Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





EFFEKTIEWE HANTERING VAN KINDERMISBRUIK

'n Kort opsomming

Kindermisbruik is 'n ernstige probleem in al ons gemeenskappe. Opvoeders, dokters, verpleegkundiges en maatskaplike werkers het 'n spesiale rol om te speel in die hantering van hierdie probleem. Trouens, persone in hierdie professies word wetlik verplig om op te tree as tekens van kindermisbruik waargeneem word.

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het 'n beleidsdokument getiteld
Stop Misbruik: Effektiewe Hantering van Kindermisbruik uitgegee, wat omvattende riglyne voorsien oor hoe om hierdie sensitiewe aangeleentheid te benader.

Hierdie kort opsomming stel kernprosedures wat in die riglyne uiteengesit word, bekend. Dit moet nie 'n studie van die langer dokument vervang nie, gesien die wetlike verantwoordelikheid van opvoeders ingevolge artikel 15 van die Wysigingswet op Kindersorg (Wet 96 van 1996),

Hierdie opsomming fokus op die volgende:

  • Hoe om kindermisbruik te identifiseer
  • Die hantering van onthulling
  • Die hantering van vermeende oortreders

1. Hoe om kindermisbruik te identifiseer

Die volgende is ' opsomming van die belangrikste vorme en tipiese simptome van kindermisbruik. Die simptome word in groter detail in Stop Misbruik weergegee (bladsye 12 tot 17). Indien u twyfel oor hierdie simptome, bespreek u waarnemings met die prinsipaal (skoolhoof) of skoolmaatskaplike werker.

  • Fisiese misbruik, bv. beserings oor 'n tydperk of verskillende grade van genesing (snye, kneusplekke, brandmerke, skaafplekke, frakture) wat nie verduidelik kan word nie.
  • Verwaarlosing, bv. die kind groei nie en/of verloor gewig, is bleek en uitgeteer, vomeer voortdurend en/of ondervind diarree of bereik nie ontwikkelingsmylpale binne normale ouderdomsgrense nie.
  • Seksuele misbruik, bv. pyn of ongewone gejeuk in geslagsdele of anale area, seksueel oordraagbare siektes, probleme met sit of stap, gereelde urineweginfeksie of voortdurende irritasie en/of mondsere (wat met gedwonge orale seks in verband gebring word).
  • Emosionele misbruik, bv. bednatmaking, bevuiling en voortdurende klagtes van hoofpyn, naarheid en/of maagpyn waarvoor daar geen fisiese oorsaak is nie.


Pas die volgende prosedure toe as u enige vorm van kindermisbruik vermoed:

  • Win inligting in oor u vermoede sonder om enige persoon onder verdenking te bring.
  • Dokumenteer die inligting in 'n leêr (bv. inligting ontvang van die leerder, inligting ontvang van ander leerders en/of ouers, en verslae van ouers en opvoeders)/
  • Hanteer hierdie inligting as hoogs vertroulik. (Alle inligting wat ingewin word moet op 'n afsonderlike leêr geplaas word en in 'n brandkluis of toesluitkas gehou word). Hierdie inligting mag nie met ander opvoeders, of leerders, of ouers bespreek word nie.
  • Rapporteer u vermoedens aan die prinsipaal wat dan die prosedures sal volg soos in die Stop Misbruik-dokument uiteengesit word.

2. Hantering van onthulling

Die onthulling van misbruik kan 'n baie traumatiese ervaring wees vir beide die klaer en die opvoeder wat die kind ondersteun, en moet so sensitief as moontlik gehanteer word. Bladsye 20 tot 22 van die beleidsdokument gee leiding oor hoe om onthulling te hanteer.

Onthou om al die inligting te dokumenteer wat van die leerder verkry word. U kan die riglyne op bladsye 23 tot 24 van die beleidsdokument gebruik om te verseker dat u voldoende inligting oor die onthulling het. Dit sal u ook help indien die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in die geval van 'n kriminele saak, 'n beëdigde verklaring ontvang.

Moet asseblief nie die riglyne as 'n kontrolelys gebruik gedurende u gesprekvoering met die betrokke kind nie. Die klaer moet die geleentheid gegee word om vryelik te praat.

Volg die volgende stappe gedurende of na onthulling. Neem asseblief kennis van u spesifieke rol in die proses en die rol van die prinsipaal.

STAP 1 Verseker die veiligheid van die leerder (in samewerking met die SAPD en die maatskaplike werker, verseker dat die leerder nie In direkte kontak met die vermeende oortreder kom nie)

STAP 2

Verduidelik aan die leerder dat alle inligting vertroulik gehanteer sal word, maar ten einde hom of haar te help, u wetlik verplig word om die voorval aan ander rolspelers soos die maatskaplike werker en/of die SAPD te rapporteer. Verduidelik die rolle wat hulle sal speel, sowel as die prosedures wat in stappe 3 - 9 gevolg sal word.

STAP 3

Lig die prinsipaal in (behalwe as hy of sy onder verdenking is). Geen besonderhede oor die vermeende misbruik hoef in hierdie stadium openbaar gemaak te word nie.

