Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002




Dagsê al my lesers!!!!

Februarie maand was 'n lekker vol maand gewees. Kerkraadskamp, Valentynsdag, huisbesoeke, vergaderings ens. Maar die Here was goed vir elke kommissies, kerkraadslede en asook die gemeente self. Daar is 'n paar vreugdes en 'n paar wat ook hartseer is oor die slegte tyding soos bv. mense wat oorlede is en asook mense wat siek is en asook mense wat swaarkry, maar wees verseker dat God oor elke mens ontferm.

Ons het nou onlangs besluite geneem oor die kostes van die nuusbrief, omdat die lewe nou egter so duur geword het, het ons besluit dat mense wat die nuusbriewe by die kerk kom afhaal, sal R5,00 per nuusbrief gevra word, die geld sal deel wees aan die kostes van die papiere, die drukwerk, die internet ens. Dit is nog steeds goedkoop en beskou die geldjies wat gegee word as 'n donasie. Ons sal dit baie waardeer. Die mense wat die nuusbrief deur die pos ontvang wil word, die pryse het gestyg, dit sal dié keer R80,00 per jaar wees. Dit sal vanaf 1 April 2002 begin styg.

Die bankbesonderhede is soos volg:
Rekeninghouer: NG Kerk De La Bat
Rekeningnommer: 1450580526
Takkode: 334910

Daar is ook 'n vorm binne die nuusbrief beskikbaar as u belangstel om Dowe Fokus deur die pos te ontvang. As jy klaar inbetaal het, kan jy die depositostrokie faks na die kerk toe, die faksno is (021) 948 5000. Dan moet jy asb. net noem op die faks dat dit vir nuusbrief bedoel is en jou adres verskaf waarnatoe dit gestuur moet word. Dankie vir die ondersteuning. Dankie dat julle so gereeld ons nuusbriewe lees, dit is 'n oop kommunikasie waar al die mense kan sien.

Geniet julle paasfeestyd.
Groete in Jesusliefde
NICKY!!!!!!






Die De la Bat gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes. Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Indien u iets wil skryf aan die Dowe Fokus, kliek hier.
Indien u n donasie wil maak, kliek hier.
Indien u wil inskryf op die nuutste Fokus, kliek hier.
Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville