Oakdale
Op 16 Mei 2002 het die familie vir Arnold 'n heerlike braai gegee op sy verjaarsdag.
Arnold was baie hartseer om al sy dowe vriende van die Kaap wat hom al die jare
ondersteun, hulp asook huisvesting aan hom verskaf het, afskeid moet neem.
Die familie spreek hul dankbaarheid teenoor Tony Salie wat moontlik gemaak vir al die reëlings dat Arnold permanent huistoe kon gaan. Arnold help tans sy swaer met die loodgieter en ander sake in hul besigheid. Verder, vertel sy suster dat hy nog baie moeilik aanpas en vir haar was dit soos 'n droom dat hulle broer tuis is. Arnold se ander suster en broer wat ook doof is kon nie glo dat hulle broer permanent huistoe gekom het nie.
Verder wil ek ook melding maak dat hier in die Skiereiland baie dowes is, wat vir jare nooit hul ouerhuis besoek het of miskien nie belangstel nie. Lesers word gevra vir voorbidding dat daar 'n soortgelyke ontmoeting soos Arnold sal plaasvind.
Ons herrinner ons lesers net aan die biduurafsluitings wat elke laaste Woensdag van die maand by die kerk gehou word. Hierdie bidure is baie belangrik omdat ons as gemeente saam wil gesels oor beplanning hoe ons lidmate betrokke kan raak by projekte en sendingwerk buite ons kerk. Dit is belangrik vir ons om dowes wat ver bly bv. op die Kaapse Vlaktes te kan bereik en vertel van die goeie Nuus van Jesus se liefde. Ons wil almal uitnooi om hierdie byeenkoms by te woon.
|