Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
  - Bedanking
  - NB afkondiging
  - Soek geleentheid
  - Basaar 4 Mei
  - Eetgoed by tee en begrafnisse
  - Ons kosters
  - M-Tel rekeninge
  - Diensaksie soek lede
  - Kontaknommers
  - Fondse vir leukemielyer
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





BELANGRIKE KENNISGEWINGS

BEDANKING

Met die heengaan van ons geliefde moeder wil ons hartlik vir julle bedank. Baie dankie vir die fakse en sms'e boodskappe met die simpatie van ons moeder se afsterwe. Ons waardeer dit baie.

Nico, Susanna Schreuder en van Rhyn familie


BELANGRIKE AFKONDIGING

Christen saamtrek op Nuweland 21 Maart 2002
(Ek plaas dieselfde berig as verlede maand se nuusbrief aangesien ons kennis moet neem van die saamtrek - Red)

Daar was baie Dowes wat verlede jaar spyt was omdat hulle nie saamgekom het na Nuweland nie, waar 40 000 Christene bymekaar was om die Here te loof en om vir die wêreld te wys die Here is ons Koning. Hierdie jaar gaan dit baie groter wees. Daar gaan nie net op Nuweland 'n byeenkoms wees nie, maar op 6 groot stadions in die land, en dan gaan hulle ook op die groot skerms wys hoe die ander Christene iets doen. Die organiseerders het vir ons gevra om solank te reël hier in die Kaap, en te hoor hoeveel kaartjies hulle vir ons in die losie moet bespreek. Ons vra vir almal wat belangstel, om asseblief gou te spring. Ons sal nie meer as 40 kaartjies vir ons gemeente kry nie. Ons vra ook vir Dowes in ander groot stede om dadelik kontak te maak met die organiseerders, of om vir ons te vra om te help, sodat daar ook sitplekke in losies vir Dowes bespreek kan word, omdat hulle bymekaar moet wees en die tolke goed kan sien. Kom ons almal bid baie hard vir hierdie byeenkomste en ons vra die Here om dit te seën sodat ons 'n getuienis kan wees vir die wêreld en vir almal kan sê: Die Here is ons God, Hy regeer en ons loof Hom saam met al die ander gelowiges.


SOEK GELEENTHEID OM PRETORIA SE OMGEWING TOE TE GAAN

Alwyn en Helena Carstens van Stellenbosch soek geleentheid om deur die loop van die jaar Pretoria toe te gaan en terug. Sal bydra tot koste. As daar iemand is wat weet wie soontoe gaan, kan gerus vir hulle kontak by faks : (021) 887 2367


BASAAR - 4 MEI 2002.

Ons basaar is net 2 maande ver. Ons vra vir al ons lesers om asseblief hard te bid dat die Here vir ons 'n groot basaar sal gee, en ons vra vir almal om asb. ook hulle kollektelyste vol te maak en vir familie en vriende vra om by te dra. Ek het 'n brief geskryf wat mense kan gee vir maatskappye as hulle donasies wil vra of afslag wil hê op produkte. Vra net vir my of vir die skriba, ek kan dit ook faks of met e-pos stuur. Ds. R. Hough


Eetgoed by tee en by begrafnisse

In die verlede het ons baie keer by die kerk tee gedrink en iets geëet. Dit was baie maklik om dit te reël, want as ons afgekondig het dat daar eetgoed moet wees, het elke vrou twee bordjies eetgoed gebring, en daar was baie keer nie genoeg plek op die tafels nie. Maar dinge het verander. As ons nou vra vir mense om eetgoed te bring, dan is daar baie min vrouens of mans wat bring, maar as ons in die saal kom, dan wil almal saam eet, maar wie bring? Ons gaan nou anders werk. Wanneer ons van nou af reël dat daar eetgoed moet wees by die tee na kerk, dan vra ons vir elke wyk om 5 bordjies eetgoed te reël. Die wyksleier moet dan sorg dat dit daar is, en ons kan maklik sien watter wyk het nie gereël nie. Dan sal dit maklik wees om so iets te reël. By begrafnisse werk dit nie so maklik nie, want ons weet nie hoeveel mense gaan kom en watter mense kom nie. Ons vra gewoonlik vir die familie van die persoon wat begrawe word om asseblief eetgoed te bring, maar daar is meer lidmate wat kom, en ons kan nie vir die familie vra om al die eetgoed te bring nie. Daarom vra ons ook vir ons lidmate om altyd by 'n begrafnis iets saam te bring. Met die opwas van die skottelgoed sal ons ook 'n reëling moet maak, maar ons vra vir die diensaksie se lede om by hulle volgende vergadering 'n besluit te neem en vir ons te sê hoe ons moet maak.


Die kosters van ons gemeente

Ons het twee kosters, Nico Shreuder en Mathie Carstens. Hulle maak beurte om die kerk en die saal oop te sluit en te kyk dat alles mooi en reg is by die kerk. Nadat Mathie se skoonpa, oom Nel, oorlede is, het Nico ook die werk van toesighouer oorgeneem. Hy moet Vrydae kyk dat die skoonmaker alles reg skoonmaak en hy moet klein goedjies regmaak wat gebreek het. As iemand die saal huur of 'n kommissie hou vergadering in die kerk, dan moet hulle voor die tyd reël met die kosters om oop en toe te sluit. As die kerkdiens verby is, wil mense nog lekker gesels met mekaar. Dit is goed so, en ons wil nooit vir u uitjaag nie, maar dit is goed dat ons ook dink aan ons kosters, wat vir min geld die werk doen, en dat ons vir hulle geleentheid gee om die deure toe te maak, en dan kan ons lekker buite op die bankies sit en verder gesels.


MTEL-REKENINGE

Ons wil net graag vir al die dowes in kennis stel dat daar 'n probleem op MTel se stelsel was, daarom al die chaos op die rekeninge. Ons bly in konstate kontak met M-Tel Hoofkantoor en hulle het ons belowe dat hulle regstellings sal doen en krediete deursit. Ons weet dat baie van die dowes gedink het dat ons self die rekeninge kan uitsorteer, maar ons het ongelukkig geen toegang tot MTel se stelsels nie. As julle enige rekening of Netwerk navrae het, kan julle faks na (011) - 301 8880. Ons (Lynn en Christa) word oorval met allerhande navrae, ens. Ons wil hiermee ook seker maak dat die dowes verstaan, dat ons graag help waar ons kan, maar wil vra dat dowes hou by kantoor-ure. Op hierdie stadium word ons dag en nag ge-sms met hallerhande vrae, ook Saterdae en Sondae. Ons wil ook graag rus en afskakel van daaglikse werk. So, ons hoop almal sal verstaan. Daar is nog seker 70 selfone beskikbaar by ons kantoor. Ons het nou die dag nog 100 selfone ingekry. As julle dit in belang stel om selfoon vir dowes (pakket) - kontrak uit te neem. Julle kan maar ons kontak maak op faksno, (021) - 449 5008 of kontak met Lynn Thirion op (021) - 449 3535 in kantoorure. As die selfone op is, is die laaste tyd soos spesiale pakket vir dowes.

Ingestuur deur Lynn Thirion en Christa Cruywagen


DIENSAKSIE SOEK PAAR LEDE

As daar iemand wat graag wil belangstel om een van die kommissies te dien, nl. Diensaksie, op die oomblik is daar min mense wat dien op die kommissie, as daar iemand wat graag dit wil belangstel, kan gerus jou diaken of ouderling die naam gee.


KONTAKNOMMERS

Zita du Plessis van Paarl- Selfoonno. 082 453 9072
Johan du Plessis - Selfoonno: 072 196 0577
Faks nommer: (021)872 8256

Martie Spence van Bellville
Faksnommer: (021) 919 1462 (h)
Faksnommer: (021) 930 1752 (w)


LEUKEMIELYER BENODIG DRINGEND FONDSE

Mev. Trudie van Heerden Help asseblief!

Bid vir haar:
Vir gesondheid
Vir 'n geskikte beenmurgskenker
Vir geldelike fondse van R250 000,00

Maak 'n geldelike bydrae in die BEENMURGOORPLANTINGS- FONDS:
ABSA Rekeningnommer: 9087972025
Taknommer: 503107

Alle dowe fokus lesers, maak asseblief julle harte oop om 'n donasie te maak en baie gebede sal nodig wees.

Terug na bo

Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville