Egpare moet mekaar waardeer
- Graag wil ek aan alle getroude pare sê : Waardeer mekaar.
- Soms misluk 'n huwelik en daar word gesê dis die skuld van 'n derde party.
- Maar gewoonlik was die huwelik reeds 'n mislukking, omdat julle mekaar nie waardeer het nie.
- Gee vir mekaar drukkies wanneer dit nodig is of selfs wanneer dit nie nodig is nie. Leer jou kinders om na hom of haar op te sien.
- Julle, die vroue, moet julle manne laat voel hulle is die dak en julle die vloer, dan sal julle huwelike nie misluk nie.
- Dan sal dit nie vir hom nodig wees om elders na liefde te soek nie, Werk aan julle huwelike en bly biddend op julle knieë.
Ingestuur deur Zita du Plessis
|