
Van die Redaktrise
Geestelike Voedsel
Onse Vader
Kerkraadskamp
GEMEENTENUUS
Belangrike kennisgewings
Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
Kindermisbruik
'n Tikke humor
Raai wie verjaar...
Lesers gesels saam
Redaksie
Vorige uitgawes
Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier
gepos word.
Volgende sperdatum: 22 Maart 2002
|
|


GEESTELIKE VOEDSEL
Fillipense 4:13 - "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."
DIE MIER EN DIE KONTAKLENS
Brenda, 'n jong meisie, word een dag deur 'n groep vriende uitgenooi om saam met
hulle te gaan bergklim. Alhoewel sy swaksiende en bang vir hoogtes was, gaan sy tog saam.
Hulle klim teen 'n hoë steil krans uit en halfpad op teen die krans, breek die veiligheidstou
en die punt slaan Brenda teen haar oog - so hard dat sy haar kontaklens verloor. Daar
staan sy toe op 'n smal rotslys met honderde meter rots bokant haar en honderde meter
afgrond onderkant haar!
Haar sig was baie swak en sy voel oral rond op die lys in die hoop om haar kontaklens
te kry, maar vergeefs. Al wat sy kon doen was om te bid dat die Vader haar moet help!
Toe haar vriende haar uiteindelik bo-op die krans het, het almal help soek of die
lens nie miskien iewers aan haar klere vasgehaak het nie, maar daar was niks. Brenda staar
met benewelde sig oor die berge - reeks op reeks tot in die verste verskiet - en dink
aan die teks in die Bybel waar dit staan dat die oog van God alsiende is. Sy bid toe:
"Here, as U al hierdie berge kan sien, elke klip en elke blaar ken, dan weet u mos waar
my kontaklens is. Help my asseblief!"
Later stap die geselskap weer na die kloof onderkant die krans waarteen hulle die
oggend opgeklim het. Onder in die kloof ontmoet hulle 'n nuwe groep stappers wat
gereed maak om ook teen die krans uit te klim.
Skielik roep een van hulle verrras uit: "Haai, het een van jule dalk 'n kontaklens
verloor?" Almal was baie verras dat die lens gevind was maar te meer oor die rede hoekom die
stapper die lens raakgesien het. 'n Mier het op daardie oomblik stadig oor die rots
reg voor hom geloop - besig om die kontaklens te dra!
Brenda se vader was 'n kunstenaar en toe sy hom hierdie merkwaardige storie vertel,
teken hy dadelik 'n mier wat worstelend 'n kontaklens dra met die woorde: "Vader,
ek weet nie waarom U van my verwag om hierdie ding te dra nie! Ek kan dit nie eet
nie en dis baie swaar! Maar as U van my verwag om dit te dra, sal ek dit vir U doen."
Ek dink dit sal wonderlik wees as ons partymaal vir God sal sê: "Vader, ek weet
nie hoekom U van my verwag om hierdie las te dra nie. Ek kan nie die nut daarvan
sien nie en dis baie moeilik. Maar as U dit van my verwag, sal
ek dit vir U doen."
Onthou, God roep nie net bekwames nie, hy maak die wat hy geroep het, bekwaam!
|