STAP 4

Verleen bystand aan die prinsipaal om met die tersaaklike rolspelers in die onderstaande lys in verbinding te tree (binne drie dae nadat die insident plaasgevind het) sodat 'n besluit oor die proses van ingryping geneem kan word. (Indien u onseker is oor wie om te kontak, kontak die skoolmaatskaplike werker of die Veilige Skole Oproepsentrum by 0800 45 46 47. Kontak-nommers word op bladsy 33 van die beieidsdokument aangedui)

  • Die plaaslike welsynorganisasie
  • Die skoolsielkundige
  • Die Kinderbeskermingseenheid
  • Die SAPD in die klaer se woongebied
  • Arbeidsverhoudinge, as werknemers die vermeende oortreders is
  • Die klaer se ouer(s) (met die toestemming van die klaer, as sy of hy ouer as 14 jaar is), op voorwaarde dat hulle nie die vermeene oortreders is nie
  • Die Kinderbeskermingsentrum
  • Die Departement van Gesondheid en die Departement van Maatskaplike Dienste
  • Die skoolverpleegkundige (indien beskikbaar), of (indien toepaslik) die OSLO-skoolverpleegkundige.

STAP 5

Verleen bystand aan die prinsipaal met die voorbereiding van 'n verslag aan die maatskaplike werker en die SAPD. Verseker dat vertroulikheid gehandhaaf word deur die prosedure te volg wat op bladsy 27 van die beleidsdokument voorsien word.

STAP 6

Verleen bystand aan die prinsipaal om met die tersaaklike rol- spelers, genoem in stap 4, te vergader sodat 'n plan van aksie waarin die verantwoordelike van elke deelnemer wat in die inter- vensieproses aangedui word, opgestel kan word. Die prinsipaal moet dan die aangeleentheid of voorval aan die Hoof: Ge- spesialiseerde Leerder- en Opvoederondersteuning (GLOO) van die betrokke Onderwysbestuur- en -ontwikkelingsentrum (OBOS) rapporteer.

STAP 7

Die prinsipaal sal die aangeleentheid met al die rolspelers opvolg, die proses dokumenteer en u inlig oor die vordering. Hy of sy sal ook die inligting deurgee na die Hoof: GLOO van die betrokke OBOS.

STAP 8

Hou die leerder en haar of sy ouer(s) ingelig oor die stappe wat die rolspelers doen en die uitkoms van die ondersoek.

STAP 9

Verleen bystand aan die prinsipaal met die montering van die leerder se emosionele, psigiese en fisiese welstand, bespreek dit met sy of haar ouers, en verwys die leerder vir professionele hulpverlening indien nodig.

3. Hantering van vermeende oortreder

Wat om te doen as 'n leerder die vermeende oortreder is:

Volg bogenoemde stappe 1 - 9 om aan die vermeende leerderoortreder hulp te verleen. Die oogmerk hiervan is om te voorkom dat die vermeende oortreder verdere misbruik pleeg. Stel die volgende bykomende prosedure in, indien nodig:

  • Kontak die vermeende oortreder se ouers, stel hulle in kennis van die insidente en bespreek 'n plan van aksie vir ondersteuning en intervensie.
  • Verwys die vermeende oortreder vir emosionele ondersteuning en terapie, indien nodig.
  • Reël vir die tydelike skorsing van die vermeende oortreder, afhangende van die omstandighede en slegs as dit in die beste belang van ander leerders en die skool sal wees. (As die aard van die oortreding ernstig genoeg was om skorsing of uitsetting te regverdig, sal die prinsipaal die aangeleentheid na die skool se beheerliggaam verwys.)

Wat om te doen as 'n opvoeder of werknemer van die skool die vermeende oortreder is:

  • Die ouer, opvoeder of werknemer aan wie die onthulling gedoen is moet die prinsipaal inlig.
  • Die prinsipaal sal die Hoof: GLOO van die betrokke OBOS inlig, wat op sy of haar beurt die personeel by Arbeidsverhoudinge van die Wes-Kaap Onderwys- departement in kennis sal stel.

Wat om te doen wanneer die prinsipaal die vermeende oortreder is:

  • Die werknemer aan wie die onthulling gedoen is, moet die Hoof: GLOO van die betrokke OBOS inlig, wat die personeel by Arbeidsverhoudinge van die WKOD in kennis sal stel. Die werknemer aan wie die onthulling gedoen is, sal ook die Hoof: GLOO van die plaaslike OBOS van die tersaaklike dokumentasie voorsien.

Eksemplare van Stop Misbruik : Effektiewe Hantering van Kindermisbruik, en 'n opleidingsvideo, is aan die skole gestuur. Versoek asseblief u prinsipaal om hierdie materiaal aan u beskikbaar te stel indien sy of hy dit nog nie gedoen het nie.

Dankie vir u belangstelling in die hantering van hierdie ernstige sosiale probleem. Met u hulp is daar baie wat ons kan doen om ons wêreld 'n veiliger plek vir die kinders in ons sorg te maak.

Hierdie riglyn is uitgereik deur:

Gespesialiseerde Ondersteuningsdienste
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Privaatsak X9114
Kaapstad 8000
Tel: (021) 467-2557
Faks: (021) 467-2610



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville